CVO-mielieprojek gradeer tennisbane op

CVO-skool Orania se tennisbane is onlangs opgegradeer as gevolg van toenemende belangstelling in dié sportsoort. Hierdie opgradering is nog ʼn suksesvolle infrastruktuurprojek wat met die hulp van die skool se mielieprojek afgehandel is.

Orania se CVO-skool het die afgelope jaar ʼn ongekende groei beleef in die belangstelling in tennis, en is genoodsaak om hul tennisbane op te gradeer. Na deeglike navorsing en raad van kundiges het die Opvoedingsraad die projek aangepak, en na twee weke se harde werk kan daar met trots gesê word dat die opgegradeerde bane van die beste in die streek is.

Die mielieprojek, wat die fondse vir die opgradering van die bane genereer het, is ʼn inisiatief wat in samewerking met boere in die gemeenskap begin is juis ten doel om sportgeriewe te bou of op te gradeer.

Die toekoms van tennis in Orania lyk blink, met meer as vyftig leerlinge betrokke by die CVO-skool se tennisklub. Die vooruitsig van ʼn voltydse tennisafrigter wat in die nabye toekoms aangestel gaan word, sal tennis in Orania ook na ʼn volgende vlak neem.

 

Foto 1: Die splinternuwe tennisbane lê gereed vir die spelers om uit te toets.

Foto 2: Die opgradering van die tennisbane het twee weke van harde werk vereis.

0
    0
    Jou Mandjie
    Jou mandjie is leegKeer terug na Winkel