Orania Beweging vriend:

Vlaamse Parlementslid neem standpunt in teen grondonteiening sonder vergoeding

“Minister-president, erkent u dat die recente wet rond de grondonteigeningen, gecombineerd met de retoriek van haat, een directe bedreiging vormt voor de Afrikaner bevolking en voor de rechtsstaat in Zuid-Afrika? Zo ja, zult u dat ook nog aankaarten?”

Dit was een van die harde vrae wat Kristof Slagmulder, Vlaamse Parlementslid vir die nasionalistiese party Vlaams Belang, in die Vlaamse Parlement gevra het. Kristof is ʼn groot vriend van Orania en van die Afrikaner, en het besluit om die Afrikaner se saak in hul parlement te stel.

ʼn Afvaardiging van die Orania Beweging het in 2022 ʼn besoek aan die Vlaamse Parlement gebring en goeie verhoudings gebou, waarna Kristof Orania besoek het. Na sy besoek het Kristof ʼn besondere sin van ondersteuning vir die Afrikaners en Orania ontwikkel en dus al verskeie kere sterk standpunt in die Vlaamse Parlement ingeneem. Hy het telkens Afrikaans en Afrikaners verdedig, ten spyte daarvan dat linkse media hom, en Vlaams Belang as party, gereeld aanval.

Kristof het onlangs weer sterk standpunt teen Afrikanerhaat in Suid-Afrika in hulle parlement ingeneem, en antwoorde van die Vlaamse regering rakende hulle standpunte oor Afrikaners geëis.

Volgens Joost Strydom van die Orania Beweging is Kristof se vriendskap vir Orania goud werd.

“Ek wil ook ons lede bedank wat die Orania Beweging ondersteun en dit vir ons moontlik maak om te skakel met mense soos Kristof, wat ons saak in die buiteland stel.”

Lees gerus die hele transkripsie hier:

Kristof het ʼn video vir die Orania Beweging gemaak en aangestuur. Kyk dit gerus!

Afrikaners en Vlaminge deel ʼn liefde vir vryheid!

0
    0
    Jou Mandjie
    Jou mandjie is leegKeer terug na Winkel