

voorgrond
Orania Beweging ledetydskrif nou beskikbaar!

onthou die datum:
ORANIA BEWEGING LEDENAWEEK
Die Orania Beweging se jaarlikse geleentheid vir lede in Orania, se datums is bekend gemaak. Lede van die Orania Beweging kan solank die datums 28-30 Maart in hulle dagboeke aanteken. Die Orania Beweging se ledenaweek bestaan uit die Raadsvergadering, ledevergadering en ʼn gesamentlike erediens die Sondag. Tussendeur is daar heerlike etes saam, kuiergeleenthede met rolspelers en leierskap in Orania, fantastiese sprekers en heelwat sosiale interaksie.
Tydens die Orania Beweging se jaarlikse ledenaweek geskied belangrike vergaderings, verkiesings en administratiewe prosesse wat belangrik is vir die bestaan van ons organisasie, maar dien terselfdertyd as ʼn geleentheid vir lede om Orania te ervaar en direk met ons personeel kontak te maak.
Ons hoop om elke lid by hierdie geleentheid te ontvang. Ons deel binnekort meer inligting, uitnodigings en die program met julle.

Orania Beweging Nuusbrief
21 Februarie 2025
Trump-aankondiging: Die wêreld se oë op Suid-Afrika?

Ons het in ʼn vorige nuusbrief verslag gedoen oor President Donald Trump se opmerkings oor, en aksie teenoor, Suid-Afrika en die ANC-regering. Ons het ook Orania se mediaverklaring en reaksie-video gedeel. Orania se boodskap was eenvoudig: Help ons (eerder) hier!
Afrikaners is inheems aan Afrika, en baie het geen behoefte om vlugtelinge in ʼn ander man se land te word nie. Orania se boodskap aan Trump, wat baie viraal gegaan het, was ʼn vinnige en duidelike reaksie – juis omdat dit nog áltyd Orania se strategie was. Indien die Orania Beweging se voorganger, AVSTIG, in die 1980’s dieselfde aanbod gekry het, sou die reaksie waarskynlik dieselfde gewees het. Ons wil hiér bly, dit is hoe ons ʼn plek vir Afrikaners kan uitbou en laat funksioneer. Gee ons erkenning, laat ons ons eie besluite maak.
Afrikaners is inheems aan Afrika, en baie het geen behoefte om vlugtelinge in ʼn ander man se land te word nie. Orania se boodskap aan Trump, wat baie viraal gegaan het, was ʼn vinnige en duidelike reaksie – juis omdat dit nog áltyd Orania se strategie was. Indien die Orania Beweging se voorganger, AVSTIG, in die 1980’s dieselfde aanbod gekry het, sou die reaksie waarskynlik dieselfde gewees het. Ons wil hiér bly, dit is hoe ons ʼn plek vir Afrikaners kan uitbou en laat funksioneer. Gee ons erkenning, laat ons ons eie besluite maak.
Orania-ondersteuners moet ook aan die groter prentjie dink.
Geopolitiek
Suid-Afrika is steeds ʼn uiters belangrike geografiese gebied met die Kaapse seeroete en toegang tot Afrika asook sy ongelooflike rykdom aan grondstowwe en minerale. Samelopend moet ons ook in gedagte hou dat die ANC die VSA lankal kwaad maak. Amerika en Israel is groot vriende, en daarom het die internasionale strafhofsaak wat Suid-Afrika teen Israel aanhangig gemaak het, Amerika baie omgekrap. Die moontlikhede van uraanhandel tussen Iran en Suid-Afrika is ook vir die Amerikaners ʼn groot probleem. Laastens daag die ANC regering die VSA gereeld, byvoorbeeld by die VN, uit.
Suid-Afrika, en Afrikaners, was al voorheen ʼn internasionale speelbal en ons moet versigtig wees om dit nie weer te word nie.
Orania se oplossing
Suid-Afrika se grense as koloniale skepping moet nie vergeet word nie. Die Britse Ryk het Suid-Afrika struktureer soos hy tans is, en vryheidsgesindes moet hulleself nie in grense vasstaar nie, maar eerder in terme van streke dink.
Die Orania-oplossing is juis stabiliserend omdat kultuur (volk) en gebied binne verhouding staan, op ʼn uiters natuurlike manier. Daarom kan die “Orania-bloudruk” ook vir ander groepe ʼn sinvolle oplossing wees, en spanning en konflik verminder eerder as aanblaas.
Orania se eie arbeidsbeleid is ʼn klinkende bewys dat die Oraniërs in regverdigheid met ander volke wil leef, en terselfdertyd ʼn nuwe dispensasie soek. Die oue pas ons nie meer nie.
Sommige groepe wil deesdae die ou Suid-Afrika “maak werk”, en ander wil die nuwe Suid-Afrika “maak werk”. Orania sê nee; dit is tyd vir ʼn nuwe oplossing.
Grond, instellings en arbeid: ʼn kragtige driehoek wat oplossingsgedrewe is.
Afrikaners het die volste reg om aan ons eie kant te wees, want ons beleid staan in regverdigheid teenoor ander volke.
Versigtig vir?
Iemand het eenmaal gesê: “Daar is nooit soveel helde as nét voor en net ná ʼn oorlog nie”. Sanksies en geopolitiek is ook maar ʼn tipe oorlogvoering, en almal is haastig om die narratief te bepaal of die storie te beheer. Ook die gronddebat is ʼn tipe oorlogvoering, die hulpbron is grond en die “oorlog” word polities, wetties, en ongelukkig ook fisies (aanvalle en moorde op die plase) gevoer.
In hierdie tyd moet ons versigtig wees vir opportuniste, antagonistiese media en provokateurs.
Orania se plan?
In tye van verandering is daar geleenthede! Afrikaners en Oraniërs moet nie hierdie geleentheid verspil nie, en ons ook nie deur geraas van ons plan laat afwyk nie.
Die Orania Beweging beplan tans aan internasionale skakeltoere, en ons prioritiseer die VSA. Dit is ʼn uiters belangrike tyd om ons storie te vertel. Om ons droom van groter vryheid te verkondig, te verduidelik en vennote daarvoor te werf is nou krities belangrik.
Terwyl ons die geleentheid kan gebruik om groot treë te gee, MOET vryheid steeds van die grond af op gebou word. Ons kan vennote daarin hê, maar moenie ons eie verantwoordelikheid nalaat nie!
Mag ons elke geleentheid gebruik om te bou, aan vryheid in ons tyd!
Orania word weer deur media oorval

ʼn Media stormloop! Dit is waardeur Orania die afgelope twee weke is. Onderhoude op elke denkbare nuusstasie binne en buite Suid-Afrika: van Amerikaanse radio, tot Sweedse TV, van radiogesprekke op radio in Windhoek, tot vuurwarm debatte op SAfm.
Ons het op onafhanklike programme gesels, video-onderhoude met nuusstasies gevoer, en diepgaande verduidelikings van Orania se strewe gelewer.
Intussen het die groepe joernaliste ook in Orania begin opdaag, met ʼn Turkse TV-kanaal wat Orania besoek het, ʼn onafhanklike ondersoekende joernalis uit die VSA, die Daily Mail UK uit London en nou ook groot Duitse en Switserse koerante wat op pad is na Orania.
Hier is ʼn paar skakels van video’s wat al publiseer is, maar ons deel graag die res met julle wanneer dit verskyn.

Nederlandse studente besoek Orania skool
Studente van ʼn Nederlandse opvoedkundige instelling het op 19 Februarie in Orania opgedaag om Volkskool Orania te kom besoek. Dié studente is almal onderwys studente en besoek verskeie skole in Suid-Afrika om ʼn wyer perspektief rakende onderwysmodelle te kry.

Orania Beweging: Ons vertel ons eie verhaal
Met die internasionale kollig weer op Afrikaners gewerp, is dit belangrik dat Orania sy eie verhaal vertel. Dit is juis wanneer Orania so baie aandag geniet, dat die gemeenskap en veral die Orania Beweging gekonfronteer word met skeptiese joernaliste en media met bepaalde…

tye verander: Hoe pas Orania aan?
Sommige kan nie vinnig genoeg by veranderende tye aanpas nie, terwyl ander nooit aanpas nie en deur die wreedheid van tyd agtergelaat word. Dit tel nie net vir…

meningspeiling: Afrikaners wil in Suid-Afrika bly
In ʼn onlangse meningspeiling van Maroela Media, toon lesers dat die meerderheid nie lus het om te verhuis nie. Die meningspeiling het die volgende vraag aan lesers gestel:

Orania vlag in Antarktika gehys
Nee, Orania is nie besig om die grootste yswoestyn in die wêreld te koloniseer nie en ons het ook nie planne om Afrika te verlaat nie! Dit keer ons egter nie om die Orania…

Orania-infrastruktuur word opgradeer
Een eienskap van ʼn groeiende gemeenskap is wanneer die huidige infrastruktuur nie meer in staat is om almal te akkommodeer nie. Daarom is die Dorpsraad besig om…

Die grondvraag van Suid-Afrika
“Die grondvraag is die GRONDvraag,” was een van Prof Carel Boshoff se bekende gesegdes. Grondbesit in Suid-Afrika is histories ‘n groot bron van konflik…

Jong Oraniër presteer by Top 20 byeenkoms
Mígael Murphy, ʼn blitsige jong atleet (en ster-skaakspeler!) uit Orania het by die skole Top 20 byeenkoms in Bloemfontein vir homself naam gemaak. Daar was skole…
Ons adverteerders: