Orania vlag in Antarktika gehys

Nee, Orania is nie besig om die grootste yswoestyn in die wêreld te koloniseer nie en ons het ook nie planne om Afrika te verlaat nie! Dit keer ons egter nie om die Orania vlag op dié ysige kontinent te hys nie!

Ds (Emerentius) Sarel en Irma Roets is tans op ‘n ekspedisie-skip wat die Antarktika skiereiland wat na Suid-Amerika uitsteek te verken. Die foto hierbo is op die Peterman-eiland geneem. Sarel en Irma het dit ‘n goeie geleentheid geag om hulle Orania-patriotisme ten toon te stel, en die Kleine Reus vlag te hys!

Die Orania Beweging span het met hulle gesels, en hulle het terugvoer gegee dat die toer heerlik is, en dat die weer mooi saamspeel wat sigbaarheid betref. Hulle is die enigste Afrikanertoeriste op die skip, maar blykbaar is baie van die bemanning wel Afrikaans!

 

0
    0
    Jou Mandjie
    Jou mandjie is leegKeer terug na Winkel