by Orania Beweging | Feb 18, 2011 | Nuus |
Pieter du Toit en Lizel Steenkamp se artikel, getiteld “Zuma aan Afrikaner: Dáár is jou tuiste”, wat op 17 Februarie in die Beeld verskyn het, het betrekking.
Jacob Zuma en die ANC maak ‘n groot fout as hulle dink dat Afrikaners tevrede gaan wees met ’n sg. “sielkundige tuiste” waar ons almal gelukkig en vry kan wees terwyl alle beskaafde norme en waardes om ons verkrummel.
Ek wonder wat die ANC gedurende die apartheidsjare sou sê as die NP-regering vir hulle aangeraai het om eerder ’n sielkundige tuiste te vind waar hulle die verkiesings kon oorheers en Suid-Afrika se rykdom kon plunder as om in opstand te kom teen die diskriminasie wat swart mense moes ervaar.
Die ANC-regime diskrimineer daagliks teen die Afrikaner en dit is net ’n kwessie van tyd voor dié groep ook in opstand gaan kom teen die tirannie wat hulle in die gesig moet staar. Plaasmoorde, geweldsmisdaad, werkloosheid, rasstellende aksie (AA), politiese polarisering, aanval op Afrikaanse moedertaalonderrig, grondhervorming, massa-korrupsie ens. dryf al hoe meer Afrikaners na republikeinse onafhanklikheid. Insgelyks sal ’n Afrikaner Republiek oor sy eie fisiese grense beskik wat niks met Zuma se sielkundige of denkbeeldige heimat uit te waai het nie.
Dalk moet Zuma en sy hofnar, nl. Malema, gerus weer ’n besoek aan Orania gaan aflê en sien hoe Afrikaners daadwerklik besig is om hul vryheid te herstel. Duidelik het nie een van die twee genoeg opgelet toe hulle die Afrikanertuiste onlangs besoek het nie.
’n Kristalhelder teken van ’n mislukte staat is wanneer die regering nie die land se grondwet ken of verstaan nie. Artikel 235 stel dit pertinent dat enige taal- en kultuurgemeenskap, soos die Afrikaner, die reg tot selfbeskikking binne ’n territoriale entiteit het. Nêrens in die grondwet word daar verwys na ‘n sielkundige tuiste nie.
Zuma het verder benadruk dat die Afrikaner nie ‘n eie grondgebied, soos Orania, mag afbaken nie. Dit is blatante minagting vir die Afrikaner se grondwetlike reg op selfbeskikking en as Zuma vir een oomblik glo dat Afrikaners gaan aanvaar dat ons net ’n “sielkundige tuiste” binne die ANC se benarde swart reënboognasie kan hê dan het hy en sy regime ‘n groot verrassing wat vir hulle wag.
Oor een ding tref Zuma wel die kol: die Afrikaner het ’n bydrae gelewer tot die ontwikkeling van Suid-Afrika. Inteendeel, die Afrikaner onder leiding van dr. H.F. Verwoerd het die Republiek van Suid-Afrika gestig en dié land kortliks daarna bestuur tot die mees ontwikkelde staat in Afrika. Vandag is dit nie meer die Afrikaner se land nie en meeste van ons het nou al vrede gemaak daarmee. Nietemin, ons het wel die vermoë om ’n staat van die grond af op te bou. Die Afrikaner se voorvaders het dit deur die eeu deeglik bewys en ons bewys dit tans weer vanuit Orania.
Sterkte Zuma. Hou maar jou sielkundige tuiste want ons is heelwat beter daartoe in staat om onsself in ons eie republiek te regeer as die voorbeeld wat jy en jou party oor die afgelope 17 jaar in die Nuwe Suid-Afrika vir ons gewys het!
Klik op Beeld om die onderhoud met Pres.Zuma te lees.
by Orania Beweging | Feb 15, 2011 | Nuus |

Sedert die dae van die antieke stadstate van Atene en Sparta was die westerse beskawing blootgestel aan die konsep van ‘n demokratiese magstruktuur wat later in die jaar ca. 509 v.C. gelei het tot die stigting van die Romeinse Republiek.
Die Senatus Populus Que Romanus (SPQR), of “die senaat en mense van Rome”, was die soewereine entiteit wat vir etlike eeue oor die grootste dele van Europa, Noord-Afrika en die Ou Nabye-Ooste met welslae geheers het. Die antieke wêreld het nooit tevore ’n soortgelyke tydperk van orde, ekonomiese vooruitgang en beskawing geken nie. Die fondasies van moderne demokrasie en republikanisme was gedurende hierdie era van die menslike evolusie neergelê.
Die woord republiek is afkomstig vanuit die Latynse res publica, of “publieke saak”. In die mees basiese sin is die republiek ’n staat waarin soewereiniteit uiteindelik vanaf die mense afkomstig is, eerder as vanuit ’n monargiese, oorerflike of ander beginsel. In ’n neutedop is dit die mense wat self die besluite neem en selfbeskikking oor hul eie instellings geniet binne ’n bepaalde staat. So word die mense se beste belange deur hul eie besluite bepaal.
Die Afrikaner woon tans in ’n republiek wat op 31 Mei 1961 gestig was. Heel ironies dat dit die Afrikaner was wat op daardie reënerige dag in Pretoria hierdie einste Republiek uitgeroep het waaroor ons vandag geen vorm van staatkundige selfbeskikking geniet nie of dat daar selfs na ons beste belange omgesien word nie. Die Suid-Afrikaanse nasie in geheel geniet egter republikeinse vryheid ten koste van die beste belange van diegene wat die Republiek in die eerste plek gestig het.
Vir die Afrikaner om sy reg op republikeinse vryheid uit te leef is daar basies twee rigtings wat hy kan inneem. Enersyds sal die Afrikaner se identiteit en belange in lyn met die nasie moet beweeg om sodoende binne die Nuwe Suid-Afrika deel van die mense te wees, of andersyds sal daar ’n onafhanklike republiek deur die Afrikaner gestig moet word waar sy bestaande identiteit verder kan ontwikkel maar ook waar sy belange beskerm en bemagtig kan word.
Alvorens Afrikaners kan besluit watter rigting om te kies moet daar egter geen twyfel by die leser bestaan t.o.v. wat presies bedoel word met die konsepte van identiteit en belange nie.
Faktore wat die identiteit van ’n volk bepaal is o.a. die taal wat deur volksgenote gepraat word, die volk se unieke kultuur, sy eie tradisies, geskiedenis en sedes. Afrikaners is mense wat Afrikaans praat, deel in die Afrikaner kultuur en vereenselwig met die gemeenskaplike tradisies en geskiedenis wat eie is aan die Afrikaner. Ons is ook die enigste volk op aarde wat gereeld na onsself verwys as Boere. Afrikaner of Boer, dis ons identiteit waarop geen ander volk kan aanspraak maak nie soos ons bv. nie kan aanspraak maak op die Nederlandse of Hollandse identiteit nie.
Die faktore wat die beste belange van ’n volk bepaal is o.a. die volk se reg om sy identiteit uit te lewe, ekonomies vooruitstrewend te wees, aanvaarbare vlakke van veiligheid en sekuriteit van die individu asook die gemeenskap in geheel te handhaaf, moedertaal onderrig, selfbeskikking oor sy eie instellings en ’n gesonde demokrasie.
Ons het in die jare na 1994 gesien dat die Nuwe Suid-Afrika die Afrikaner ernstig beperk om sy identiteit te behou en dat nie een van die faktore wat veronderstel is om die algehele Afrikanergemeenskap se beste belange te bevorder van toepassing op ons omstandighede is nie.
Hierbenewens sal die Afrikaner moet verengels, ’n liberaal-eklektiese kultuur moet aanhang en deel in die nuutgevonde tradisies en geskiedenis wat eie is aan die Nuwe Suid-Afrika. Indien nie dan sal die Afrikaner nooit met die Nuwe Suid-Afrika kan versoen nie of werklik deel van die Mzanzi res publica kan wees nie.
Ons het ook gesien dat daar baie Afrikaners is wat sedert 1994 hart en siel deel geword het van die Nuwe Suid-Afrikaanse, oftewel, Mzanzi-nasie. Kwessies soos identiteit en beste belange is nie werklik vir hierdie mense ’n probleem nie, want hulle kan identifiseer met Mzanzi en hulle het hul belange in lyn met die res van die nasie gebring, m.a.w. wat goed is vir die nasie is goed vir hulle. Hierdie mense verwys na hulself eerstens as Suid-Afrikaners maar gereeld ook as Afrikaanses. Hulle het reeds die rigting gekies waarin hulle hul toekoms wil bou en daarby sal Afrikaanses moet staan of val.
Nietemin is daar ’n wesenlike deel van die oorblywende pre-1994 Afrikanervolk wat nie in staat of bereid is om hul taal, kultuur, tradisies, sedes en erfenis prys te gee nie en by implikasie te integreer soos die Afrikaanses reeds gedoen het nie. Hierdie Afrikaners sukkel verskriklik om aan te pas en ervaar die hoofstroom-kultuur in die Nuwe Suid-Afrika meer onderdrukkend as bevrydend. Afrikaners se onvermoë om te transformeer word verkeerdelik beskou as rassisme terwyl dit in werklikheid rassisties is om van ’n bestaande volk te verwag om sy identiteit op te offer en self so vêr te gaan as om sy etnisiteit te vermeng om sodoende totaal te integreer met die nuwe nasie.
Nietemin is daar geen konsensus onder Afrikaners wat betref die beste koers om in te slaan nie. Die meeste Afrikaners het ’n nis gevind waarin hulle op ’n selfgesentreerde wyse kan oorleef binne die Nuwe Suid-Afrika en verbitterd toe te sien hoe hul gemeenskap stelselmatig besig is om te disintegreer. Die veronderstelde magteloosheid van ons omstandighede is iets wat baie Afrikaners al as ’n gegewe aanvaar het en derhalwe laat besluit het om liewer die geslypte byle eenkant te laat lê.
Die splintergroepies wat die Afrikaner verteenwoordig is gereeld betrokke met binnegevegte of om aanvalle op mekaar te loods terwyl net verdere mismoedigheid gekweek word en daar geen daadwerklike verskil gemaak word m.b.t. die omstandighede waarin ons moet oorleef nie. Elke haan wil net op sy eie mishoop staan en raas terwyl ons ook tot die besef gekom het dat sekere sg. aktiviste in werklikheid net besig is om hulself te bevorder omrede hulle ly aan persoonlike illusies van grootheid.
Dit is in tye soos hierdie waar emosies opsy gesit moet word en elke man, vrou en kind wat ernstig oor die toekoms van die Afrikaner is die uitdagings met ’n nugter benadering moet aanpak. Diegene wat nog vertrou dat ’n groot leier eendag gaan kom om al ons probleme vir ons op te los gaan ongelukkig verewig moet wag want geen mens is op sy eie in staat om die Afrikaner se omstandighede te verander nie. ’n Idee kan wel. ’n Groep wat die idee ondersteun kan beslis. Die groep wat die idee ’n werklikheid maak los DV baie vinnig die probleem in totaliteit op.
Wat is die idee dan en wie is die groep waarby ons moet aansluit?
Die idee is om ’n nuwe republiek vir die Afrikaner op te rig. Aangesien ons voorvaders dit in die tydperk 1794 tot 1961 al telkemale kon doen bestaan daar absoluut geen rede waarom ons dit nie vandag weer kan doen nie.
Waar dan? In ’n gebied waar dit uiteindelik vir altyd die meeste sin gaan maak om ’n land vir die Afrikaner te bou, d.w.s. waar dit haalbaar is vir die Afrikaner om die oorgrote meerderheid van die bevolking te wees en ’n volhoubare bestaan te maak. ’n Gebied wat se oppervlakte in lyn is met die Afrikaner se getalle en wat ons sal kan verdedig teen enige aggressor. Die gebied moet tans grotendeels onbevolk wees en daar moet genoegsame natuurlike hulpbronne wees om te boer, handeldryf en industrieë te skep.
Hierdie gebied was in die laat tagtigerjare reeds geïdentifiseer en bestaan uit ’n groot deel van die Noord-Kaap, langs die Oranjerivier tot teen die Weskus.
Hoe dan? Deur Afrikaner gemeenskappe te vestig in hierdie gebied word die streek bevolk deur ons eie mense. Die uitsluitlike gebruik van ons eie arbeid verseker dat ons die oorgrote meerderheid bevolking in ons eie gemeenskappe is en sodoende nie afhanklik van ander volke hoef te wees om vir onsself te voorsien nie. Wanneer dit bv. by verkiesings kom dan is al die kandidate Afrikaners wat op hul eie wyses die beste belange van mede-Afrikaners wil bevorder, eerder as om toegewings te maak sodat die belange van ander volke ook geakkommodeer moet word. Hierdie stelsel is slegs moontlik mits geen ander volke betrokke is by die funksionering van die Afrikanergemeenskap nie en derhalwe nie in enige hoedanigheid ’n faktor is nie.
Wie dan? Sedert 1991 is die Afrikaners in Orania al besig om hierdie strategie te volg en terwyl die toestande vir Afrikaners in ander dele van suidelike Afrika net agteruit gegaan het, is dit ’n totaal teenoorgestelde geval in Orania. Volhoubare ekonomiese groei en aanvaarbare dienslewering tesame met uiters lae vlakke van misdaad en hoë gehalte-onderwys is net ’n paar van die werklikhede wat in Orania seëvier. Hoekom wil mens krepeer in ’n volksvreemde republiek terwyl mens kan floreer in ’n Afrikaner Republiek? Nugter denke en logika!
Aangesien al die Afrikaners nooit op Orania kan hervestig nie weens ’n eenvoudige gebrek aan spasie is dit belangrik om nog groeipunte (gemeenskappe) in die geïdentifiseerde streek te vestig wat by wyse van die Orania-model funksioneer. Voordat verdere groeipunte opgerig kan word moet Orania egter eers ’n optimale vlak van ontwikkeling bereik sodat ons in staat kan wees om die nodige fondse, arbeid en kundigheid beskikbaar te stel sodat infrastruktuur geskep kan word vir die toekomstige groeipunte. Deur Orania te ondersteun is Afrikaners daadwerklik besig om die groter doel na te streef.
Wat die regsaspek betref is Afrikaners geheel en al geregtig om selfbeskikking oor hul eie instellings binne hul eie territoriale entiteit te hê. Artikel 235 in die Suid-Afrikaanse grondwet waarborg ons hierdie reg. Die Verenigde Nasies se manifes waarborg enige volk op aarde die reg om oor sy eie lot te bepaal op ’n wyse wat in sy beste belange is. Die beginsel van Afrikaner-vryheid is reeds waterdig en word deur die internasionale gemeenskap aanvaar – die uitvoering moet net deur meer Afrikaners aangepak word om sodoende ’n onafhanklike republiek te stig. Skep eers die realiteite sodat daar fisies ’n republiek in die lewe geroep kan word. Ons voorvaders het mos nie gedurende die 1830’s die OVS en die ZAR vanuit Kaapstad of Graaff-Reinet gestig nie of volksverkiesings gehou om hul vryheid te eis nie. Hulle het eers die nodige werklikhede op voetsoolvlak gaan vestig voordat hulle hul republikeinse vryheid kon verklaar.
Soos die Romeine hul republiek letterlik vanuit die grond opgebou het, so ook is die Afrikaner besig om vandag sy nuwe en waarskynlik ook sy laaste republiek te bou. Laaste omrede ons uit ons foute van die verlede geleer het en kan sien wat volhoubaar is, al dan nie. Hierdie keer herstel ons ons vryheid op die regte plek met die regte intensies en met die regte hande – ons Boere hande!
Rome was nie in ’n dag gebou nie maar die Romeine het immers op ’n dag begin om Rome te bou. Indien die eise wat onafhanklikheid stel vir sommige mense te hoog is dan verdien hulle nie die voorreg om bemagtig te word deur hul volk se reg op republikeinse vryheid uit te leef nie. By hierdie beginsel sal die Afrikaner moet staan of val.
In die woorde van dr. D.F. Malan, een van die vorige eeu se grootste stryders vir Afrikaner Republikanisme: “Afrikaner, waarheen is jy op pad?” “Glo in God! Glo in jou volk! Glo in jouself!”
by Orania Beweging | Jan 31, 2011 | Nuus |
21 Junie 2010

Ek het groot geword as ’n Afrikaanse meisie in ’n nie-rassistiese pastorale huis en het my opvoeding ontvang in nie-rassige skole. Mens kan sê dat ons kleurblind grootgemaak was,maar tog was daar ’n logiese grenslyn waarvan ek van kindsbeen af bewus was.
Ek onthou nog hoe ons, na 1994, verby die see gery het en toe ’n wit meisie gesien het wat hand-aan-hand met ’n swart man geloop het. Ek het onwillekeurig gestaar, nie dat dit ’n sonde was nie maar omdat dit half vreemd voorgekom het.
Vrae het by my opgeduik soos wie se taal hulle met mekaar praat, wie se tradisies geëerbiedig word en watter kulturele aanpassings hulle en hul families moet maak om hul verhouding in konteks van hul wedersydse agtergronde te aanvaar. My ma het ’n afkeurende opmerking gemaak. Rassisme is verkeerd maar om nie-rassig te wees verander niks aan die feit dat daar ’n natuurlike verdeling binne die mensdom is nie. So was ons maar groot gemaak.
