

voorgrond
Orania Beweging ledetydskrif nou beskikbaar!

onthou die datum:
ORANIA BEWEGING LEDENAWEEK
Die Orania Beweging se jaarlikse geleentheid vir lede in Orania, se datums is bekend gemaak. Lede van die Orania Beweging kan solank die datums 28-30 Maart in hulle dagboeke aanteken. Die Orania Beweging se ledenaweek bestaan uit die Raadsvergadering, ledevergadering en ʼn gesamentlike erediens die Sondag. Tussendeur is daar heerlike etes saam, kuiergeleenthede met rolspelers en leierskap in Orania, fantastiese sprekers en heelwat sosiale interaksie.
Tydens die Orania Beweging se jaarlikse ledenaweek geskied belangrike vergaderings, verkiesings en administratiewe prosesse wat belangrik is vir die bestaan van ons organisasie, maar dien terselfdertyd as ʼn geleentheid vir lede om Orania te ervaar en direk met ons personeel kontak te maak.
Ons hoop om elke lid by hierdie geleentheid te ontvang. Ons deel binnekort meer inligting, uitnodigings en die program met julle.


Besoek ons youtube-kanaal!
Orania Beweging Nuusbrief
7 Maart 2025
Afrikaners van hoogverraad aangekla?

Afrikaners, Orania, Trump en die ANC: Wat is besig om te gebeur?
Verteenwoordigers van die Solidariteit Beweging en AfriForum is onlangs van hoogverraad aangekla. Die SAPD se spesiale ondersoekeenheid, die Valke, het bevestig dat hierdie sake ondersoek word. Intussen het ʼn sogenaamde regskenner op eNCA ook die mening geopper dat Solidariteit, AfriForum, en sommer Orania ook, skuldig bevind sou kon word op klagtes van hoogverraad.
Al hierdie drama volg na afloop van die nou beroemde (of berugte?) uitvoerende opdrag van President Trump van die VSA, wat druk op die Suid-Afrikaanse regering gaan plaas, finansiële bystand gaan staak, en moontlik vir Afrikaners “vlugtelingstatus” gaan bied. Aldus die klaers (soos die MK-party), is die Solidariteit Beweging se Amerikaanse skakeling ʼn poging om die gesag van die Suid-Afrikaanse regering deur buitelandse druk te ondergrawe. Orania se OPROEP TOT TRUMP sou kwansuis volgens die regskenner ook by hierdie “bondel beskuldigdes” ingegooi kon word.
Kyk video: Orania se oproep tot Trump
Die term “hoogverraad” roep beelde uit Afrikaners se verlede op. Sou dit die beeld van die Slagtersnek-rebelle wees wat in die naam van “hoogverraad” teen die Britse Kroon gehang is, of die bekende beeld van Jopie Fourie wat vir dieselfde aanklag tereggestel is? Die Daily Maverick was vinnig om hoogverraad in die lig van die Boeremag te klassifiseer. Mens kan ook nie eintlik anders as om aan Mandela en die Rivonia-saak te dink nie.
Uit al hierdie voorbeelde, voorbeelde waar geweld en selfs oorlog aan die orde van die dag was, is daar steeds baie omstredenheid oor wie held en wie skurk is, wie verraaier en wie lojalis is.
In die lig hiervan is ons situasie heelwat beter. Die “aangeklaagdes”, in ons eie vredestyddrama, is nie eers in die konteks van verskillende narratiewe skuldig nie. Geen misdaad is gepleeg nie, niemand is skade (fisies of geestelik) aangedoen nie, ten spyte van ʼn paar ANC amptenare wat nou in die verleentheid sit.
Nóg Solidariteit, nóg Orania sal deur enige legitieme regbank skuldig bevind word van hoogverraad. Indien daar dus wel voortgegaan word met ʼn openbare proses wat ʼn de facto skuldigbevinding voorhou, of deur die howe hierdie valse saak aan te hou legitimiseer, sal dit wêreldwyd duidelik wees dat die Suid-Afrikaanse regering met ʼn heksejag besig is. Dit sal die Afrikanerstemme wat regeringsvergrype uitwys, versterk en reg bewys.
Orania se gewete en geskiedenis is skoon. Die Orania-opsie was nog altyd ʼn uitkoms vir Afrikaners wat ʼn vredevolle, volhoubare en bydraende oplossing probeer bou het. Professor Carel Boshoff, dr Chris Jooste en die ander pioniers het hulle altyd as ʼn vredeliewende, pro-gesprekvoerende “derde opsie” posisioneer.
Ons mág aan ons eie kant wees. Ons mág vir ander regerings (in Afrika, Europa, die VSA of waarookal) vra om ons erkenning te gee en ons saak te ondersteun.
Enige-een wat dit as verraad uitmaak, is bloot ontsteld omdat daar ingemeng word met hulle vermoë om Afrikaners te ondergrawe.
Kyk video: Regskenner meen Orania skuldig aan hoogverraad
Tucker Carlson oor Orania

Op 3 Maart het Tucker Carlson, bekende Amerikaanse joernalis, ʼn onderhoud met dr Ernst Roets op sy YouTube-kanaal publiseer. Hierdie onderhoud wat al meer as 21 miljoen kyke oor verskillende platforms genereer het, het selfs ‘n bespreking oor Orania gehad. Bekende figure, soos Elon Musk, het ook die video en snitte uit die video gedeel.
Vir baie Afrikaners en Oraniërs voel dit asof ons volk ʼn nuwe fase van sy bestaan inbeweeg. Die wêreld se oë is weereens op Suid-Afrika en vir die eerste keer in ʼn lang tyd word Afrikaners weer by die naam genoem in internasionale gesprekke.
Nou word ons egter gekonfronteer met die vraag: Wat gaan ons met hierdie erkenning maak?
In ʼn onderhoud tussen Joost Strydom van die Orania Beweging en dr Ernst Roets, gesels hulle oor die gesprek met Tucker en wat daaruit geneem kan word.

Volksliedkompetisie kondig wenners aan!
Op 27 Februarie 2025, tydens Orania se Majubadagvieringe, is ʼn hoendervleis-oomblik beleef. “Roepstem van Orania” is as wenlied van die Volksliedkompetisie aangekondig en bekendgestel.

Orania gesprek met ‘Forum en vriende’
Kan kultuur in ʼn vakuum oorleef? Kan ons aanhou Afrikaners wees as ons alles sou prysgee op die Afrika-kontinent en elders vestig? Hieroor is verskillende (sterk!) menings. Dit is egter nodig om hierdie menings te…

Orania serwituutpad: 'n Teerpunt
Die Orania Dorpsraad se Ingenieursdienste beloof om binnekort met ‘n projek te begin waarna Oraniërs al vir baie jare uitsien: die teer van die serwituutpad.

Oraniërs vier fees op Majuba
Tussen motreën, swepe wat klap en “Ken jy die land waar die Boerevolk woon” wat in die verte opklink, staan die Orania-vlag aan die voet van Majuba en wapper.

Majubadag op Orania
27 Februarie is ʼn vakansiedag in Orania. Op 27 Februarie word die slag van Majuba herdenk – een van die grootste oorwinnings in ons volk se geskiedenis.

ons groei, een verdieping op 'n slag
Diegene wat onlangs verby die bouterrein van die Werksgebou gestap of gery het, sou opmerk dat die bouspan deesdae meer op die dak werksaam is as op die grond! Die…
Ons adverteerders: