Majubadag op Orania

27 Februarie is ʼn vakansiedag in Orania. Op 27 Februarie word die slag van Majuba herdenk – een van die grootste oorwinnings in ons volk se geskiedenis.
Vanjaar herdenk die 144ste jaar sedert die slag van Majuba. In Orania het die tradisie ontstaan dat verskillende instellings om die beurt op ons kultuurhistoriese dae geleenthede aanbied. Vanjaar het Bo-Karoo Opleiding (BKO) ʼn Majubadag-viering by die Orania-koppie gefasiliteer.
Die geleentheid is geopen met Skriflesing en gebed, waarna die Murphy-gesin aangewys is as die wenners van die Volksliedkompetisie. ʼn Majuba-vertelling het gevolg vir oud en jonk om hul geheue te verfris of om die verhaal vir die eerste maal te hoor. Teen 10:00 het die pret begin met ʼn watergeveg tussen studente en kinders. BKO-studente in rooibaadjies soos Britse soldate aangetrek, was ideale teikens vir die kinders se waterballonne. Kinders en studente het die koppie bestyg met watergewere en hul eie Majuba-geveg gehad. Die geleentheid is afgesluit met ʼn vasvrae en prysuitdeling.
In Orania geniet ons praktiese vryhede soos om ons eie herdenkingsdae te kan vier. Om as ʼn gemeenskap bymekaar te kan kom en ons geskiedenis, erfenis en kultuur in die openbaar te kan uitleef. Dit is vir Oraniërs kosbaar