Paul Kruger-monument op Kerkplein vandaliseer

Die Paul Kruger-monument in Pretoria, wat al vir honderde jare staan en as ʼn Afrikaner erfenisskat beskou word, is op 29 Oktober weereens gevandaliseer. Twee geweerkolwe, twee geweerlope en een geweerband is van die brons boerekrygers afgesaag.
Ongelukkig is hierdie nie die eerste keer dat dié monument skade ly nie en tot dusver het die regering nog geen stappe wat tot daadwerklike oplossings lei, geneem nie. Paul Kruger se beeld is al groen geverf, rooi geverf – selfs al gebrand. Vandale en misdadigers op Afrikaner-erfenisterreine raak ongelukkig aan die orde van die dag.
Orania bou ʼn identiese ewebeeld van die Kruger-beeld op ons eie stadsplein. In ʼn suiwer Afrikanergemeenskap sal hy veilig staan, beskerm deur mense wat sy geskiedenis en betekenis waardeer. Deur hierdie beeld op te rig, neem Orania die bewaring van Afrikaner-erfenis in eie hande.
Orania skep nie net ʼn veilige omgewing vir Afrikaners as individue nie, maar vir die Afrikanerkultuur as geheel. In ʼn tyd waar historiese standbeelde kwesbaar is vir vandalisme, maak Orania ʼn sterk verklaring deur op te tree as ʼn bewaarder van Afrikaner-erfenis.
Die oprigting en beskerming van ons eie monumente dien as erkenning van ons verlede en as dade van trots en selfbeskikking vir toekomstige geslagte. Daar is vir jou die geleentheid om nou reeds daardie dade te verrig.
Klik op die knoppie hieronder en wees ʼn oprigter van Paul Kruger se standbeeld in Orania: