fbpx

voorgrond

Orania Beweging ledetydskrif nou beskikbaar!

Lees nou

onthou die datum:

ORANIA BEWEGING LEDENAWEEK

Die Orania Beweging se jaarlikse geleentheid vir lede in Orania, se datums is bekend gemaak. Lede van die Orania Beweging kan solank die datums 28-30 Maart in hulle dagboeke aanteken. Die Orania Beweging se ledenaweek bestaan uit die Raadsvergadering, ledevergadering en ʼn gesamentlike erediens die Sondag. Tussendeur is daar heerlike etes saam, kuiergeleenthede met rolspelers en leierskap in Orania, fantastiese sprekers en heelwat sosiale interaksie.

Tydens die Orania Beweging se jaarlikse ledenaweek geskied belangrike vergaderings, verkiesings en administratiewe prosesse wat belangrik is vir die bestaan van ons organisasie, maar dien terselfdertyd as ʼn geleentheid vir lede om Orania te ervaar en direk met ons personeel kontak te maak.

Ons hoop om elke lid by hierdie geleentheid te ontvang. Ons deel binnekort meer inligting, uitnodigings en die program met julle.

Volhoubare oplossings vir die langtermyn bemagtiging van Afrikaners.

Orania Beweging Nuusbrief

7 Februarie 2025

Nader aan energie-onafhanklikheid: Battery dra Orania deur beurtkrag

ʼn Lugfoto van Orania en die omliggende gebied op die aand van Vrydag 31 Januarie sou vreemd voorkom. ʼn Donker omgewing met net een gebied waar die ligte wel nog aan is.Toe ESKOM die krag afsit, het ORASOL se battery in Orania ingeskop.

Die elektriese spanne van die Orania Dorpskantoor en die ingenieurs en bestuurders van ORASOL het sekerlik gemengde gevoelens gehad toe beurtkrag aangekondig is. Dit was ʼn (baie openbare) toets vir maande se harde werk, maar ook ʼn geleentheid om die wêreld te wys dat hulle berekeninge, opstellings en beplanning reg gedoen is en dat die ORASOL-battery in die hele Orania se elektrisiteitsbehoefte sou kon voorsien.

Die Dorpskantoor het ʼn kennisgewing aan die inwoners gestuur met ʼn versoek om elektrisiteit konserwatief te gebruik, dit is immers die battery se “beurtkragvuurdoop”! Statistiek sou later wys dat inwoners uitstekend saamgewerk het. Om die waarheid te sê, na die versoek was kragverbruik 30% laer as Saterdagaand, toe die battery weer gebruik is om beurtkrag te oorkom, maar konserwatiewe kragverbruik nie spesifiek versoek was nie.

Die Dorpsraad het bevestig dat die battery ʼn wonderlike voordeel is wat beurtkrag betref, maar dat die groter doel steeds energie-onafhanklikheid is.

Volgens die Dorpsraad het Orania ‘n baie goeie verhouding en ‘n unieke ooreenkoms met Eskom, waarvolgens die elektrisiteitstoevoer na ons in werklikheid nooit tydens beurtkrag afgesny word nie, omdat ons onderneem het om gedurende daardie periodes slegs van die battery gebruik te maak. Dit bied vir Eskom die voordeel dat hul lading verminder word soos nodig, terwyl ons die voordeel het dat dit tegnies baie makliker is om te bestuur en dat die oorskakeling na en van die battery glad verloop.  

Dit is ʼn getuigskrif: Orania kan vertrou word om sy eie krag te reguleer sonder om kanse te vat.

Sou beurtkrag weer drasties in Suid-Afrika toeneem, sal Orania se sonkraginfrastruktuur en die battery gesamentlik die hele dorp se ligte daagliks van 06:00 tot 22:00 kan aanhou. Voldoende om die ekonomie te laat funksioneer.

Tydens die lintknipserimonie van die battery in 2024 het Dr John Strydom in ʼn toespraak gesê: “Hierdie is een klein treetjie vir Orania, maar een groot sprong vir vryheid!” Orania se vermoë om beurtkrag te deurstaan is ʼn belangrike tree. Dit is visionêre werk wat Orania Aandeleblok, 272 (landbougebied) en die ORASOL-span gedoen het om hierdie moontlik te maak.

TRUMP: Ek gaan Suid-Afrika oor grondonteiening ondersoek

Waar staan Orania?

Dit word gesê dat wanneer Amerika nies, die wêreld verkoue kry. Dit lyk dan eweneens dat wanneer President Trump tweet, die wêreld soms in skok gaan.

Trump het hierdie week op sosiale media aangekondig dat hy finansiële steun aan Suid-Afrika gaan staak, in reaksie op onder andere grondonteiening. Hy het dit duidelik gemaak dat dit menseregte vergrype is, en dat die VSA dit nie sal duld nie.

Dit het Suid-Afrikaners in ʼn mengsel van entoesiasme, paniek en beskuldiging laat uitbreek.

Die gronddebat is skielik heftiger as ooit; bykans oneindige stringe kommentare onder aan elke sosiale media plasing oor hierdie saak, en hewige debat op TV en in die koerante. Die partye in die RNE word aangevat of gooi wal, ministers en partyhoofde maak lang stellings en sommige probeer selfs vir AfriForum van hoogverraad beskuldig omdat hulle kwansuis hierdie hele oproer veroorsaak het.

Hoe moet Orania-ondersteuners hierdie oproer verstaan?

Internasionale steun is belangrik

Laat ons maar leer by wat die ANC en SWAPO reggekry het teen die magtige NP-regering. Hulle het vriende regoor die wêreld gehad wat hulle saak propageer het en sodoende die beweegruimte vir die vorige regering kleiner en kleiner gemaak, sodat hulle meer en meer inisiatief gehad het.

Die eenvoudige fokus van aandag op die onregte waarmee die ANC besig is, is krities belangrik. Die wêreld moet kennis neem van BELA, grondonteiening, plaasmoorde, korrupsie en hoe die rassewette gebruik word om Afrikaners keer op keer te probeer platslaan.

Hierdie uitspraak van Trump, en van ander internasionale vriende van die Afrikaners en Orania, maak vir ons moontlikhede oop wat ons nooit vantevore gehad het nie. Dit gee ons geleentheid om ʼn kollig op onreg te laat val, om politieke hefboommag te kry, om ons saak te stel en om die ANC op die agtervoet te plaas.

Ons hou egter ingedagte: Afrikaners se vryheid kan nie deur iemand anders gegee word nie.

Self moue oprol

Vryheid moet gebou word. Steen vir steen en met baie ‘bloed, sweet en trane’. Orania se doel is om ʼn groeipunt vir Afrikanerselfbeskikking te word. As ons sou sit en wag dat iemand anders ons mense moet kom red, sou ons nie net naïef wees nie – maar dwaas.

Hoewel ander state en hulle staatsmanne instrumenteel kan wees in erkenning vir ons saak, kan niemand ons vryheid vir ons “gee” nie. Al sou iemand kon, dan sou dit niks beteken nie.

Nee, Oraniërs weet – ons wil nóg van die ANC-regering nóg van enige ander staat afhanklik wees. Daarom moet ons weet hoe om saam te werk met internasionale vriende, sonder om bakhand afhanklik te staan teenoor hulle.

Dus, in die eerste plek plaas Oraniërs ons vertroue in God, en ons moet onsself gereeld daaraan herinner dat ons onsself voor Hom moet verootmoedig. Tweedens werk ons met ons mense, ons kultuur en identiteit moet stap vir stap weer opgebou word. Dan werk ons met die praktyk; meerderheidsbesetting van ʼn geografiese gebied waar ons ʼn demografiese meerderheid kan word is krities belangrik.

In so ʼn (grond)gebied moet ons ons eie werk doen en ons eie instellings bou sodat ons nie uitgelewer of super-afhanklik is nie.

Ons is dankbaar oor vriende, want ons het hulle nodig, maar ons sal self moet bou aan ons toekoms.

Dit is die pad na vryheid.

Vlaamse Parlementslid neem standpunt in teen grondonteiening sonder vergoeding

“Minister-president, erkent u dat die recente wet rond de grondonteigeningen, gecombineerd met de retoriek van haat, een directe bedreiging vormt voor de Afrikaner bevolking en voor de rechtsstaat in Zuid-Afrika? Zo ja, zult u dat ook nog aankaarten?”

Lees meer

Orania CVO-skool se uitslae oortref ander Noord-Kaap skole

Orania CVO-skool is gemeet teen data van die Skoleondersteuningsentrum oor openbare skole, en is daarvolgens die top akademiese skool in die Noord-Kaap. Volgens hierdie data, het Orania CVO-skool se 2024 matrieks meer onderskeidings per leerling as enige ander staatskool in die…

Lees meer

Hongaarse aktivis in Orania: Ons wil selfbeskikking van julle leer

Die wêreldoorloë het Europa se grense drasties verander, en vir Hongarye was dit ʼn slegte uitkoms. Meer as ʼn derde van Hongare, wat in voormalige Hongaarse…

Lees meer

Hoe raak grondonteiening sonder vergoeding Orania?

Met die ondertekening van ʼn nuwe aanpassing tot die Grondonteieningswet, skyn die kollig weer skerp op Orania. Tussen bekommerde Orania-ondersteuners en…

Lees meer

Kleuresport 'n bron van opwinding in Orania

ʼn Gesonde liggaam huisves ʼn gesonde gees – hierdie Christelike beginsel word aktief op Orania uitgeleef. Verskillende Orania opleidingsinstellings het oor die…

Lees meer

"Ek kan myself nie 'n Orania sonder ʼn OSK indink nie ..."

Só vertel Hanri Maritz, bankbestuurder van Orania se bank, OSK (Orania Spaar en Krediet). Orania se gemeenskapsbank het sedert sy ontstaan ʼn nuwe ekonomiese…

Lees meer

75km Vasbyt in Orania om lewens te verander

Die Bo-Karoo Vasbyt, een van die mees ikoniese multi-kategorie wedlope en wedrenne in die Karoo, het vir jare lank aan avontuursoekers ʼn unieke Karoo kardio…

Lees meer

Jy kan inskakel op die Orania Beweging se radioprogram

Wie besoek Orania? Wat beteken die so-genaamde “verskuiwing na regs” in wêreldpolitiek? Is daar ʼn groeiende beweging van ʼn “gemeenskap van…

Kyk nou

Ons adverteerders: