75km Vasbyt in Orania om lewens te verander

Die Bo-Karoo Vasbyt, een van die mees ikoniese multi-kategorie wedlope en wedrenne in die Karoo, het vir jare lank aan avontuursoekers ʼn unieke Karoo kardio-kragmeting gebied. Tradisioneel het die wedren en wedloop oor vier dae gestrek, wat atlete die geleentheid gegee het om die unieke Karoo-landskap te voet of te fiets te verken. Van hierdie jaar af word die formaat egter verander en deelnemers kan die uitdagings in drie dae aanpak, wat die geleentheid nie net meer toeganklik maak nie, maar ook ‘n nuwe dinamiek in die sportbyeenkoms bring.

Wat hierdie jaar se Bo-Karoo Vasbyt veral uniek maak, is die samewerking met Orania Helpmekaar, die maatskaplike instelling wat op gemeenskapsontwikkeling in Orania fokus. Die samewerking tussen Bo-Karoo Vasbyt en Orania Helpmekaar bring nie net fiksheid en avontuur na die gemeenskap nie, maar bevorder ook die sosiale en maatskaplike ontwikkeling van Orania. Deur in te skryf, maak jy Orania Helpmekaar se hande sterker om ʼn wesenlike verskil in die behoeftes van die gemeenskap te maak.

Die verskillende kategorieë bly steeds dieselfde, alhoewel die afstande vir die verminderde dae aangepas is:

0
    0
    Jou Mandjie
    Jou mandjie is leegKeer terug na Winkel