Afrikaners wil in Suid-Afrika bly

In ʼn onlangse meningspeiling van Maroela Media, toon lesers dat die meerderheid nie lus het om te verhuis nie.

Die meningspeiling het die volgende vraag aan lesers gestel:

“As jy die geleentheid het om te trek van waar jy nou is ter wille van beter geleenthede vir jou en jou gesin, waarheen sal jy trek?”

Op hierdie vraag het 34% (ten tye van die skryf van hierdie artikel) gesê dat hulle sou bly net waar hulle is. Dit is interessant dat Orania ook as een van die opsies in hierdie meningspeiling gelys is. Orania ontvang 8% in hierdie meningsopname – ʼn rapsie agter die VSA en Australië as Afrikaneropsie, maar presteer Europa, Nieu-Seeland en Gauteng uit

Die Orania Beweging het sy eie meningsopname op YouTube geplaas, waar ʼn ander prentjie geskets word. Hierdie keer was die vraag anders:

“As jy vandag kon trek na net waar jy wil, waarnatoe sou jy verhuis en waarom?”

Van die 421 deelnemers (ten tye van die skryf van dié artikel) het 60% aangedui dat hulle na Orania sou verhuis. Hierdie keer is die VSA die tweede grootste opsie met 19%.

Deelnemers is die opsie gegun om verder kommentaar te lewer oor hulle keuse. Vanuit die kommentare blyk deelnemers se bekommernisse oor die toekoms van Afrikaners, en word die belangrikheid van Afrikanerselfbeskikking beklemtoon.

Hierdie meningsopname is steeds beskikbaar en jy kan daaraan deelneem deur op die volgende knoppie te klik:

0
    0
    Jou Mandjie
    Jou mandjie is leegKeer terug na Winkel