Orania Beweging Nuusbrief
6 Desember 2024
voorgrond
Orania Beweging ledetydskrif nou beskikbaar!
vakansieprogram 2024
Blaai gerus deur die Orania Beweging se 2024-25 vakansieprogram!
Orania Gelofteweek
2024:
Orania onder die vergrootglas: Hoe hanteer Orania die media?
Dit is nie nuwe nuus dat Orania en Oraniërs, gereeld besoeke van elke uithoek van die wêreld kry nie: Joernaliste wat ons gemeenskap besoek en soms baie negatiewe, maar soms ook positiewe verslag doen. Dit het al meer as een keer gebeur dat Orania in ʼn week se tyd meer as 5 verskillende internasionale media-spanne ontvang het!
ʼn Interessante nuwe tendens is egter sogenaamde “onafhanklike joernaliste”, inhoudskeppers wat op YouTube en ander platforms miljoene intekenare het, en miljoene kyke vir hulle video’s kry.
Sulke groepe het gewoonlik minder van die formele inslag as “opgeleide joernaliste” maar het wel dieselfde (of selfs meer!) van ʼn nuuskierige “nuusjag” ingesteldheid.
Die Orania Beweging ag sulke groepe ook as joernaliste of media omdat hulle ook ʼn groot effek kan hê. Dit is ‘n verdere platform waarop die Orania-plan verduidelik kan word. Verder kan hulle, net soos “hoofstroom joernaliste”, inwoners soms lastig val tot op ‘n punt waar ons ons mense daarteen moet beskerm.
Van die 27ste tot 29ste November het groepe Orania besoek. Die verskillende kanale word bedryf deur mense afkomstig van Portugal (woon tans in Suid-Afrika), Rwanda, Rusland en Ghana. Die Orania Beweging-span het al vier kanale ontvang en vir hulle besoekprogramme opgestel.
Hulle het met boere, verteenwoordigers van Orania se bank, jongmense, studente, jong werkendes, en werkers in Orania gesels na ʼn formele toer deur die Orania Beweging. Hulle is volledig begelei deur die Orania Beweging-span.
Die ervarings van die verskillende spanne het gewissel van uiters respekvol en ordentlik, tot effe uitdagend teenoor die Orania-idee. Die gesprekke het gewissel van Orania se groei, Afrikaners se verlede, verhoudings met ander groepe, Apartheid, en oplossings wat Orania kan bied.
In die Orania Beweging se mees onlangse radio program op Radio Orania bespreek Joost Strydom en Frans de Klerk waarom joernaliste, selfs die wat uitdagend is, deur die Orania Beweging ontvang word.
Ons sal die finale produkte van elke besoekende span deel sodra ons dit ontvang.
Foto: Joernaliste in gesprek met Carel Boshoff.
Lees verder:
Bestaansregpetisie aan OVR oorhandig
CVO-mielieprojek gradeer tennisbane op
Oraniërs presteer internasionaal
Straatfees 2024 ‘n groot sukses
Netbalspelers hou Orania hoog
BKO-span triomfeer by Vlugbalfees
Bo-Karoo Opleiding (BKO) se Vlugbalfees op Vrydag 22 November was ‘n geleentheid wat spelers en toeskouers van regoor Orania byeengebring het. Die 20 spanne wat…