Jy kan inskakel op die Orania Beweging se radioprogram

Wie besoek Orania? Wat beteken die sogenaamde “verskuiwing na regs” in wêreldpolitiek?
Is daar ʼn groeiende beweging van ʼn “gemeenskap van gemeenskappe” in die wêreld?
Al hierdie vrae en meer word beantwoord in die Orania Beweging se nuutste radioprogram. Jy kan nou direk na die Orania Beweging se radioprogram, wat elke twee weke op Radio Orania uitgesaai word, luister.
Die Orania Beweging-mediaspan het besluit om ons Radio Orania-program nie net op te neem nie, maar ook te begin afneem, sodat ons vriende wat ons op YouTube dophou kan saamkyk, en saamgesels.
Hierdie week gesels Frans de Klerk met Joost Strydom oor allerlei interessante temas. Skakel gerus in!