Fietsryers en hardlopers: Kom toets julleself by Orania Vasbyt 2025!

Oraniërs en besoekers kan weer na 2025 se Vasbyt uitsien. Die Vasbyt is ‘n langafstand, multi-dag wedloop en fietswedren in Orania, wat deelnemers sal vasbytvermoeë tot die uiterste toets.

Fietsryers, drawwers en stappers gaan oor drie dae die geleentheid ontvang om hulle staal te toon deur hier in Orania te kom “vasbyt”. Deelnemers sal nie net Orania se gasvryheid kan ervaar nie, maar ook die prag van die Bo-Karoo van naderby leer ken – en boonop  vir ʼn goeie saak! Alle fondse wat tydens die Vasbyt geïn word, is ten bate van Orania Helpmekaar, Orania se maatskaplike instelling wat help bou aan ʼn vooruitstrewende, gesonde gemeenskap.

Op Donderdagaand 4 April skop die geleentheid af met ʼn nagwedloop en -wedren vir oud en jonk. Na verwagting sal daar ʼn feestelike atmosfeer heers met deelnemers en toeskouers. Op Vrydag 5 April sal die vasbyters hulleself moet voorberei vir ‘n lang dag op die pad met net kort van marathon-afstande vir die drawwers op dag twee. Die Bo-Karoo se oopte is en bly ʼn belewenis wat diegene wat dit nog nie ervaar het nie, moet kom beleef. Saterdagoggend 6 April word die laaste skof aangedurf waarna daar ʼn prysuitdeling sal volg.

Die program bestaan egter nie net uit hardloop of fietsry nie, ‘n gemeenskapvlugbalfees word ook vir die Vrydagmiddag beplan waaraan Oraniërs en besoekers sal kan deelneem. Daarna; die geleentheid waarna alle Oraniërs lank reeds uitsien: ‘n saamsingfees waar heerlik saam gesing en gekuier gaan word rondom al die ou bekende Afrikaanse liedjies. Pieter Smit wat as sangleier gaan optree, sal verseker dat dit ʼn aand is wat elkeen beslis gaan onthou.

Orania Vasbyt word aangebied deur Orania Helpmekaar. Hierdie projek het nie net ten doel om fondse vir sy werksaamhede te genereer nie, maar ook om Afrikaners van reg oor Suid-Afrika die lekker van Orania te laat beleef. Doen gerus moeite om hierdie besonderse gebeurtenis eerstehands te kom beleef. Vir meer inligting rakende die Vasbyt, volg die volgende skakel.

0
    0
    Jou Mandjie
    Jou mandjie is leegKeer terug na Winkel