

voorgrond
Orania Beweging ledetydskrif nou beskikbaar!

onthou die datum:
ORANIA BEWEGING LEDENAWEEK
Die Orania Beweging se jaarlikse geleentheid vir lede in Orania, se datums is bekend gemaak. Lede van die Orania Beweging kan solank die datums 28-30 Maart in hulle dagboeke aanteken. Die Orania Beweging se ledenaweek bestaan uit die Raadsvergadering, ledevergadering en ʼn gesamentlike erediens die Sondag. Tussendeur is daar heerlike etes saam, kuiergeleenthede met rolspelers en leierskap in Orania, fantastiese sprekers en heelwat sosiale interaksie.
Tydens die Orania Beweging se jaarlikse ledenaweek geskied belangrike vergaderings, verkiesings en administratiewe prosesse wat belangrik is vir die bestaan van ons organisasie, maar dien terselfdertyd as ʼn geleentheid vir lede om Orania te ervaar en direk met ons personeel kontak te maak.
Ons hoop om elke lid by hierdie geleentheid te ontvang. Ons deel binnekort meer inligting, uitnodigings en die program met julle.

Orania Beweging Nuusbrief
24 Januarie 2025
Buitelandse besoek: “Die Orania in Amerika”

Orania trek internasionaal aandag. Die feit dat die gemeenskap in die afgelope dertig jaar nie net aanhou voortbestaan het nie, maar selfs drasties gegroei het, skep hoop vir konserwatiewes regoor die wêreld. Daar is selfs gemeenskappe wat hulleself rondom hierdie model vorm. In die eerste ses weke van 2025 sal Orania ʼn totaal van vier Amerikaanse spanne, ʼn Hongaarse verteenwoordiger en twee spanne uit Swede hier ontvang! Meeste van hulle het net een doel voor oë; om te kom leer van Orania, en iets soortgelyk in hulle tuislande aan te pak.
Onlangs was die Orania Beweging die gasheer vir verteenwoordigers van ʼn doeldorp (of intentional community soos hulle hulself beskryf) in die Ozarkgebergtes in Arkansas.
Hierdie gemeenskap is deel van ʼn groter projek om gemeenskappe of dorpies te vorm waar Amerikaners kan vestig wat voel dat hulle onder demografiese druk van immigrante is, en dat hulle identiteit en toekoms daaronder lei. Volgens die span wat Orania besoek het, is hulle doel om hulle identiteit, etno-kulturele lyn, en Westerse waardes te beskerm.
Die Ozark-gemeenskap is die eerste vestiging van hierdie projek. Die grond is omtrent ʼn jaar en ʼn half gelede aangekoop, en die gemeenskap is besig om die eerste basiese infrastruktuur op te rig.
Soortgelyk aan AVSTIG (Die Afrikanervryheidstigting, wat later onder andere die Orania Beweging geword het) wat as idee-beweging bestaan het voor die Orania-dorp begin is, het die Ozark-gemeenskap eers die PMA (private membership association) Return to the Land gehad. Return to the Land (RTTL) vorm ʼn sambreel-organisasie wat ʼn bloudruk wil ontwerp vir soortgelyke gemeenskappe in die VSA, en waaruit fisiese gemeenskappe tot stand kan kom, selfs met verskillende vereistes vir byvoorbeeld verblyfreg of verskillende waardes wat nagestreef kan word. In kort, ʼn organisasie wat dit moontlik maak om ʼn gemeenskap van gemeenskappe te vorm.
In Orania het hulle onderhoude gevoer met Joost Strydom van die Orania Beweging; Riaan Jacobs, uitvoerende direkteur van Orasol wat energie onafhanklikheid in Orania bevorder; Gawie Snyman en Burger Lambrechts van die Orania Dorpsraad; die span by Bo Karoo Opleiding; die veiligheidspanne in Orania; besigheidseienaars en nog vele meer. Die span het meer as 20 ure se videomateriaal opgeneem!
Eric Orwoll, die president van die Return to the Land beweging, sê hulle het baie geleer, is geïnspireer deur Orania en is opgewonde oor die pad vorentoe.
Joost Strydom van die Orania Beweging het met die president van Return to the Land, Eric Orwoll ʼn onderhoud gedoen. Interessante vrae oor die gemeenskap se besonderse reëls oor skool, politiek, en vestiging word bespreek. Kyk gerus die hele video-onderhoud:
Orania skole pronk met 100% slaagsyfer

