Orania Beweging: Ons vertel ons eie verhaal

Met die internasionale kollig weer op Afrikaners gewerp, is dit belangrik dat Orania sy eie verhaal vertel. Dit is juis wanneer Orania so baie aandag geniet, dat die gemeenskap en veral die Orania Beweging gekonfronteer word met skeptiese joernaliste en media met bepaalde agendas.

Te midde die gedruis en geraas van die media en aanvalle op Afrikaners en Orania, vergeet ʼn mens soms dat Orania nie bloot net moet reageer nie, maar dat ons ʼn doelgerigte boodskap het om oor te dra. Juis daarom is die Orania Beweging se eie platforms vir ons so belangrik – dit stel ons in staat om ons eie saak sonder verdraaiing te kan stel. Op die Orania Beweging se YouTube-kanaal word gereelde video’s wat wissel van gemeenskapsontwikkeling tot gemeenskapbeginsels, geplaas.

Ons dokumentêre, onderhoude en gesprekke help om mense te wys wat hier aangaan – nie deur wat ander sê nie, maar deur wat ons self doen. ʼn Intekenaar by Orania Beweging se YouTube-kanaal bly ingelig oor wat in Orania aan die gebeur is. Intekenaars kan verwag om eerstehands oor nuwe ontwikkelings, Orania-standpunte, en die mense wat Orania bou en vorm te leer. Weeklikse episodes verseker dat ons ondersteuners op hoogte bly van Orania-verwikkelinge.

Indien jy nog nie van die geleentheid gebruik gemaak het nie, teken gerus in op die Orania Beweging se YouTube-kanaal om te verseker dat jy nooit die nuus uit Orania mis nie.

 

0
    0
    Jou Mandjie
    Jou mandjie is leegKeer terug na Winkel