Sport: Jong Oraniërs presteer internasionaal

Foto: Marlé glimlag breed tydens die netbaltoernooi by The Sevens Stadium in die Verenigde Arabiese Emirate.

Die afgelope paar dae het drie van Orania se sportiewe Nel-kinders aan oorsese toernooie deelgeneem, ʼn bewys dat Orania se kinders nie terugstaan vir die res van die wêreld nie.

Die seuns, WJ en Wiehan Nel, wat albei uitmuntende rugbyspelers is, neem tans deel aan die O/23 Nasionale Bokkies 7’s rugbytoer in Spanje.

Hier het hulle die toer op ʼn hoë noot afgeskop met ‘n ongelooflike stadstoer deur Barcelona voor hulle koers gekies na die Sant Cugat Rugby Klub waar die toer se wedstryde plaasvind.

Die broers, albei oudleerlinge van Orania CVO-skool, het hul staal gewys en presteer op die veld, met Wiehan Nel wat tydens hul tweede kragmeting as speler van die wedstryd aangewys is. Ons hou julle dop en sien uit na die res van die toernooi se resultate.

Nicol Steyn is nóg ‘n jong Oraniër wat aan hierdie geleentheid deelneem. Orania se kinders spog met hul talente wanneer hulle op internasionale vlak deelneem en ook Orania daar verteenwoordig.

Net soos haar twee broers, is Marlé Nel ʼn kranige atleet, en het op 29-30 November en 1 Desember aan die Dubai 7’s se netbaltoernooi deelgeneem. Hierdie toernooi word in die Verenigde Arabiese Emirate sedert 2008 aangebied, en bied geleentheid aan spelers van regoor die wêreld om teen mekaar te kompeteer.

Marlé is ʼn graad 12 leerling aan Orania CVO-skool, en ons is baie trots op haar harde werk en dat sy Orania se naam hoog hou.

 

Foto: Wiehan en WJ neem tans deel aan die O/23 Nasionale Bokkies 7’s rugbytoernooi.

0
    0
    Jou Mandjie
    Jou mandjie is leegKeer terug na Winkel