Orania Muurbalklub hou eerste jaareindtoernooi

Op 4 Desember het Orania Muurbalklub hul eerste jaareindtoernooi gehou. Te danke aan die inisiatief en geesdrif van muurbalspelers in Orania, is die ou muurbalbaan gerestoureer en die baan is tot sy ou glorie herstel.

Die nuutste projek wat deur Orania Muurbalklub aangepak is, is om ʼn galery te bou waar toeskouers kan terugsit en die spel geniet. Die Muurbalklub ʼn geleentheid aangegryp om onmiddellik te begin met die konstruksie van ʼn pawiljoen.

Mettertyd het meer Oraniërs ʼn belangstelling in muurbal begin ontwikkel. ʼn Begeerte om meer gestruktureerde spelle te speel het posgevat. Mede-organiseerder, Victor Correia, vertel dat hulle ʼn ranglys opgestel het, waar jy iemand bo jou op die lys kan uitdaag om sodoende die leer te klim. So is daar is meer dikwels byeenkomste gereël sodat almal saam kan speel, en sommer saam kan braai.

In 2024 het die Muurbalklub hul eerste jaareindtoernooi gehou, waar spelers ingedeel is volgens hul posisie op die ranglys. Met die nuutgeboude galery was daar meer as genoeg plek om die spel te aanskou.

Wat sport aanbetref beleef Orania ʼn groei-fase. Tesame met Orania se groei en uitbreiding word geleenthede geskep vir Oraniërs om betrokke te raak by klubs en instellings wat voorheen nie hier was nie. Oraniërs se deurlopende inisiatief sorg vir ʼn aktiewe gemeenskap.

 

Foto: Muurbal word ‘n kompeterende sport op Orania.

0
    0
    Jou Mandjie
    Jou mandjie is leegKeer terug na Winkel