Volkseie arbeid: hoekom is dit so belangrik?

Orania is gebou op volkseie arbeid. Vir ons wat hier woon is dit van selfsprekend en ons vergeet dikwels hoe vreemd die konsep vir mense buite Orania is, selfs vir sommige van ons ondersteuners.

Volkseie arbeid is nie ‘n aardigheid nie, dit is as t’ ware die hoeksteen van Orania. Christenskap en Afrikanerskap is ook hoekstene van Orania, maar daar is ook ander dorpe wat ‘n Afrikaanse en Christelike karakter het, maar volkseie arbeid veral is dit is dit wat ons anders maak. Die ou Suid-Afrika was Christelik en Afrikaans gedomineerd, nogtans het dit tot ‘n val gekom.

Daarom weer ‘n verduideliking hoekom volkseie arbeid so uiters belangrik is, meer nog, hoekom die konsep van Orania en die volkstaat daarsonder ondenkbaar is.

 

Demografiese meerderheidsbesetting

Daar was al talle sogenaamde volkstaatplanne waarvan niks gekom het nie, omdat dit nie gepaard gegaan het met meerderheidsbesetting nie. Dit was planne (en daar is nog steeds sulkes) waar grense rondom wit woonbuurte getrek word en waar swart “uitlanders” in- en uitpendel en geen stemreg het nie. Dit is net ‘n poging om apartheid voort te sit en is daarom doodgebore. ‘n Volkstaat moet ‘n oorweldgende Afrikanermeerderheid hê. Dit kan net bereik word as die werksmag, wat in Suid-Afrika die meerderheid van die bevolking is, volksgenote is.

Dit is al oor en oor bewys dat vreemdelinge wat vir jou werk en wat mettertyd die meerderheid word, hulle nie vir altyd deur grense laat keer nie. Niemand wil elke dag na die werk pendel en in arm omstandighede anderkant die grens woon nie. Suid-Afrika kon nooit ‘n hoofsaaklike wit land word nie, soos Australië, Nieu-Seeland, VSA of Kanada nie, omdat van die begin af van slawearbeid en goedkoop vreemde arbeid gebruik gemaak is. Die demografiese ontwikkeling spreek vanself: waar daar nie werk vir blankes uit die laer range was nie, en waar net ‘n hoërklas gevorm het, kon geen volk ontstaan wat die hele gebied kon beset en bewerk nie. Die bevolkingsverhouding tussen blankes en nie-blankes het die hele tyd verswak.

In Orania is die les van die begin af geleer, al was dit ook verbonde met talle terugslae. Dit is egter die enigste dorp in Suid-Afrika sonder sy “lokasie” en die daarmee gepaardgaande bedreiging. Hier is werkgewers en werknemers volksgenote en woon langs mekaar.

 

Politieke mag

Saam met meerderheidsbesetting gaan ook politieke beheer gepaard. Na 1994 het die “lokasies” die beheer oor die eertydse blanke dorpe oorgeneem, met ver rykende gevolge vir die inwoners van ‘n dorp, soos elke Afrikaner in ‘n mindere of meerdere mate kan getuig. Orania het van die begin af ‘n homogene gemeenskap gevorm met sy eie nie-partypolitieke stelsel, wat in 2000 weer deur ‘n hofsaak herbevestig is. Dit het tot gevolg dat ons inwoners se heffings gebruik word vir die ontwikkeling van ons dorp en ons mense, en dat ons prioriteite in ag geneem word, soos goeie, werkende infrastruktuur en dienslewering, onderhoud van openbare geboue, sportterreine en museums, estetiese bevordering ensovoorts.

 

Werkskepping vir Afrikaners

Nie alle Afrikaners het gesogte akademiese kwalifikasies en kan op enige plek in die wêreld werk kry nie. Daar is meer en meer wat veral weens diskriminasie in die werksplek nêrens meer geholpe kan raak nie maar wat eintlik vaardig en toegewyd is. Veral die bloukraagsektor is vir blankes grootliks gesluit omdat die massas swart werksoekendes veral daar geakkommodeer moet word. Danksy die beginsel van volkseie arbeid in Orania kon hele beroepsgroepe vir Afrikaners herskep word wat elders amper nie meer bestaan nie, soos bouers, plaaswerkers, munisipale werkers, rakpakkers, kassiere, ensovoorts.

 

Minder konflik met ‘n homogene werksmag

Waar daar ‘n homogene werksmag bestaan en werkgewer en werknemer dieselfde taal praat en dieselfde waardes en kultuur deel, is konflik baie minder en gewoonlik redelik maklik oplosbaar. In homogene samelewings is daar selde stakings, en hulle gaan ook gewoonlik sonder geweldpleging gepaard. In Suid-Afrika is feitlik geen staking net oor werksverwante sake nie, daar is altyd ‘n groter vraagstuk van rassisme, uitbuiting, wit kapitalisme, strukturele geweld, swart bevryding, weg met Afrikaans, ensovoorts en kan daarom selde bevredigend opgelos word. Stakings in etnies verdeelde samelewings word dan ook dikwels monsterings van etniese of rasgebonde mag. Misverstande oor taalgrense heen maak dikwels van ‘n onskuldige grappie ‘n rassistiese belediging. In Orania was daar nog nooit ‘n staking of wegblyaksie nie.

Ontwikkeling van ‘n gesonde ekonomie

Eie arbeid lei tot beter vergoeding, omdat jou volksgenote meer lojaal en meer produktief is as vreemdes wat voel hulle word uitgebuit en wat daarom vyandig teenoor die werkgewer en die maatskappy staan. Die saamlopende verdeling van ras en klas is gevaarlik want werkgewer en werknemer is nie vennote nie, maar vyande, en daarom is die kommunistiese logika in Suid-Afrika veral onder swart vakbondlede so aantreklik. Die belange van die ras of groep kom eerste, volgens die logika. In ‘n homogene samelewing kom de belange van die land en die maatskappy eerste. ‘n Florerende maatskappy kan beter lone betaal, tevrede werkers werk meer effektief en spandeer hulle geld meer doelgerig en op ‘n hoër vlak. Werknemers wat die werkgewer nie as vyand nie, maar as vennoot en voorbeeld sien, strewe nie na sy vernietiging nie, maar daarna om sy voorbeeld te volg en self eendag selfstandig te wees. Waar mense etnies homogeen is, het hulle ook dieselfde behoefte aan produkte en dienste en kan dit vir mekaar voorsien. Die uitwerking van ‘n werkmag met heeltemal ander gewoontes en voorkeure is in elke klein dorp se ekonomie te sien, met die soort winkels wat ontstaan vir swart behoeftes, terwyl ander, wat meer op die wit mark gerig is, verdwyn. Meer nog, die geld sirkuleer nie. Swart werknemers spandeer hulle geld in byvoorbeeld Sjinese goedkoop winkels, en die Sjinees koop nie plaaslik nie maar by sy familie in Johannesburg of selfs Sjina. Dis hoekom so veel klein dorpe net verder verarm. Dit is nie toevallig dat Orania seker die meeste besighede

gemeet aan die bevolkingsgetal het.

 

 

 

Tussen tuinafval en plantkos

Die gehalte van ons grond bepaal die gehalte van dit wat ons daarin groei. Plantvoeding is vergelykbaar met wat ons liggame aan voedsel nodig het: ‘n plant in arm grond voel soos ons sou voel op ’n dieët van net brood en water. Voeg molm en kompos by en plante voel soos ons op ’n gebalanseërde dieet – vol energie – en hulle wys dit!

Dit maak geen sin om te betaal om jou tuinafval te laat wegry net om dit weer te moet aankoop in die vorm van kompos nie. Maak jou eie! Kompos is die nommer een grondregmaker. Sit dit by kleigrond en dit verbeter die dreinering, sit dit by sanderige grond en dit maak dit meer waterhoudened. Met die regte bestanddele reg voor te berei, bevat kompos alle voedingsstowwe wat plante nodig het. Die regte bestanddele vir ’n komposhoop is kombuisafval, tuinafval, grond en perdemis – alles hier op Orania vryelik beskikbaar en, as jy dit reg bou, is dit binne 8 weke of minder gereed om te gebruik.

Molm, die onderwerp van my vorige artikel, is in die klimaatuiterstes van Orania onontbeerlik. Dit hou die temperatuur en vogtigheidsvlakke van die grond meer konstant. Dit beteken dat plante sterker groei- en behulpsame grondorganismes soos erdwurms hul werk beter kan doen. Daar is ook minder onkruid om te trek en, as die molm organies is, voed dit boonop die grond soos dit daarin afbreek. Voorbeelde van organiese molm is basstukke, blare, strooi, neutedoppe en perskepitte. Nie-organiese molm is byvoorbeeld klippe en gruis. Oppas met dié soort want dit neem baie hitte op en kan in ’n sonnige plek wortels naby die grondoppervlakte verbrand. ’n Derde soort is lewende molm in die vorm van vlak-groeiende, kruipende, grondbedekkende plante.

Tussen wat jy nodig het vir molm en kompos, sal jy nooit weer tuinafval uitgooi en as jy boonop jou eie wurmkompos maak, sal gekookte oorskietkos ook nie meer hoef asblik toe te gaan nie. So bou ons daardie geslote stelsel.

Die einde van ʼn beskawing en die Benediktus-opsie

Ons volkstaters moet seker soos Jeremia voel: ons sien hoe ons voorspellings van vernietiging, waarvoor ons destyds verwyt is, waar word. Ons put geen genot daaruit nie, want dit breek ook ons hart om te sien hoe dit wat kosbaar en deel van ons erfenis is, te gronde te sien gaan. Party word doelbewus vernietig, ander gaan weens nalatigheid ten gronde. Al is ons in Orania en sien dit as alternatief tot Suid-Afrika en is bereid om daarvoor op te offer, is daar nog steeds ʼn band met Suid-Afrika en veral die Afrikaner- en Westerse erfenis. Ons het geweet dit gaan kom en ons word al jarelank deur gebeure en voorspellings daarop voorberei, nogtans skrik ʼn mens as dit werklik gebeur, want dit maak nog steeds seer.

Dit help niemand om nou triomfantlik te verkondig: ”Ons het julle mos gesê dit gaan gebeur, al in 1983, 1992, 1994, 1999, 2009…” Immers is diegene wat nou sien hoe hulle naïewe optimisme aan flarde is, ons mense wat ons wil bereik en wat ons nodig het. Ja, hulle was verkeerd en het gekeer dat die Afrikaner al vroeër, met meer mag, invloed en geld, die skip in die regte rigting stuur. Ongelukkig glo meeste mense dinge eers as hulle dit voor hulle oë sien ontvou. Daar moet eers ʼn woedende skare deur ʼn dorp soos Coligny storm en alles links en regs afbrand, of ʼn historiese kleinood soos die stadsaal van Bloemfontein deur ontevrede munisipale werkers vernietig word, of die Boland se wingerde afgebrand word, voor mense besef dat ʼn Afrikaanse, Westerse beskawing nie kan voortbestaan sonder politieke beheer nie. Dan praat ons nog nie van al die plaasmoorde, waarmee nie net ontsettende pyn en lyding gepaard gaan nie, maar waarmee ook elke keer ʼn stuk plattelandse Afrikaanse beskawing vernietig word.

Pleks om met leedvermaak te sê “ons was reg” sê ons eerder: “gelukkig het ons daarom al jare terug iets aan die saak gedoen, juis omdat ons geweet het dit gaan gebeur.” Ons hoef nie heel voor te begin nie, die fondasie is al gelê. Party wonder nog, ander stry oor die wat en waar en hoe, ons (bedoelende die volkstaters) het darem al Orania 26 jaar gelede gestig. Orania is nog klein, maar dit is daar. Die nuwe vrugtebome is oorgeplant voor die groot brand die hele plantasie vernietig het. Ons het tyd gekoop. Diegene wat wil help bou is baie welkom, ongeag waar hulle in die verlede gestaan het.

Die fondasie waarop ons bou moet egter die regte een wees. Wat is die regte fondasie en hoekom glo ons dat ons iets anders doen as in die verlede? Ons fondasie is konsentrasie, eie arbeid en beheer oor ons eie dinge. Bo alles is Orania ʼn daad van geloof, ʼn uitkoms in tye van krisis. Dit is meer as om net soos ʼn drenkeling die naaste plank te gryp om nie te verdrink nie, dit is die begin van ʼn nuwe Afrikaner-beskawing, terwyl die ou een voor ons oë vernietig word. Ons beweer nie dat ons besonder begenadig of spesiaal is nie, maar wel dat ons gelei is om geleenthede aan te gryp, in die onlangse verlede en ook nou.

Ons situasie herinner aan die van die Heilige Benediktus van Nursia aan die einde van die Romeinse Ryk, om en by 600 na Christus. Toe hy in Rome was met die idee om daar te studeer, moes hy ervaar hoe vervalle, maar ook moreel verrot die einste middelpunt van die wêreld was. Hy het hom met volgelinge wat die beskawing en veral die Christelike godsdiens in beskerming wou neem, onttrek na ʼn klein dorp in die berge en daar ʼn klooster gestig, waaruit die wêreldwye Benediktinerorde ontstaan het. Dit was een van die voorvereistes vir die herlewing van beskawing in die Middeleeue, op ʼn sterk Christelike grondslag.

Het jy al in die Suide op ’n berg gestaan?

trek-2BtapestryHet jy al in die Suide op ’n berg gestaan;
die sout van jou bestaan van jou ‘brou gevee soos die aarde ongenaakbaar onder voetsoolvellies kraak?
Het jy al in die Suide in ’n maanligwatervalpoel met skaamtelose skoonheid die spieël met jou menswees geplas?

Het jy al in die Suide jou plek met die kruis gevind, soos die dwaalspoor jou weer teruglei na jou ma;
en in hardekoolvlamme die jakkals hoor roep, na die stories van jou pa?

Het jy al in die Suide met jou hartslied huilhees gesing-skreeu tot die kranse antwoord gee;
en die magtige dreuning van hartsmense op mars in jou are voel bruis?

Het jy al in die Suide aartappel uit die warm sand gegrou;
groenmielies geëet tot die botter blinkvet om jou lippe lekker?

Het jy al in die Suide
… in Amsterdam en Londen en New York en Parys?
Het jy al gevind, my kind,
hoedat elke grondpad jou stoftreestap teruglei na jou huis?

Het jy al, Afrikanerkind… in die Suide op ’n berg gestaan?

Komberse vir plante?

Orania---Bewaria---Skakerings-van-groenEk hoor dikwels: ‘Ek kan niks by my groei nie, my grond is net te sleg’. Hier in die Karoo is die grond van nature maar arm aan die nodige voedingsstowwe wat groente nodig het om te floreer. Ook daar waar die grond eens vrugbaar was, het ons moderne groeimetodes dit mettertyd verarm. Seisoen na seisoen word daar geoes en niks weer in ruil in die grond teruggesit nie. Die grond raak naderhand so onvrugbaar, dat dit omtrent net die wortels in plek hou, maar hulle beslis nie meer kan voed nie. Meer en meer misstof word gebruik, om die grond te oorreed om darem ietsie van ’n oes voort to bring. Dit hoef nie so te wees nie.

BlareHet jy al ooit gewonder hoe plante dit regkry om in veld en woud weeldig te groei sonder gereelde water, misstof of grond losmaak is nie?  Dit is ongelooflik hoe die natuur vir haarself sorg, maar dit is eintlik baie eenvoudig: Elke blaar, stokkie of verdorde stukkie plant bly net daar lê waar dit geval het. Uiteindelik form dit alles ’n kombers op die grondoppervlakte, wat ons molm noem. Hierdie kombers hou die hulpsame in en die skadelike uit en voed die grond soos wat dit afbreek.

In die natuur grawe niemand die grond rondom plante om nie. Hoekom het ons daardie gewoonte in ons tuine aangeleer? Dit keer die woonplek van hulpsame grondorganismes soos byvoorbeeld erdwurms letterlik om en stel ’n nuwe laag grond aan son en wind bloot. Die son verbrand grondvoedingsstowwe en suig die water uit die grond uit en die wind en reën waai en spoel dit dan weg. So verloor ons mettertyd groot gedeeltes van ons waardevolle bogrond. As ons ons grond met molm bedek, sal dit vanself goed gedreineerd, sag end gevoed bly, beskut teen die elemente en altyd gereed om in te plant.

0
    0
    Jou Mandjie
    Jou mandjie is leegKeer terug na Winkel