Pieter du Toit en Lizel Steenkamp se artikel, getiteld “Zuma aan Afrikaner: Dáár is jou tuiste”, wat op 17 Februarie in die Beeld verskyn het, het betrekking.
Jacob Zuma en die ANC maak ‘n groot fout as hulle dink dat Afrikaners tevrede gaan wees met ’n sg. “sielkundige tuiste” waar ons almal gelukkig en vry kan wees terwyl alle beskaafde norme en waardes om ons verkrummel.
Ek wonder wat die ANC gedurende die apartheidsjare sou sê as die NP-regering vir hulle aangeraai het om eerder ’n sielkundige tuiste te vind waar hulle die verkiesings kon oorheers en Suid-Afrika se rykdom kon plunder as om in opstand te kom teen die diskriminasie wat swart mense moes ervaar.
Die ANC-regime diskrimineer daagliks teen die Afrikaner en dit is net ’n kwessie van tyd voor dié groep ook in opstand gaan kom teen die tirannie wat hulle in die gesig moet staar. Plaasmoorde, geweldsmisdaad, werkloosheid, rasstellende aksie (AA), politiese polarisering, aanval op Afrikaanse moedertaalonderrig, grondhervorming, massa-korrupsie ens. dryf al hoe meer Afrikaners na republikeinse onafhanklikheid. Insgelyks sal ’n Afrikaner Republiek oor sy eie fisiese grense beskik wat niks met Zuma se sielkundige of denkbeeldige heimat uit te waai het nie.
Dalk moet Zuma en sy hofnar, nl. Malema, gerus weer ’n besoek aan Orania gaan aflê en sien hoe Afrikaners daadwerklik besig is om hul vryheid te herstel. Duidelik het nie een van die twee genoeg opgelet toe hulle die Afrikanertuiste onlangs besoek het nie.
’n Kristalhelder teken van ’n mislukte staat is wanneer die regering nie die land se grondwet ken of verstaan nie. Artikel 235 stel dit pertinent dat enige taal- en kultuurgemeenskap, soos die Afrikaner, die reg tot selfbeskikking binne ’n territoriale entiteit het. Nêrens in die grondwet word daar verwys na ‘n sielkundige tuiste nie.
Zuma het verder benadruk dat die Afrikaner nie ‘n eie grondgebied, soos Orania, mag afbaken nie. Dit is blatante minagting vir die Afrikaner se grondwetlike reg op selfbeskikking en as Zuma vir een oomblik glo dat Afrikaners gaan aanvaar dat ons net ’n “sielkundige tuiste” binne die ANC se benarde swart reënboognasie kan hê dan het hy en sy regime ‘n groot verrassing wat vir hulle wag.
Oor een ding tref Zuma wel die kol: die Afrikaner het ’n bydrae gelewer tot die ontwikkeling van Suid-Afrika. Inteendeel, die Afrikaner onder leiding van dr. H.F. Verwoerd het die Republiek van Suid-Afrika gestig en dié land kortliks daarna bestuur tot die mees ontwikkelde staat in Afrika. Vandag is dit nie meer die Afrikaner se land nie en meeste van ons het nou al vrede gemaak daarmee. Nietemin, ons het wel die vermoë om ’n staat van die grond af op te bou. Die Afrikaner se voorvaders het dit deur die eeu deeglik bewys en ons bewys dit tans weer vanuit Orania.
Sterkte Zuma. Hou maar jou sielkundige tuiste want ons is heelwat beter daartoe in staat om onsself in ons eie republiek te regeer as die voorbeeld wat jy en jou party oor die afgelope 17 jaar in die Nuwe Suid-Afrika vir ons gewys het!
Klik op Beeld om die onderhoud met Pres.Zuma te lees.
Baie mooi. Hulle wil alles hê en ons moet tevrede wees met lugkastele. Ek dink dalk voel hulle verleë omdat enige sukses hulle totale mislukking beklemtoon.
Amen!!
Willem ek glo hulle voel nie net verleë nie,maar begin vir die eerste keer regtig besef hoe sterker en sterker ons volk besig is om as eenhied saamgevoeg te word. En die grap is dat dit juis deur hulle toedoen is dat die Afrikaner weereens gaan saamsnoer in ‘n hegte band wat van ons die gedugte Afrikaner Volk maak oor wie se vermoëns en heldhaftigheid deur intellektuele wêreldwyd vele kommentare gelewer was.
Zuma en kie hoor dit seker al tot in die parlement weergalm:
“… die MAGTIGE dreuning, oor die veld kom dit aan gesweef, die lied van ‘n volk se ontwaking, wat harte laat sidder en beef….”
