Jong Oraniër presteer by Top 20 byeenkoms

Mígael Murphy, ʼn blitsige jong atleet (en ster-skaakspeler!) uit Orania het by die skole Top 20 byeenkoms in Bloemfontein vir homself naam gemaak.

Daar was skole van so ver soos Kathu, Upington en Sasolburg wat deelgeneem het. Elke skool mag hulle “Top 20 atlete” inskryf en alle skole in die Noord-Kaap en Vrystaat kon inskryf.

Mígael het by hierdie byeenkoms ʼn derde plek behaal, maar kwalik op vars bene. Dit volg nadat hy die vorige dag by sy eie skool se streeksatletiek in een dag die 3000 m (10:03), 1500 m (4:40) en 800 m (2:12) kafgedraf het!

 

 Foto: Migael wen derdeplek met ‘n tyd van 2:11:28.

0
    0
    Jou Mandjie
    Jou mandjie is leegKeer terug na Winkel