Aan wie betaal Oraniërs belasting?

Die Orania Beweging se inligtingsreeks “Vra jou Vraag!” is terug in 2025 met ʼn splinternuwe episode.
“Vra jou Vraag!” bied vir ondersteuners en selfs vir kritici van Orania die geleentheid om hul vrae direk aan die Orania Beweging te stel en op ʼn persoonlike manier geantwoord te word. Deur die loop van hierdie reeks is daar tot op hede 11 episodes vrygestel en ʼn hele paar interessante vrae oor Orania is al gevra.
In die nuutste episode word ʼn vraag oor belasting en of dit regverdig is dat Orania belasting aan die Suid-Afrikaanse regering moet betaal, gestel. Orania, met sy eie plaaslike owerheid, lewer sy eie dienste en is verantwoordelik vir die vestiging, opgradering en onderhoud van sy eie infrastruktuur. Steeds is Oraniërs Suid-Afrikaanse burgers en as sulks onderhewig aan Suid-Afrikaanse belastingwette.
Hierdie onderwerp, sowel as ʼn paar ander, word in die nuutste episode verder bespreek. Kyk gerus na hierdie episode deur op die video hier onder te klik: