fbpx

Orania-ondersteuner koop agtien Paul Kruger-stene

Seann Gloss en sy familie uit die VSA het besluit om Orania se Paul Kruger-projek te ondersteun deur stene te koop. Met agtien stene is Seann die persoon wat tot dusver die meeste stene gekoop het ter ondersteuning van dié projek.

Seann vertel dat hy in 2010 na Amerika verhuis het.

“In 2011 het ek ‘n Christen geword en my lewe vir die Here gegee. Ek het my vrou in 2015 in ons kerk ontmoet en in 2017 vir myself begin werk. Ek het besighede begin opbou met ʼn paar eBay en Amazon winkeltjies … ons is lekker besig. God het ons baie geseën.”

Seann was nog altyd trots op Afrikaans en op sy kultuur. Sy oupa se naam was Jopie Kruger Fourie, en alhoewel hy nie seker is of daar familiebande is nie, praat hy met trots oor dié destydse rebellie-leier na wie sy oupa vernoem is.

Seann se bydrae word opreg waardeer – nie net deur die Orania Beweging nie, maar deur elke Afrikaner wat sy erfenis wil bewaar, deur elke Afrikaner wat vir ons ʼn nuwe, veilige tuiste wil skep en deur elke Afrikanerkind wat eendag op Orania se stadsplein gaan staan en opkyk na ons eie Paul Kruger-beeld.

Baie dankie aan elkeen wat tot dusver bygedra het tot hierdie projek. Ons bou vir ons mense ʼn tuiste!

As jy graag vir jouself of iemand anders ʼn Paul Kruger-steen wil koop, klik op die knoppie hier onder: