Premier van die Noord-Kaap beskuldig Orania

Dr Zamani Saul, Premier van die Noord-Kaap, het Orania daarvan beskuldig dat Orania op grond gebou is wat voorheen sonder vergoeding onteien is.

Orania se strategie is al van voor die vestiging van die Orania-gemeenskap, nog altyd dieselfde: Om ʼn Afrikanertuiste te bou, gevestig op die grondbeginsels van eie grond, eie arbeid en eie instellings. Hierdie beginsels berus op ons geloof in die Drie-enige God.

Die eerste van hierdie drie beginsels – eie grond – kan verder vertolk word as ʼn eie territoriale gebied wat op ʼn wettige manier verkry is. Nooit weer sal Afrikaners wat in Orania kom vestig, toelaat dat die geloofwaardigheid van ons grondgebied bevraagteken kan word nie, en daarom daarom volg Orania van dag een af nog altyd alle toepaslike reëls om wettige vestiging te verseker.

Orania se grondgebied is deur private aankoop op ʼn wettige en regmatige wyse verkry, sonder enige besetting of onteiening. Elke transaksie is volgens Suid-Afrika se eiendomsregte en wetlike prosesse afgehandel, wat die wettigheid daarvan onbetwisbaar maak. Die reg op selfbeskikking, soos vervat in internasionale reg, ondersteun ons strewe om ʼn eie ruimte te vestig waar Afrikaners hul kultuur en taal kan uitleef.

Enige aansprake wat Orania se legitimiteit bevraagteken, ignoreer die basiese beginsels van eiendomsreg en die reg van ʼn gemeenskap om sy eie toekoms te bou.

Luister gerus na Joost Strydom, Uitvoerende Hoof van die Orania Beweging, se onderhoud met PretoriaFM oor hierdie onderwerp:

0
    0
    Jou Mandjie
    Jou mandjie is leegKeer terug na Winkel