Studentetradisie versier Orania

Tweedejaar Boerderybestuurstudente van Bo-Karoo Opleiding onderhou ‘n besonderse jaarlikse tradisie. Hierdie tradisie sluit onder andere die plasing van selfgemaakte klipkoeie op verskeie uitgesoekte publieke areas binne Orania in.

Die tweedejaarstudente wat Boerderybestuur aan Orania se tersiêre opleidingsinstelling gestudeer het, sê vir eers totsiens aan die dorp, op pad om hul praktiese ondervinding te gaan opdoen tydens hul derde jaar. Voordat hulle die dorp verlaat, vervaardig elkeen ʼn klipkoei wat hulle op Orania agterlaat om hier te “wei”.

Die maak van hierdie klipkoeie is ʼn kombinasie tussen sweiswerk en kuns, en die studente het die geleentheid gehad om elkeen hul eie unieke kreatiwiteit uit te leef. Sweiswerk is deel van die Boerderybestuur studente se tweedejaar kurrikulum, en die maak van hierdie klipkoeie het elkeen se vaardighede en vakmanskap op die proef gestel.

Die tentoonstelling van die tweede kudde klipkoeie is met ʼn prettige geselligheid, genaamd die Drukgang, voor die Duikergebou bekendgestel. Hierdie pragtige tradisie van nalatenskap is verlede jaar deur BKO ingestel, en ons vertrou dat dit vir nog vele jare sal voortduur.

Paul Vogel, Uitvoerende Hoof van BKO, het die Drukgang geleentheid afgesluit met goeie wense aan die tweedejaar Boerderystudente van 2024 vir die pad vorentoe.

 

Foto: Boerderybestuur tweedejaarstudente en hul dosente sluit die jaar af.
Agter (v.l.n.r.): Jandré Loubscher, Chris Opperman, Stephan Fourie, John-Thomas Pringle, Handré Stoffberg, Ruhan van der Merwe, WP van der Vyver, Ivanco Aucamp.
Voor (v.l.n.r.): Marcel Badenhorst, Margaret-Jean van Niekerk, Michelle Rust.

0
    0
    Jou Mandjie
    Jou mandjie is leegKeer terug na Winkel