Orania gesprek met ‘Forum en vriende’

Kan kultuur in ʼn vakuum oorleef? Kan ons aanhou Afrikaners wees as ons alles sou prysgee op die Afrika-kontinent en elders vestig?
Hieroor is verskillende (sterk!) menings. Dit is egter nodig om hierdie menings te bespreek en selfs te debatteer.
Die Nederlandse Politieke Party, Forum Voor Demokrasie (FvD), se internasionale been, Forum & Friends, het Joost Strydom van die Orania Beweging genooi om aan ʼn gesprek oor hierdie kwessie deel te neem. Hulle het veral in Orania se oorsprong en bestaansdoel belanggestel, en kon ʼn lewendige gesprek oor die tema en aanverwante onderwerpe voer.
Die gesprek, wat regstreeks uitgesaai is, kan hier gekyk word: