Plastiekherwinning in Orania genereer inkomste

Dit is onlangs deur die Orania Dorpsraad bekendgemaak dat die herwinbare plastiek wat in Orania se vullisterrein gestort word, volledig verwerk is.

Hierdie herwinbare plastiek, wat bestaan uit kategorie 1 en 2 plastiekmateriaal, word geskei, eenkant versamel, gebaal, en aan herwinningsmaatskappye verkoop. Behalwe vir die feit dat dit Orania se rommelspoor aansienlik verminder, genereer dit ook ʼn beduidende inkomste vir Orania.

Die Orania Dorpsraad, wat verantwoordelik is vir die verwydering van vullis, waaronder herwin- en nie-herwinbare produkte, het met trots aangekondig dat die volledige verwerking van die herwinbare plastiekmateriaal die gevolg het dat alle nuwe toevoer van nuwe herwinbare plastiek onmiddellik verwerk en verkoop kan word.

Herwinbare plastiek ingesamel vanaf die begin van 2023 tot op hede het 677 kilogram proppies opgelewer teen R3,50 per kg, wat ‘n totale inkomste van R2 369,50 gegenereer het. Daar is ook 25,875 ton kategorie 1 en 2 plastiek gelewer teen ‘n gemiddelde prys van R3,04 per kilogram, wat ‘n totale inkomste van R78 672,50 ingebring het.

“Ons wil dankie sê aan elke inwoner vir hul toewyding aan die sortering van die vullis,” ” sê Andre van Heerden, Hoof: Ingenieursdienste by die Orania Dorpsraad. “Die getroue bydrae tot die sortering van vullis vanuit elke huishouding maak werklik ’n verskil.”

 

Foto: Die proppies van plastiekhouers word apart verwerk. Die Orania Dorpsraad versoek inwoners om dit vooraf te verwyder om tyd te bespaar.

0
    0
    Jou Mandjie
    Jou mandjie is leegKeer terug na Winkel