by Orania Beweging | Apr 4, 2013 | Nuus |
Nou die dag gesels ek en ’n ryk toeris voor my winkel in Orania. Die dame was glad nie beïndruk met Orania nie. Sy woon in Kroonstad en haar man het haar saamgesleep want hy wou bietjie na eiendom kom kyk het.
“Ek sal nooit in ’n plek kan bly as daar nie ten minste ’n Woolies Food is nie,” skiet sy reguit uit die heup uit. Met hierdie stelling het ek spesifiek twee ernstige probleme.
Na Woolworths laas jaar die rassekaart op blankes getrek het, het ek aan myself belowe dat ek nie weer by hulle gaan koop nie. My geld, my reëls.
Tweedens, Kroonstad se water is vuil, hul krag word gedurig afgesny omdat die munisipaliteit nie hul Eskomrekening betaal nie, padvarke jaag in petrol stasies vas en ry oor mense, misdaad is op ongekende vlakke ens. Dis maar net ’n paar hooftrekke wat ek onlangs van Kroonstad in die koerante gelees het. Moet egter nie stres nie – daar is darem ’n Woolies Food wat als oukei maak.
Dit was nie maklik nie, maar ek tel toe tot tien en vertel vir haar dat ek ook nie baie beïndruk was met Orania toe ek vyf jaar gelede vir die eerste keer hier kom kuier het nie. Dit het my ’n rukkie gevat om verby die probleme en uitdagings van Orania te kyk en te besef hoe ongelooflik spesiaal hierdie Karoodorp in werklikheid is. Ek woon al vir meer as twee jaar hier en sou beslis nie getrek het as ek nie met hart en siel geglo het dat dit die regte skuif is nie.
Sy vra toe waar ek vandaan kom, so half asof ek uit een of ander armsalige rioolput gekruip het om te dink dat Orania so wonderlik is. “Nee, ek het maar in Brooklyn, Pretoria, grootgeword en het daarna vir ’n paar jaar Europa plat getoer voor ek teruggekom het,” verduidelik ek.
O gats, die besef sink toe in dat Kroonstad se Woolies Food hierdie Oraniër glad nie soveel beïndruk nie.
“Maar pla al die arm mense in Orania jou dan nie?”
Ja, dit pla my dat mense arm is – maak nie saak waar nie. Dis ’n feit dat brandarm Afrikaners ook Orania toe trek, maar die omstandighede van diegene wat bereid is om te werk verander baie vinnig. Orania bemagtig Afrikaners soos geen ander plek nie.
So ook is daar skatryk Afrikaners wat in Orania kom vestig. In al die plekke waar ek al in die wêreld was, het ek nog nooit ’n gemeenskap gesien waar rykes so baie vir armes doen soos in Orania nie. Die armes word ryker en ondersteun weer die rykes se besighede, wat hulle weer in staat stel om meer vir die werkers te doen. So bou ons ’n gesonde ekonomie.
Dit is buitendien veel meer produktief om werk te skep vir arm Afrikaners in Orania, as om te probeer wal gooi teen die algehele agteruitgang van die res van Suid-Afrika. Terwyl Orania Afrikaners bemagtig, is Afrikaners magteloos om die verval elders te keer bloot omrede ons nie die “regte” velkleur het nie.
Sou ek my besighede in Kroonstad gevestig het eerder as Orania, dan sou ek in die kort termyn waarskynlik meer geld gemaak het maar ek sou opgeskeep gesit het met ’n bankrot munisipaliteit, belaglike misdaadvlakke en ’n gemeenskap wat verarm. Is die kool die sous werd? Beslis nie, want terwyl Kroonstad en byna elke ander dorp in Suid-Afrika in armoede verval, groei Orania se ekonomie a.g.v. bestendige volkseie bestuur.
Ek besef naderhand my verduidelikings gaan by die een oor in en by die ander een uit. Nadat ek haar vertel het dat hier pragtige winkeltjies in Orania is waar mens heerlike delikatessen kan koop, kruidenierswinkels is waar sy haar gemanikuurde hande op enige produk kan lê waaraan sy gewoond is en dat my vrou regte croissants en baguettes bak indien sy belangstel, deel sy toe met my mee dat sy steeds verkies om eerder die volgende dag haar inkopies te gaan doen by “haar” Woolies Food in Kroonstad. Nee goed dan, ek verstaan.
Talle Afrikaners het so materialisties geword dat hulle blind en doof is vir als wat om hulle aangaan. Hulle besef nie dat hul huidige gemaksone in die lang termyn veel groter kan wees as hulle ons net bietjie begin help om die volkstaat te bou deur stelselmatig vir hulself ’n vangnet in Orania te span nie. Vir vele van ons is dit tog logies.
Ek sluit toe die gesprek af deur ook maar reguit uit die heup uit te skiet.
“Mevrou, as my lewe ook van Woolies Food afgehang het dan sou ek nie nou hier met u gestaan en praat het nie, want ek sou nie hierdie boetiek gehad het nie, ook nie die winkel langsaan nie – ek sou nie vanaand met ’n oop deur kon slaap nie en ek sou beslis nie deel gewees het van ’n gelukkige gemeenskap wat deur Afrikaners, eerder as die ANC, bestuur word nie. So kies elkeen maar vir hom- of haarself, nè?”
by Orania Beweging | Jan 20, 2011 | Nuus |

Die Stem roep!
deur Rozanne Meyer
“Die Afrikaner-hart is seer en moeg, maar trou nog!” – Jan F.E. Celliers
Hierdie woorde was amper ‘n eeu gelede geuiter deur ‘n kampvegter vir die Afrikanervolk en ons taal. Gesien in konteks van die huidige omstandighede waarin moderne Afrikaners vandag verkeer, dien Celliers se woorde as ‘n inspirasie vir my as jong Afrikaner: die wete dat ons voorvaders soortgelyke uitdagings die hoof gebied het en daarin geslaag het om ons pragtige kultuur, taal en tradisies behoue te laat bly.
Egter is daar ook sg. Afrikaanses vandag soos o.a. Jan-Jan Joubert, Marthinus van Schalkwyk, Leon Wessels, Max du Preez, Carl Niehaus en Antjie Krog wat nie kan aanspraak maak op ‘n Afrikaner-hart nie. Hul aksies het reeds bepaal hoe hulle deur die nageslag onthou sal word. Trouens, indien hulle enigsins onthou gaan word dan sal dit wees in skerp kontras met hoe ons vandag Celliers, Steyn, Langenhoven, Opperman, Hertzog, Malan en van Wyk Louw eerbiedig. Die lyn is getrek en daar is ‘n groeiende Afrikaner kultuurpolitieke weerstand teen die verraad en galbrakery van die Jan-Jan Jouberts. Hul dae is sowaar getel.
Marakumi Casino Kenya is quickly becoming a premier destination for gaming and entertainment enthusiasts in the region. Offering a wide array of games, including slots, table games, and live dealer options, it caters to both novice and seasoned players. The casino features a vibrant atmosphere, complemented by top-notch services and luxurious amenities. Visitors can enjoy not only gaming but also exquisite dining options and live events, making it a perfect place for a fun night out. For those interested in exploring what Marakumi Casino has to offer, more information can be found on their official website at https://marakumi.co.ke/. With exciting promotions and a commitment to customer satisfaction, Marakumi Casino provides an unparalleled experience for both locals and tourists alike. Whether you’re looking for a thrilling gamble or just a night of entertainment, Marakumi Casino is the place to be.
Die Afrikaner-hater en die gif wat hy versprei is nietemin ‘n kenmerkende eienskap van die Nuwe Suid-Afrika. Dit laat my gedagtes dwaal oor wat presies die Nuwe Suid-Afrika dan in werklikheid is. Wees verseker, die land waarin ons vandag woon is hoegenaamd nie dieselfde land waarvoor ons voorvaders geveg het nie. Daardie beloofde land is lankal van ons ontneem, beroof deur die kommunis en sy Afrikaner-hater bondgenote.
Nie net is die Afrikaner se Republiek vernietig nie en die volk óók verraai en vermoor nie maar hierdie sameswering teen ons woed vandag sterker as ooit tevore voort. Die aanvalle op ons, gereeld in ons eie taal, op ons eie mense en op ons kultuur, taal en bestaansreg was nog nooit so groot soos wat dit tans in die Nuwe Suid-Afrika is nie.
Kwikbet Kenya provides an easy and secure way for users to place their bets and enjoy online gaming. To access your account, the **Kwikbet Kenya login** process is quick and user-friendly. Simply visit their website and enter your credentials to get started. Whether you prefer sports betting, live casino games, or virtual sports, Kwikbet ensures a seamless experience for all players. If you’re new or need assistance, check out their support resources for helpful guides. You can access the platform anytime and anywhere, making it convenient to place your bets on the go. Ready to dive into the action? Visit https://kwikbetapp.co.ke/ and log in to explore a world of exciting betting opportunities tailored just for you. Enjoy a thrilling gaming experience with Kwikbet Kenya!
Die fantasie van ‘n nie-rassige samelewing waar almal reënboogkinders is word met mening in die jong Afrikaner se keel afgewurg terwyl, in die praktyk, ‘n rassistiese ideologie van swart bemagtiging eintlik met die term “nie-rassigheid” bedoel word. Dis mos maklik vir die jong Afrikaner om aan te pas want ons is jong boompies wat gebuig kan word, gebuig móét word.
Die liberale multikulturele boodskap van TV-programme, nuus, koerante asook die hernoeming van strate, stadia, lughawens en dorpe kan ons mos aanvaar! Ons word vertel dat alles wat met die Afrikaner voor 1994 gebeur het liewers nie onthou moet word nie en by implikasie uit die geskiedenis moet verdwyn sodat ons waarlik deel van ‘n multikulturele reënboognasie kan wees. ‘n Swartreënboognasie, ja. As jy nie weet wie jou voorvaders was nie en wat jou geskiedenis regtig behels nie dan het jy mos niks om voor op te staan of om te probeer beskerm nie.
Verder, wat van die ouer bome – diegene wat geleef het in die dae toe die Afrikaner nog ‘n Republiek gehad het? Al gewonder hoe hierdie mense moet voel nou dat hulle hulself in ‘n swartreënboognasie bevind waar alles waarvoor hulle gewerk en gestry het besig is om tot niet te gaan?
Hulle is die mense wat nog suiwer Afrikaans gepraat het toe hulle jonk was en geleer was om trots op hul Afrikaner-identiteit te wees. Hul wortels was geplant in ‘n land waar orde geseëvier het en Afrikaanse volksliedjies met hartelus om kampvure gesing was maar vandag vang hul takke net die winde van verandering, vernietiging en verbastering. Die Suid-Afrika van gister en die Suid-Afrika van vandag is uiteraard meer as net twee verskillende lande, dit is twee uiteenlopende identiteite. Die resultaat is derduisende gebroke harte.
Nou sit ons almal, jonk en oud, in ‘n land wat deur ons voorvaders gebou was, waarvoor hulle gebloei het en op die ou einde eenvoudig deur die massas onherroeplik oorrompel was. Die kommunis en die Afrikaner-hater het sy oorwinning behaal. Waarin moet opregte Afrikaners dan glo vandag? Waarvoor moet ons dan opstaan? Nie vir Suid-Afrika, d.i. die oue of die nuwe nie, nee – ons moet opstaan vir ons Afrikanerskap, vir ons volk se bestaansreg en ons onbetwiste reg om vry te wees om ons taal, kultuur en tradisies uit te leef in ‘n eie Afrikaner Republiek wat op grond van Christelike waardes en oortuigings opgerig word, deur die Afrikaner vir die Afrikaner. Dit is iets om in te glo!
Ek sal so ver gaan om sê dat die Nuwe Suid-Afrika van die massas en die Afrikaner-haters ‘n samelewing is wat daagliks met ‘n virus ingespuit word. ‘n Epidemie wat sorg dat Afrikaners hulselfAfrikaanses begin noem, op hul knieë gedwing word en sodoende die sataniese omstandighede om hulle aanvaar ter wille van nasiebou. Kyk maar self en sien hoeveel mense se lewens vandag in skerwe is, verveelde ongelowiges en werkloses wat geen ambisie het om stabiliteit en orde te herstel nie. Hulle deel geen liefde vir hul volk nie en hulle het geen wilskrag om die Afrikaner se bestaansreg te verdedig nie.
Laat hulle dan aangaan en verder verdrink in die gif wat die Jan-Jan Jouberts hulle voer. Niemand is so blind soos die wat nie wil sien nie! As Afrikaner-vryheid, ons taal en kultuur vir iemand te veel, of te ekstreem is om voor op te staan dan is ek bevrees dat so ‘n persoon nie verdien om vry te wees nie. Egter is dit ‘n tweesydige swaard want dan kan so ‘n persoon ook nie sy swartreënboognasie se helde soos Mandela eerbiedig nie want ten minste het hy opgestaan vir sy mense se vryheid. Was dit ekstreem van Mandela om teen die NP Regime se rassediskriminasie op te staan? Hoekom is dit dan ekstreem van Afrikaners om teen die ANC Regime se apartheid op te staan?
Die Christen Afrikaner wat weier om verder hierdie gif te sluk moet nou sy huis in orde kry en sy taal suiwer begin praat, sy geloof koester, sy kultuur en identiteit meedoënloos beskerm deur dit op alle terreine uit te lewe. Neem die houding van ons voorvaders in: ons is nie vir onderhorigheid gebore nie!
Gedurende tye soos hierdie is daar altyd twee plekke waar Afrikaners inspirasie sal kry om weer op te staan vir vryheid en vir geregtigheid, d.i. in God se Woord en ons eie Afrikaner volkslied, Die Stem.
Matt. 5:13-14 (1953 vertaling): “Julle is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie. Julle is die lig van die wêreld. ‘n Stad wat bo-op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie.”
“Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou. Skenk ook ons die krag, o Here, om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vad’re vir ons kinders erwe bly: knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry […] Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer – met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer.” – Die Stem (Roep!)