Orania---Bewaria---Skakerings-van-groenEk hoor dikwels: ‘Ek kan niks by my groei nie, my grond is net te sleg’. Hier in die Karoo is die grond van nature maar arm aan die nodige voedingsstowwe wat groente nodig het om te floreer. Ook daar waar die grond eens vrugbaar was, het ons moderne groeimetodes dit mettertyd verarm. Seisoen na seisoen word daar geoes en niks weer in ruil in die grond teruggesit nie. Die grond raak naderhand so onvrugbaar, dat dit omtrent net die wortels in plek hou, maar hulle beslis nie meer kan voed nie. Meer en meer misstof word gebruik, om die grond te oorreed om darem ietsie van ’n oes voort to bring. Dit hoef nie so te wees nie.

BlareHet jy al ooit gewonder hoe plante dit regkry om in veld en woud weeldig te groei sonder gereelde water, misstof of grond losmaak is nie?  Dit is ongelooflik hoe die natuur vir haarself sorg, maar dit is eintlik baie eenvoudig: Elke blaar, stokkie of verdorde stukkie plant bly net daar lê waar dit geval het. Uiteindelik form dit alles ’n kombers op die grondoppervlakte, wat ons molm noem. Hierdie kombers hou die hulpsame in en die skadelike uit en voed die grond soos wat dit afbreek.

In die natuur grawe niemand die grond rondom plante om nie. Hoekom het ons daardie gewoonte in ons tuine aangeleer? Dit keer die woonplek van hulpsame grondorganismes soos byvoorbeeld erdwurms letterlik om en stel ’n nuwe laag grond aan son en wind bloot. Die son verbrand grondvoedingsstowwe en suig die water uit die grond uit en die wind en reën waai en spoel dit dan weg. So verloor ons mettertyd groot gedeeltes van ons waardevolle bogrond. As ons ons grond met molm bedek, sal dit vanself goed gedreineerd, sag end gevoed bly, beskut teen die elemente en altyd gereed om in te plant.

Blog Single

Komberse vir plante?

by | Jun 13, 2017 | Nuus | 3 comments

3 Comments

  1. Carel

    Dankie vir die goeie raad. Snaaks dat baie mense die blare op die grond “slordig” en “onversorgd” vind. In werklikheid spreek dit juis van goeie versorging en is dit boonop mooi!

    Reply
  2. Appie Pienaar

    Wynand Boshoff het op ‘n keer van bome as fabrieke van gratis kompos gepraat. Mens kan ook maar net die blare op die sypaadjies kant toe vee as dit nie netjies lyk nie.

    Reply
  3. Willem Fourie

    Geagte leser,

    Die bome gaan haal minerale dieper as ander dit kan bereik, en wurms vreet, verteer, en bemes die blare vir bogrond.

    Soos verstandig uitgewys is deur die skrywer (tuinier), moet grond bedek bly of dit word hard, droog en stowwerig (en dus onbruikbaar) gebak en weggewaai.

    Baie dankie vir die uitstekende voorbeeld

    Reply

Submit a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

seventeen + one =