Orania---Bewaria---Skakerings-van-groenEk hoor dikwels: ‘Ek kan niks by my groei nie, my grond is net te sleg’. Hier in die Karoo is die grond van nature maar arm aan die nodige voedingsstowwe wat groente nodig het om te floreer. Ook daar waar die grond eens vrugbaar was, het ons moderne groeimetodes dit mettertyd verarm. Seisoen na seisoen word daar geoes en niks weer in ruil in die grond teruggesit nie. Die grond raak naderhand so onvrugbaar, dat dit omtrent net die wortels in plek hou, maar hulle beslis nie meer kan voed nie. Meer en meer misstof word gebruik, om die grond te oorreed om darem ietsie van ’n oes voort to bring. Dit hoef nie so te wees nie.

BlareHet jy al ooit gewonder hoe plante dit regkry om in veld en woud weeldig te groei sonder gereelde water, misstof of grond losmaak is nie?  Dit is ongelooflik hoe die natuur vir haarself sorg, maar dit is eintlik baie eenvoudig: Elke blaar, stokkie of verdorde stukkie plant bly net daar lê waar dit geval het. Uiteindelik form dit alles ’n kombers op die grondoppervlakte, wat ons molm noem. Hierdie kombers hou die hulpsame in en die skadelike uit en voed die grond soos wat dit afbreek.

In die natuur grawe niemand die grond rondom plante om nie. Hoekom het ons daardie gewoonte in ons tuine aangeleer? Dit keer die woonplek van hulpsame grondorganismes soos byvoorbeeld erdwurms letterlik om en stel ’n nuwe laag grond aan son en wind bloot. Die son verbrand grondvoedingsstowwe en suig die water uit die grond uit en die wind en reën waai en spoel dit dan weg. So verloor ons mettertyd groot gedeeltes van ons waardevolle bogrond. As ons ons grond met molm bedek, sal dit vanself goed gedreineerd, sag end gevoed bly, beskut teen die elemente en altyd gereed om in te plant.

0
    0
    Jou Mandjie
    Jou mandjie is leegKeer terug na Winkel