Die grondvraag van Suid-Afrika
“Die grondvraag is die GRONDvraag,” was een van Prof Carel Boshoff se bekende gesegdes.
Grondbesit in Suid-Afrika is histories ‘n groot bron van konflik. Huidige grondhervormingsdebatte verwys gereeld terug na Suid-Afrika se geskiedenis, wees dit nou oor die koloniale tydperk, Anglo-oorloë of Apartheid – konsensus rakende aan wie watter grond behoort, is nog nie bereik nie.
“Die grondvraag is die GRONDvraag” kan in ander woorde gestel word: “’n Volk moet ‘n plek hê, maar waar?”
‘n Onlangse video van die Orania Beweging behandel hierdie vraag uit drie verskillende hoeke:
- ‘n Gesprek met Carel Boshoff, oorspronklike lid van die Volkstaatraad, oor Artikel 235 en die Afrikanerakkoord.
- Dr Wynand Boshoff, VF+ Parlementslid, brei uit oor grondgebied en -regte.
3. Die uitvoerende hoof van die Orania Dorpsraad, Gawie Snyman, oor die praktiese bou van ʼn Afrikanergrondgebied.