“Ek kan myself nie ʼn Orania sonder ʼn OSK indink nie …”

Só vertel Hanri Maritz, bankbestuurder van Orania se bank, OSK (Orania Spaar en Krediet). Orania se gemeenskapsbank het sedert sy ontstaan ʼn nuwe ekonomiese wêreld vir Oraniërs oopgesluit.
“Eie instellings” is een van Orania se kernbeginsels. Orania se strewe na onafhanklikheid beteken noodwendig dat Orania-instellings gevestig moet word om as alternatiewe en plaasvervangers van buite-instellings op te tree. Eie besighede, eie winkels, eie banke, eie skole – ʼn eie onafhanklike dinamiese gemeenskap word hier opgerig. Orania se eie bank, OSK, vertel ʼn suksesverhaal van hoe sulke instellings van die grond af opgebou kan word.
Klik op die video hier onder om hierdie verhaal te kyk en meer uit te vind hoe presies Orania se bank funksioneer: