fbpx

voorgrond

Orania Beweging ledetydskrif nou beskikbaar!

Lees nou

onthou die datum:

ORANIA BEWEGING LEDENAWEEK

Die Orania Beweging se jaarlikse geleentheid vir lede in Orania, se datums is bekend gemaak. Lede van die Orania Beweging kan solank die datums 28-30 Maart in hulle dagboeke aanteken. Die Orania Beweging se ledenaweek bestaan uit die Raadsvergadering, ledevergadering en ʼn gesamentlike erediens die Sondag. Tussendeur is daar heerlike etes saam, kuiergeleenthede met rolspelers en leierskap in Orania, fantastiese sprekers en heelwat sosiale interaksie.

Tydens die Orania Beweging se jaarlikse ledenaweek geskied belangrike vergaderings, verkiesings en administratiewe prosesse wat belangrik is vir die bestaan van ons organisasie, maar dien terselfdertyd as ʼn geleentheid vir lede om Orania te ervaar en direk met ons personeel kontak te maak.

Ons hoop om elke lid by hierdie geleentheid te ontvang. Ons deel binnekort meer inligting, uitnodigings en die program met julle.

Volhoubare oplossings vir die langtermyn bemagtiging van Afrikaners.

Orania Beweging Nuusbrief

10 Januarie 2025

Orania 2025: Oraniërs moet al die tipes onafhanklikheid aangryp

Die toekoms is duister, die enigste manier om dit te hanteer is om onafhanklikheid aan te gryp.

Daar is geen manier om die toekoms te voorspel nie. Niemand weet wat die ondenkbare politieke gebeure van die toekoms gaan wees nie, niemand het die grendelstaat voorspel nie, ons weet nie wie die bedmaats van die magbedelings van die wêreld in 2025 gaan wees nie, en ons weet nie waar onverwagse oorloë (of onvoorspelde vredes) gaan ontstaan nie.

Orania se doel is vryheid vir Afrikaners. Vryheid is nie om die toekoms te voorspel nie, vryheid is nie eers die waarborg van rustige vaarwaters of voorspoedige tye nie. Dit is die wete dat politieke besluite volgens jou mense se eie beginsels gemaak en uitgevoer kan word. Dus, wat vir ons voorlê is duister, maar ons kan bou aan onafhanklikhede om so veel as moontlik negatiewe gebeure volgens eie beginsels te hanteer, en so veel as moontlik positiewe geleenthede volgens eie inisiatief te kan opneem.

Wat is van die onafhanklikhede wat Oraniërs op kan, en moet, fokus?

Ten spyte van ʼn pouse in beurtkrag, het Oraniërs nie sonplase gebou en ʼn battery gekoop net om beurtkragvry te wees nie. Die inisiatief bevorder energieonafhanklikheid. Ons plan maak dit moontlik om eie besluite oor eie energie te maak. Mag dit in 2025 na nóg groter onafhanklikheid groei.

Ons kon nie beheer dat die BELA-wetgewing deur die president van Suid-Afrika onderteken is nie, maar ons kan beheer dat ons aan onderwysonafhanklikheid in Orania bou met twee privaatskole en Bo-Karoo Opleiding as tersiêre opleidingsinstelling. Mag dit ook in 2025 na groter onafhanklikheid groei.

Suid-Afrika is ʼn gevaarlike land, met verskeie stede onder die top 10 gevaarlikste ter wêreld. Ons kan dit nie beheer nie, maar ons kan aan veiligheidsonafhanklikheid bou deur self verantwoordelikheid te neem en saam te werk waar ons kan. Orania Veiligheidsdienste het verskeie arrestasies rondom Orania in 2024 gemaak en die streek help veilig hou. Mag veiligheid in 2025 na nog groter onafhanklikheid groei.

Orania en Afrikaners kan nie beheer dat die Suid-Afrikaanse regering soms internasionale verhoudings versuur nie, maar ons kan bou aan diplomatiese onafhanklikheid – geprivatiseerde diplomasie. Die Orania Beweging het in 2024 met verskeie internasionale parlementslede geskakel, en ons saak aan konsul- en ambassade-verteenwoordigers van state wat in Suid-Afrika verteenwoordig word, gestel. Mag ons eie internasionale betrekkinge in 2025 na groter onafhanklikheid groei.

Niemand kan die verval van infrastruktuur en groot industrieë in Suid-Afrika eenvoudig omdraai nie, maar ons kan infrastruktuur in Orania ontwikkel en ondernemers en entrepreneurs uitnooi om in Orania te vestig. Ekonomiese onafhanklikheid is krities belangrik vir vryheid. Die Orania Dorpsraad, Orania Ontwikkelingsmaatskappy en privaatondernemers het infrastruktuur in 2024 help uitbou. Verder het entrepreneurs en instellings soos Orania Spaar en Krediet en die Orania Sakekamer die ekonomie help groei. Mag ekonomiese onafhanklikheid in 2025 nog verder ontwikkel.

Nog belangriker as al die fisiese ontwikkelinge, is die onafhanklikheid van ons denke, ons geloof in God, en ons onafhanklik bedinkte planne, mag dit alles in 2025 nuwe hoogtes bereik!

Ek wens u ʼn fantastiese 2025 toe. Mag dit die jaar wees waar ons aan al die onafhanklikhede bou!

Orania groete

Joost Strydom en die Orania Beweging-span

Fluit-fluit, 2024 is uit!

Orania en Oraniërs betree die nuwe jaar met nuwe energie en entoesiasme. 2024 was ʼn goeie jaar in Orania en die gemeenskap kan met dankbaarheid terugkyk. In 2024 het Orania daarmee voortgegaan om sy visie van selfbeskikking en volhoubare ontwikkeling in ʼn Afrikanergemeenskap te verwesenlik.

In 2024 het ons ook ʼn paar hoogtepunte ervaar en gevier. Jaarlikse geleenthede soos Taalweek in Orania, Orania Karnaval, Tuin-tot-Tafel Straatfees, Orania Beweging Vakansieprogram en Orania se Geloftefees – om sommer net ʼn paar te noem – het Oraniërs opnuut bymekaargetrek en hul kulturele trots versterk.

ʼn Groot tree in die rigting van kragonafhanklikheid is in April 2024 gegee met die beroemde ORASOL-battery wat afgelewer is. Oraniërs het hierdie battery in die strate met Orania-vlae verwelkom.

Orania het rondom die Suid-Afrikaanse verkiesing ook nasionale aandag geniet met politici wat leë dreigemente in die openbaar gerig het. Dit het die Orania Beweging genoop om ʼn petisie van stapel te stuur – “Onderskryf Orania se bestaansreg” – wat van Junie tot Desember 2024 deur meer as 30 000 Orania-ondersteuners onderteken is.

Buiten vir die aandag wat Orania in die media geniet het, het duisende mense Orania in 2024 besoek. Die Orania Beweging het verlede jaar meer as 750 dorpstoere aangebied – meer as 62 toere per maand!

Op die ontwikkelingsfront het die ontwikkelaars en stadsbouers nie lyf weggesteek nie. Honderde nuwe erwe is in 2024 ontwikkel en uitgelê. Daarmee saam het konstruksie van ‘n werksgebou in September afgeskop. Hierdie nuwe werksgebou, tesame met ʼn nuwe uitbreiding van Karoosig Aftreeoord en die bestaande Veiligheidsgebou en Duikerkoshuis, sal Orania se eerste plein vorm – die Werksplein.

Óók is die ORASOL-battery vir die eerste keer in September aangeskakel. Danksy die sonplase wat vooraf aangelê is en die skakeling met die nuwe battery, kon Orania in 2024 spog dat Oraniërs reeds tot meer as 42% van hul energiebehoefte self vervul.

Ons is dankbaar vir ʼn suksesvolle 2024 – vir elke ondersteuner, bouer, Orania Beweging lid en belegger wat hierdie suksesse help verwesenlik. Ons is bo alles dankbaar teenoor ons Hemelse Vader wat vir ons ʼn jaar van genade gebied het en vir ons die krag gegee het om Sy wil na te streef.

Met die oog op 2025 rol ons ons moue op, gereed om te bou!

BKO skop 2025 af met rekordgetalle

Bo-Karoo Opleiding (BKO) staan gereed om 2025 met rekordgetalle en opwindende geleenthede aan te pak. Vir die eerste keer verwelkom BKO meer as 200 studente, waarvan die helfte eerstejaars is. Die akademiese jaar begin op Maandag 13 Januarie, na afloop van ʼn eerstejaarskamp wat…

Lees meer

die 2000 hofsaak: Orania teen die regering

Wat as die Orania-projek in sy spore gestop is voor dit ordentlik kans gekry het om te begin? Op 24 Desember verlede jaar was dit 24 jaar na die hofsaak wat Orania se toekoms bepaal het. Die OVR (Orania Verteenwoordigende Raad) vind sy oorsprong in die jaar 2000, toe…

Lees meer

waar kom orania se landbouwater vandaan?

Op 19 Oktober 1996 het Oraniërs saamgekom en hulle moue opgerol om waterpype aan te lê vir Orania. Orania lê aan die wal van die Oranjerivier en dit is geen toeval nie…

Lees meer

Fondsinsameling vir Helpsaamfonds: fiets- en wyntoer

Die Orania Beweging se Helpsaamfonds is ʼn nie-winsgewende organisasie wat bydraes lewer tot ons jeug ten opsigte van opvoeding en onderwys asook entrepreneursopleiding…

Lees meer

orania trommel slaan nuwe blaadjie om

Groot opgewondenheid heers oor die veranderinge wat eersdaags by die Trommel, Orania se gemeenskapswinkel, gaan plaasvind. Die behoefte wat ontstaan het…

Lees meer

Kom toets julleself by Orania Vasbyt 2025!

Oraniërs en besoekers kan weer na 2025 se Vasbyt uitsien. Die Vasbyt is ‘n langafstand, multi-dag wedloop en fietswedren in Orania, wat deelnemers sal vasbytvermoeë tot die…

Lees meer

desembervakansie in orania - wat het gebeur?

Orania word dikwels beskryf as ʼn toeristedorp – en alhoewel Orania in die eerste plek ʼn Afrikanervryheidstrategie is, lê daar waarheid in hierdie beskrywing…

Lees meer

sinkplaatfietstoer: 'n eerste vir orania

‘n Avontuurlike grondpad-fietsrytoer met heerlike saamkuier en in die oop Karoo oornag? Dit was presies wat die eerste Sinkplaatfietstoer was!

Lees meer

Ons adverteerders: