Orania vakansieprogram verskaf hope pret in Desember!

Die bekende vakansieprogram van die Orania Beweging is al ʼn Orania tradisie. Elke jaar word Desembermaand in Orania gevul met daaglikse aktiwiteite en geleenthede.

Desember is jaarliks ʼn besige maand in Orania, aangesien Orania so baie toeriste in hierdie tyd ontvang. Die vakansieprogram is ʼn kreatiewe manier vir Oraniërs om nie net hulself besig te hou nie, maar ook almal wat Orania kom besoek!

Wat hierdie program spesiaal maak, is dat dit nie net toeriste betrek nie, maar ook Orania se gemeenskap, wat ‘n warm en verwelkomende atmosfeer skep. Dit bied besoekers ‘n geleentheid om die gemeenskap beter te leer ken en deel te wees van die unieke kultuur van Orania.

Die vakansieprogram word deur Oraniërs en Orania-instellings gevul – dit is dus totaal oorgelewer aan die inisiatief van ons gemeenskap. Oraniërs en plaaslike instellings dink aan kreatiewe aktiwiteite en geleenthede om aan te bied en bespreek hul datums op die Orania Beweging se webblad.

As jy hierdie Desember ʼn prettige geleentheid het om aan te bied, moenie huiwer om op die knoppie hieronder te klik nie! Maak seker jy dien jou voorstel voor 22 November in.

Besoekers kan uitsien na ʼn onvergeetlike Desembertyd in Orania en kan ons gemeenskap beslis oorweeg vir hierdie vakansie.

0
    0
    Jou Mandjie
    Jou mandjie is leegKeer terug na Winkel