Hoe raak grondonteiening sonder vergoeding Orania?

Met die ondertekening van ʼn nuwe aanpassing tot die Grondonteieningswet, skyn die kollig weer skerp op Orania. Tussen bekommerde Orania-ondersteuners en radikale Orania-vyande, steek dieselfde vraag kop uit: Is Orania veilig teen grondonteiening sonder vergoeding?
In die eerste plek is Orania in Afrika, en sit met presies dieselfde risiko’s as almal anders in Afrika. Orania is nie bo die Suid-Afrikaanse wet verhewe nie en word dus, net soos elke ander Suid-Afrikaanse burger, op presies dieselfde manier deur hierdie wet geraak.
Daarom is dit juis belangrik om Orania nou te ondersteun. Elke sent wat tot die Orania Beweging bygedra word, maak ons hande sterker. Orania het al baie dreigemente, wetsontwerpe en selfs hofsake in die verlede oorleef en suksesvol teengestaan. Dit is danksy Oraniërs en die ondersteuners van Orania dat ons gemeenskap vandag nog floreer.
Daar is egter ʼn paar redes waarom ons vertrou dat Orania as ʼn gemeenskap veiliger is met betrekking tot die nuwe wetgewing.
Kyk gerus die video hier onder waarin hierdie vraag volledig beantwoord word: