Hongaarse aktivis in Orania: Ons wil selfbeskikking van julle leer

Die wêreldoorloë het Europa se grense drasties verander, en vir Hongarye was dit ʼn slegte uitkoms. Meer as ʼn derde van Hongare, wat in voormalige Hongaarse gebiede was, is nou skielik aan die genade van ander regerings oorgelewer. Slowakye, Roemenië en Oekraïne regeer nou oor hierdie voormalige Hongaarse burgers. Daar is ongeveer 10 miljoen Hongare in Hongarye self, terwyl daar geveg word vir institusionele en territoriale selfbeskikking vir die vyf miljoen buite Hongarye.
Janos Jeney is ʼn doktorale navorser en aktivis vanuit Hongarye. Hy het Orania vir ongeveer ʼn week besoek om meer te leer oor maniere om selfbeskikking te bevorder. Hy was veral geïnteresseerd in skole en kultuuroordrag, moedertaalonderrig en die vermoë om ʼn verblyfregstelsel in te stel. Janos het met rolspelers oor munisipale dienste, energie-onafhanklikheid, die Orania-idee en veel meer gesels.
“Dit is vir die Orania Beweging ʼn voorreg om internasionale gaste wat selfbeskikking bevorder te ontvang,” het Joost Strydom van die Orania Beweging gesê. “Ons het vriende nodig wat dieselfde uitdagings as ons in die gesig staar, en droom van dieselfde uitkoms. Só kan ons tegniek en taktiek met mekaar deel om by oplossings uit te kom, en wedersydse erkenning bevorder.”
ʼn Volledige gesprek tussen die Orania Beweging en Janos is hier beskikbaar: