fbpx

Orania Beweging Nuusbrief

22 November 2024

voorgrond

Orania Beweging ledetydskrif nou beskikbaar!

Lees nou

Volhoubare oplossings vir die langtermyn bemagtiging van Afrikaners.

Vriend van Orania: Vlaamse Parlementslid maak stem dik teen BELA-wet

Foto: Kristof Slagmulder in die Vlaamse Parlement

Om internasionale vriende te hê wat Orania en die Afrikaner se saak ondersteun, was nog altyd vir die Orania Beweging belangrik. Om verhoudings te bou beteken dalk toekomstige erkenning vir Orania, wat natuurlik vir ons baie belangrik is. Om egter vriende te hê wat ons moreel ondersteun, ons met fondswerwing help en ons saak by ander regerings help stel, is net so belangrik.

Die Orania Beweging en Orania Ontwikkelingsmaatskappy het in 2022 met ʼn skakeltoer uitgereik na Vlaams Belang, ʼn nasionalistiese Vlaamse party in België. Vlaminge is die Afrikaner oor die algemeen baie goedgesind en baie ondersteunend teenoor hulle “broedersvolk, die Afrikaners”. Ons vind gemene grond op waardes, politiek en natuurlik ook in taal, waar Afrikaans en Vlaams baie naverwant is.

Kristof Slagmulder, ʼn Vlaamse Parlementslid van Vlaams Belang, het verteenwoordigers van die Orania Beweging in 2022 ontmoet en ook daarna ʼn besoek aan Suid-Afrika en Orania gebring. Onlangs het hy homself sterk teen die BELA-wetgewing uitgespreek en die skade wat dit aan Afrikanerkinders sal doen as hulle ouers nie meer insae in hulle skoolopleiding het nie. Kristoff het die Minister-President in die Vlaamse Parlement gevra of hy van klousules 4 en 5 van BELA bewus is, en of hy bereid is om Afrikaans te help beskerm in Suid-Afrika te help beskerm.

Orania is dankbaar vir ons internasionale vriende!

‘n Video van dié interaksie in die Vlaamse Parlement, sowel as ʼn video wat Kristoff vir die Orania Beweging gestuur het waar hy Afrikaans praat, is hier te sien:

Lees verder:

Plaasmoorde: Witkruisdag in Orania herdenk

Op 11 November 1918 word die einde van die Eerste Wêreldoorlog aangekondig, en het ʼn jaarlikse herdenkingsdag met die naam “Rooi Papawerdag” geword – ʼn herinnering aan die prys en offer van oorlog.

Lees meer

Studente slaag vaktoetse met vlieënde vaandels

Bo-Karoo Opleiding (BKO), tersiêre opleidingsinstansie in Orania, vier die sukses van hul studente wat vanjaar hul vaktoetse met groot ywer en toewyding aangepak en geslaag het. Hierdie belangrike mylpaal…

Lees meer

Oraniër is 'n ystervrou!

Michelle Rust, lektor in Boerderybestuur by Bo-Karoo Opleiding, het die afgelope naweek gewys wat in haar steek toe sy die uitdagende Ironman-kompetisie…

Lees meer

Kruger: ondersteuner koop 18 stene

Seann Gloss en sy familie uit die VSA het besluit om Orania se Paul Kruger-projek te ondersteun deur stene te koop. Met agtien stene is Seann die persoon wat…

Lees meer

Orania modelle: Ons bou die stad

Die modeparade van JC Modelle op 16 November het die tema “ons bou die stad” uitgebeeld. Modelle het die aand geopen as bouers, skoonmakers, arbeiders en…

Lees meer