Die natuurlike verdeling het selfs binne my eie rassegroep plaasgevind want die Engelse in my tuisdorp het my altyd ’nboeremeisie genoem. Ek was anders as hulle. Die Oos-Kaap is natuurlik oorwegend Engelssprekend en ek was gedurende my kinderjare altyd onder die wanindruk dat Afrikaans ’n primitiewe taal is en selfs dat Afrikaners primitiewe mense is waarop die Engelse neerkyk.
Ek het later wel tot die besef gekom dat die Afrikaner die meerderheid blanke bevolkingsgroep in suidelike Afrika is en dat ek deel van ’n volk is wat ’n merkwaardige erfenis het. Ons is anders as die res, nie beter of slegter nie – net natuurlik deur geboorte en mens-vorming in ons eie groep verdeel.
Ons was nog altyd ’n trotse volk, nie omdat ons oor die nie-blankes regeer het nie, maar omdat ons óns was. Omdat ons Afrikaners is. Dit het my lank gevat om te begryp waar ons ingebore trots vandaan kom – wat die oorsprong van hierdie ingeboude liefde vir ons volk is wat terselfdertyd ’n ongetwyfelde liefde vir ons vaderland opwek.
Dis toe dat dié boeremeisie besef het wat ek alles het en wat van my ’n Afrikaner maak. Is dit ironies dat ek myself en my eie mense eers hier in die buiteland werklik gevind het? Die ou mense het ’n gesegde wat lui: “as ’n negosiekas ’n stoel word”. As niks iets word. Ek moes myself eers losmaak van al die struwelinge in die nuwe Suid-Afrika en van meet af ’n behoorlike introspeksie beoefen om die waarde van my Afrikaner identiteit op te spoor.
Afrikaners het so baie om op trots te wees, so ’n ryk geskiedenis. Ons kan inspirasie vind in die dade van heldhaftige generaals soos de Wet, Kemp en Maritz wat die Boere kommando’s teen die Empaaier gelei het. Onthou genl. Koos de la Rey wat gesien was as een van die bevoegste militêre strateë van sy era. Min bevelvoerders kon deur die eeue soveel verliese aan die magtige Britse leër toedien as genl. de la Rey tydens ons volk se stryd om ons vryheid en onafhanklikheid te verdedig. Ons kan praat oor merkwaardige intellektualiste soos Jan Smuts – ’n stigterslid van die Volkebond asook die Verenigde Nasies.
C.J. Langenhoven, die skrywer van daardie pragtige volkslied wat ons oë laat traan: Die Stem. Jacob Hendrik Pierneef, een van die beste landskap-kunstenaars van die Twintigste Eeu. Chris Barnard, die man wat die eerste suksesvolle hartoorplanting ter wêreld uitgevoer het. Anton Rupert, een van die suksesvolste entrepreneurs van die vorige eeu. Dr. H.F. Verwoerd, die staatsman wat ons finaal uit die imperialistiese kloue van Brittanje gelei het en die beste ekonomiese bloeitydperk in Suid-Afrika se geskiedenis bewerkstellig het.
Nadat ek dit als besef het, het ek ook ’n groeiende gaping gesien: mans wat hul “karate water” met ’n pinkie in die lug drink, dames wat nie sonder ’n huishulp kan klaar kom nie en Afrikaans wat by baie gesinne in die passasiersitplek sit – kortom: ons volkstrots, kultuur en tradisies word vandag afgeskeep!
Skuldgevoelens van die veronderstelde verlede is stadig maar seker besig om ’n houvas in ons huise en binne ons kultuur te vind. Liberale breinspoeling is besig om ons te beroof van ons trots. Ek het iemand eendag hoor sê: “Die moderne Afrikaner sal nog in sy eie bed vermoor word voordat hy bereid sal wees om ’n vinger te lig om die einste bed op te maak” . Laksheid en volksvreemde arbeid is inderdaad die oorsprong van baie Afrikaners se ondergang.
Wat het geword van selfbeskikking oor ons eie lot en trots op ons eie arbeid? Waarom word ons deur ’n ander nasie regeer en hoekom kyk so baie Afrikaners neer op die idee dat ons self ons eie handearbeid kan verrig in ons huise, in ons tuine en in ons werksplekke? Daar is niks vreemd aan die edele konsep dat ’n volk homself kan regeer en sy eie arbeid kan verrig nie. Myns insiens het Afrikaners geen reg om te kla oor hul omstandighede as hulle nie bereid gaan wees om hul eie “vuilwerk” te doen nie en hulle reeds aanvaar het dat hulle verewig onderdanig aan ’n ander nasie gaan wees.
Ons lewe in ’n benoude tyd in Suid-Afrika, waar baie mense begin sin maak van die onweerswolke waarin ons onsself bevind vir die afgelope 16jaar. Daar is mense wat glo dat die “Nag van die lang messe” om die draai is. Die meriete van hierdie doemprofesie is debatteerbaar. Dit is immers ’n feit dat ’n groot deel van die volk vandag blind en doof is t.o.v. die bedreigings wat reg voor ons is en vir ons almal in die oë staar. Niemand is so blind soos die mense wat nie wil sien nie!
Talle mense, insluitend Siener van Rensburg en Johanna Brand, het al visioene gehad oor die lot van ons land en die uitdunning van ons volk. Ek is van mening dat ons tans deur ’n smeltkroes gaan wat besig is om die koring van die kaf te skei. Die joiner en die bittereinder word só geïdentifiseer: die wat verkies om heerlik stroomaf te swem, al lei dit na hul ruïnasie; en die wat besluit het om stroomop te swem vir vryheid en geregtigheid, hopelik lei dit na ’n etnies homogene Afrikaner volkstaat waar die volk selfbeskikking oor sy eie instellings sal hê. Solank as wat hierdie instellings met ons eie hande opgebou en onderhou word sal ons die morele hoër grond hê.
Dit is ongelukkig wel so dat baie mense tydens die uitstappie van sogenaamde demokrasie die pad duister geraak het, hul veggees verloor het en besluit het om maar die moord en verkragting op ons volk te verduur solank as wat hul eie sekuriteitskomplekse se hekke tog net werk en die elektriese heinings die boewe se vingers deeglik skok. En so is die leuens, korrupsie en bloedvergieting van hierdie benarde samelewing besig om talle Afrikanerharte stukkie vir stukkie te vernietig.
Vir al die gemelde redes het ’n boeremeisie besef waar haar voorvaders vandaan kom, die rol wat haar volk deur die eeue in Afrika gespeel het en nog kan speel in die toekoms. Ek weier om te aanvaar dat die stryd vir die Afrikaner se voortbestaan verlore is. Te veel opofferings was deur ons voorvaders gemaak vir ons om vandag te bestaan. Om nou ons rûe op ons taal, kultuur en erfenis te draai is lafhartig en werklikwaar te absurd om enigsins te oorweeg.
My boodskap is eenvoudig: die wat hulself nog deel van die Afrikanervolk beskou moet nóú hande vat en saamstaan deur hierdie donker tydperk. Kom ons keer terug na ons wortels, na dit waarvoor ons voorvaders gestaan en geveg het. Ons is kinders van die Here en ons moet net in Hom vertrou en glo dat Sy hand ons uit die spreekwoordelike Babilon uit sal lei. Laat Gods water oor Gods akker loop terwyl ons bid en hard werk om ons vryheid te herstel.
Soos President Kruger gesê het: “Neem uit die verlede wat goed, skoon en edel is, en bou daarop die toekoms”.
Dis tyd dat ons voet neersit en opstaan vir ons voortbestaan, tyd om te leer uit ons foute van die verlede en te begryp dat ons as bittereinder Afrikaners reeds alles het wat ons benodig om hierdie smeltkroes waarin ons onsself tans bevind te oorleef. Na oorlewing volg die soet geure van vryheid en oorwinning.
Wees nét ’n Afrikaner, jy is genoeg.

“250 000 Afrikaners teenwoordig by die inwyding van die Voortrekkermonument op 16 Desember 1949″
Rozanne Meyer
Rozanne is in 1987 in Oos-Londen gebore en het haar honneursgraad in Besigheidsbestuur by die Universiteit van Wallis voltooi. Na haar studies in Europa het sy onlangs teruggekeer na Afrika om permanent op Orania te vestig as jong besigheidsvrou, skrywer en kampvegter vir Afrikaner-vryheid.
by Orania Beweging | Jan 20, 2011 | Nuus |

Die Stem roep!
deur Rozanne Meyer
“Die Afrikaner-hart is seer en moeg, maar trou nog!” – Jan F.E. Celliers
Hierdie woorde was amper ‘n eeu gelede geuiter deur ‘n kampvegter vir die Afrikanervolk en ons taal. Gesien in konteks van die huidige omstandighede waarin moderne Afrikaners vandag verkeer, dien Celliers se woorde as ‘n inspirasie vir my as jong Afrikaner: die wete dat ons voorvaders soortgelyke uitdagings die hoof gebied het en daarin geslaag het om ons pragtige kultuur, taal en tradisies behoue te laat bly.
Egter is daar ook sg. Afrikaanses vandag soos o.a. Jan-Jan Joubert, Marthinus van Schalkwyk, Leon Wessels, Max du Preez, Carl Niehaus en Antjie Krog wat nie kan aanspraak maak op ‘n Afrikaner-hart nie. Hul aksies het reeds bepaal hoe hulle deur die nageslag onthou sal word. Trouens, indien hulle enigsins onthou gaan word dan sal dit wees in skerp kontras met hoe ons vandag Celliers, Steyn, Langenhoven, Opperman, Hertzog, Malan en van Wyk Louw eerbiedig. Die lyn is getrek en daar is ‘n groeiende Afrikaner kultuurpolitieke weerstand teen die verraad en galbrakery van die Jan-Jan Jouberts. Hul dae is sowaar getel.
Marakumi Casino Kenya is quickly becoming a premier destination for gaming and entertainment enthusiasts in the region. Offering a wide array of games, including slots, table games, and live dealer options, it caters to both novice and seasoned players. The casino features a vibrant atmosphere, complemented by top-notch services and luxurious amenities. Visitors can enjoy not only gaming but also exquisite dining options and live events, making it a perfect place for a fun night out. For those interested in exploring what Marakumi Casino has to offer, more information can be found on their official website at https://marakumi.co.ke/. With exciting promotions and a commitment to customer satisfaction, Marakumi Casino provides an unparalleled experience for both locals and tourists alike. Whether you’re looking for a thrilling gamble or just a night of entertainment, Marakumi Casino is the place to be.
Die Afrikaner-hater en die gif wat hy versprei is nietemin ‘n kenmerkende eienskap van die Nuwe Suid-Afrika. Dit laat my gedagtes dwaal oor wat presies die Nuwe Suid-Afrika dan in werklikheid is. Wees verseker, die land waarin ons vandag woon is hoegenaamd nie dieselfde land waarvoor ons voorvaders geveg het nie. Daardie beloofde land is lankal van ons ontneem, beroof deur die kommunis en sy Afrikaner-hater bondgenote.
Nie net is die Afrikaner se Republiek vernietig nie en die volk óók verraai en vermoor nie maar hierdie sameswering teen ons woed vandag sterker as ooit tevore voort. Die aanvalle op ons, gereeld in ons eie taal, op ons eie mense en op ons kultuur, taal en bestaansreg was nog nooit so groot soos wat dit tans in die Nuwe Suid-Afrika is nie.
Kwikbet Kenya provides an easy and secure way for users to place their bets and enjoy online gaming. To access your account, the **Kwikbet Kenya login** process is quick and user-friendly. Simply visit their website and enter your credentials to get started. Whether you prefer sports betting, live casino games, or virtual sports, Kwikbet ensures a seamless experience for all players. If you’re new or need assistance, check out their support resources for helpful guides. You can access the platform anytime and anywhere, making it convenient to place your bets on the go. Ready to dive into the action? Visit https://kwikbetapp.co.ke/ and log in to explore a world of exciting betting opportunities tailored just for you. Enjoy a thrilling gaming experience with Kwikbet Kenya!
Die fantasie van ‘n nie-rassige samelewing waar almal reënboogkinders is word met mening in die jong Afrikaner se keel afgewurg terwyl, in die praktyk, ‘n rassistiese ideologie van swart bemagtiging eintlik met die term “nie-rassigheid” bedoel word. Dis mos maklik vir die jong Afrikaner om aan te pas want ons is jong boompies wat gebuig kan word, gebuig móét word.
Die liberale multikulturele boodskap van TV-programme, nuus, koerante asook die hernoeming van strate, stadia, lughawens en dorpe kan ons mos aanvaar! Ons word vertel dat alles wat met die Afrikaner voor 1994 gebeur het liewers nie onthou moet word nie en by implikasie uit die geskiedenis moet verdwyn sodat ons waarlik deel van ‘n multikulturele reënboognasie kan wees. ‘n Swartreënboognasie, ja. As jy nie weet wie jou voorvaders was nie en wat jou geskiedenis regtig behels nie dan het jy mos niks om voor op te staan of om te probeer beskerm nie.
Verder, wat van die ouer bome – diegene wat geleef het in die dae toe die Afrikaner nog ‘n Republiek gehad het? Al gewonder hoe hierdie mense moet voel nou dat hulle hulself in ‘n swartreënboognasie bevind waar alles waarvoor hulle gewerk en gestry het besig is om tot niet te gaan?
Hulle is die mense wat nog suiwer Afrikaans gepraat het toe hulle jonk was en geleer was om trots op hul Afrikaner-identiteit te wees. Hul wortels was geplant in ‘n land waar orde geseëvier het en Afrikaanse volksliedjies met hartelus om kampvure gesing was maar vandag vang hul takke net die winde van verandering, vernietiging en verbastering. Die Suid-Afrika van gister en die Suid-Afrika van vandag is uiteraard meer as net twee verskillende lande, dit is twee uiteenlopende identiteite. Die resultaat is derduisende gebroke harte.
Nou sit ons almal, jonk en oud, in ‘n land wat deur ons voorvaders gebou was, waarvoor hulle gebloei het en op die ou einde eenvoudig deur die massas onherroeplik oorrompel was. Die kommunis en die Afrikaner-hater het sy oorwinning behaal. Waarin moet opregte Afrikaners dan glo vandag? Waarvoor moet ons dan opstaan? Nie vir Suid-Afrika, d.i. die oue of die nuwe nie, nee – ons moet opstaan vir ons Afrikanerskap, vir ons volk se bestaansreg en ons onbetwiste reg om vry te wees om ons taal, kultuur en tradisies uit te leef in ‘n eie Afrikaner Republiek wat op grond van Christelike waardes en oortuigings opgerig word, deur die Afrikaner vir die Afrikaner. Dit is iets om in te glo!
Ek sal so ver gaan om sê dat die Nuwe Suid-Afrika van die massas en die Afrikaner-haters ‘n samelewing is wat daagliks met ‘n virus ingespuit word. ‘n Epidemie wat sorg dat Afrikaners hulselfAfrikaanses begin noem, op hul knieë gedwing word en sodoende die sataniese omstandighede om hulle aanvaar ter wille van nasiebou. Kyk maar self en sien hoeveel mense se lewens vandag in skerwe is, verveelde ongelowiges en werkloses wat geen ambisie het om stabiliteit en orde te herstel nie. Hulle deel geen liefde vir hul volk nie en hulle het geen wilskrag om die Afrikaner se bestaansreg te verdedig nie.
Laat hulle dan aangaan en verder verdrink in die gif wat die Jan-Jan Jouberts hulle voer. Niemand is so blind soos die wat nie wil sien nie! As Afrikaner-vryheid, ons taal en kultuur vir iemand te veel, of te ekstreem is om voor op te staan dan is ek bevrees dat so ‘n persoon nie verdien om vry te wees nie. Egter is dit ‘n tweesydige swaard want dan kan so ‘n persoon ook nie sy swartreënboognasie se helde soos Mandela eerbiedig nie want ten minste het hy opgestaan vir sy mense se vryheid. Was dit ekstreem van Mandela om teen die NP Regime se rassediskriminasie op te staan? Hoekom is dit dan ekstreem van Afrikaners om teen die ANC Regime se apartheid op te staan?
Die Christen Afrikaner wat weier om verder hierdie gif te sluk moet nou sy huis in orde kry en sy taal suiwer begin praat, sy geloof koester, sy kultuur en identiteit meedoënloos beskerm deur dit op alle terreine uit te lewe. Neem die houding van ons voorvaders in: ons is nie vir onderhorigheid gebore nie!
Gedurende tye soos hierdie is daar altyd twee plekke waar Afrikaners inspirasie sal kry om weer op te staan vir vryheid en vir geregtigheid, d.i. in God se Woord en ons eie Afrikaner volkslied, Die Stem.
Matt. 5:13-14 (1953 vertaling): “Julle is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie. Julle is die lig van die wêreld. ‘n Stad wat bo-op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie.”
“Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou. Skenk ook ons die krag, o Here, om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vad’re vir ons kinders erwe bly: knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry […] Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer – met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer.” – Die Stem (Roep!)