Foto: Orania CVO-skool se matrieks sluit hulle skoolloopbaan met glimlagte af.
Beide Orania se twee privaat skole, Volkskool Orania en Orania CVO-skool, se matrieks behaal ʼn 100% slaagsyfer in 2024.
Orania CVO-skool spog sedert 1993 met 100% slaagsyfer.
2024 se matriekklas het ‘n gemiddeld van 1,25 onderskeidings per leerder en die toppresteerder het ‘n totaal van 5 onderskeidings. Hulle het ‘n klasgemiddeld van 69% bereik en 85% van die leerders het universiteitvrystelling verkry. Drie van die skool se 2024-matrikulante het toekennings by die BCVO se glansgeleentheid vir toppresteerders ontvang.
Volkskool Orania sluit 2024 af met 26 onderskeidings!
Buiten vir die 100% slaagsyfer onder die matrieks van 2024, spog Volkskool Orania verder met ‘n totaal van 26 onderskeidings waar die toppresteerder met 6 onderskeidings wegstap. 70% van die leerders verkry universiteitvrystelling. Die skool noem dat hierdie uitslae die harde werk van leerders en onderwysers weerspieël, en hulle hoop om hierdie sukses in toekomstige jare voort te sit.
Die gemeenskap van Orania is baie trots op beide skole wat uitmuntend presteer het in 2024. Vir Orania se groei en sukses is die kinders van Orania lewensbelangrik en daarom het Orania se skole ʼn groot verantwoordelikheid. Oraniërs is egter gerus dat hul kinders in goeie hande is wat opleiding aanbetref.
Foto: ‘n Bus vol van die trotse matriekulante van Volkskool Orania.


Studente in Orania: Kollege groter as ooit
Hoe sal Orania lyk as meer as 10% van die totale bevolking studente is? Kan Orania die studente-dorp estetika, kultuur en karakter ontwikkel wat Potchefstroom en Stellenbosch soveel jare gelede bekend gemaak het?

Orania skole heropen
Die openingsdag van die 2025 skooljaar was op 16 Januarie. Tussen die graad 1’s wat uiteindelik “groot skool” toe gaan, graad 8’s wat hulle hoërskoolloopbaan betree en 2025 se matrieks wat nou die oudste…

Orania legende, Annatjie Boshoff, se grafsteen opgerig
Anna Maria Boshoff (of tannie Annatjie, soos meeste haar geken het) was ‘n prominente figuur in Orania. Sy was een van die vroeë pioniers en het op 4 Julie 1991 die skuif…

Aan wie betaal Oraniërs belasting? vra jou vraag!
“Vra jou Vraag!” bied vir ondersteuners en selfs vir kritici van Orania die geleentheid om hul vrae direk aan die Orania Beweging te stel en op ʼn persoonlike manier…

Internskap by die Orania Beweging: Willem Boshoff
Ondersteuners van die Orania Beweging se sosiale media blaaie sou ʼn nuwe gesig oor die Desember – Januarie tydperk opgelet het. Willem Boshoff, tweedejaar student aan…

Water in die woestyn: Orania se waterskema
Orania, in hierdie droë Karoo en semi-woestyn gebied, is afhanklik van die Oranjerivier vir sy water. In die jaar 1996 het ʼn groepie Orania-pioniers die verantwoord…

Vordering met Werksgebou, Orania-stadsplein in die vooruitsig
Die Werksgebou waarvan die sooi in September 2024 gespit is, begin om vorm aan te neem. Sedert September het die werkspan nie stilgesit nie en volgens Niel…

Jy kan inskakel op die Orania Beweging se radioprogram
Wie besoek Orania? Wat beteken die so-genaamde “verskuiwing na regs” in wêreldpolitiek? Is daar ʼn groeiende beweging van ʼn “gemeenskap van…
Ons adverteerders: