Veranderende tye: Hoe pas Orania aan?

Sommige kan nie vinnig genoeg by veranderende tye aanpas nie, terwyl ander nooit aanpas nie en deur die wreedheid van tyd agtergelaat word. Dit tel nie net vir mense en individue nie, maar ook vir bewegings, planne en gemeenskappe… selfs ook vir ‘n volk.

Orania is in ‘n interessante situasie, konserwatief in ons wortels (en konserwatisme gaan juis oor bewaring en handhawing) en (al is die woord al só vergiftig) progressief in ons denke.

Wat beteken dit? Moet Orania aanpas by die baie vinnig veranderende wêreld, of moet die wêreld aanpas by Orania?

Die politiek van die dag, tegnologie en markte verander blitsvinnig. Dit lyk of nuwe geleenthede soos vars appels voor ons hang, reg om net eenvoudig gepluk te word.

Die vraag moet gevra word; het enige iets werklik verander?

Selfs met internasionale erkenning, veranderende plaaslike politiek ensovoorts, het Afrikaners se situasie nogsteeds nie inherent verander nie. Afrikaners het nie (net) ‘n politieke, veiligheids- of ekonomiese probleem nie. Ons het demografiese probleme. Ons is ‘n minderheidsvolk, wat wyd oor ‘n groot land versprei is. Daarom moet ons demografiese oplossings soek. Om dus enige besluite oor onsself te kan maak, moet ons (of ten minste ‘n groot deel van ons) op een plek konsentreer sodat ons ‘n meerderheid kan word. Die voorwaardes daarvoor is dat dit:

  1. lae bevolkde gebied moet wees, waar ons
  2. op eie grond,
  3. met eie arbeid,
  4. ons eie instellings bou.

Daaraan het niks verander nie en dit bly die Orania strategie.

Waar kan ons wel aanpas?

Orania moet vlugvoetig genoeg wees om by veranderende tegnologiese realiteite aan te pas. Voorbeelde soos die digitalisering van die Ora, wat nou in dOra weergawe beskikbaar is, en Orania se veiligheidsnetwerk wat swaar op tegnologie steun is belangrike voorbeelde.  Ons moet “progressiewe denke” oor kwessies soos ekonomie, veiligheid, landbou en dies meer handhaaf, nie om ons oorspronklike doel te versaak nie, maar juis te ondersteun!

 

Foto: Die dOra is ‘n digitale weergawe van die Ora, wat gebruik kan word om daaglikse transaksies en meer te doen.

0
    0
    Jou Mandjie
    Jou mandjie is leegKeer terug na Winkel