Soos die Orania Beweging se leuse dit dan ook uitdruk:
“ONS IS NIE VIR ONDERHORIGHEID GEBORE NIE”
Die Afrikaners an n Volk en selfstandige nasie benodig hulle eie land sonder anderskleuriges en ander rasse wat hule regeerders is.
Alleenlik Afrikaaners sal die kan bewerkstellig en moet dit flink doen ook
Quintin die arme man verwar ons met van die praat-praat groepe wat in virtuele state glo.Die kuberruim is nie vir ons nie. Orania is ‘n rerigheid.Dit bestaan werklik! Tog moet ons nie te hard veroordeel nie want elke keer hy dat of enige van sy trawante Orania besoek,of oor Orania praat, kry ons ‘n goeie dosis gratis publisiteit. Ons moet dan suke geleenthede gebruik om vir die twakpraters ore aan te sit. Na naspers se referendum, wat hulle toe soos ‘n boemerang teen die kop getref het, het daar ‘n ommeswaai gekom. Die publisiteit was soos goeie reens na ‘n groot droogte. Naspers het dus geleer om maar eerder versigtig te wees, JZ en kie sal nog daai les wel nog leer.
Does Zuma really think that most of is still give a rats behind of what he and the ANC government think or try to dictate?
He obviously didn’t pay attention during history class.
Even his foreign support puppet masters are getting sick of ANC mismanagement and embarrassments.
Die ANC se missie (http://www.anc.org.za/show.php?include=docs/misc/2010/anc.html) se dit als:
“Aims and Objectives:
The ANC`s key objective is the creation of a united, non-racial, non-sexist and democratic society. This means the liberation of Africans in particular and black people in general from political and economic bondage…”
Lees mooi: “… creation of a […] non-racial […] society. This means the liberation of Africans in particular black people in general…”
Ek stel nie belang in die verdere bevryding van reeds bevryde swart mense. Wat wel saakmaak is die bevryding van die Afrikaner wat deur die ANC onderploeg word. Die rol wat Orania speel in die bevryding van die Afrikaner is van kardinale belang. Sonder Orania het ons REGTIG NIKS dus moet ons Orania bevorder, uitbrei en ondersteun met alles wat ons het.
Ek meen regtig – dis ook nie ‘n geval van die ANC wat hul misie ‘n staatsgeheim hou nie. Verder is dit ook nie ‘n geval van die ANC wat ooit by ‘n stembus geklop kan word terwyl hulle die septer swaai nie.
Afrikaners het ‘n eenvoudige keuse: onderdanigheid of onafhanklikheid…
Staan saam met Orania of staan alleen!
Hierdie in die beeld vandag 23/02/2011
http://www.beeld.com/In-Diepte/Nuus/Lang-vryheidspad-le-voor-20110222
I dont want to compare the Amish County in America with Orania but it seems to me that their are comparisons. They seem to have a thriving economy within the broader state of Pensylvania USA. Does anyone know much about them?
Kyk nie naar die Amish nie. Dit word regtig tyd dat die Orania Beweging kontak gaan soek met die munisipaliteit Staphorst in Holland. Daar woon nog Hollandse Boere.
En ‘n ekonomie opbou kan ook as jy ‘n klein land is, maar dit wil nie sê nie dat ek saamstem met ‘n Volkstaat (niemand sal dit erken), maar misskien is ‘n Volksprovinsie ‘n idee?
Laat eers die munisipaliteitstatus van Orania goed wees, dan kan julle verder kyk.
Groete uit Holland
Die ANC sien dat die beheer en toestand van die Wes Kaap ‘n groot sukses is, nou wil hulle dit met alle mag terughe. Orania is ook ‘n groot sukses en sodra die plek groot en welbekend is gaan hulle dit ook wil oorneem. Ek wonder net hoe gaan Orania dit weerhou?
Ek wonder ook party dae hieroor, maar onthou dat revolusie besig is om soos ‘n veldbrand in die noorde van Afrika en midde ooste te versprei. Hier is meer as 50-miljoen mense in SA en die nood is groot. Dinge is aan die broei en met ‘n klein bietjie geluk gaan hulle hande so vol van hulle eie misoes wees dat hulle nie tyd sal hê om aan ons te dink nie.
Ons moet hulle mooi dophou maar ons moet op ons eie toekoms fokus. Baie mense fokus te veel op hulle haat vir die vyand en nie genoeg op hulle liefde vir hulle eie mense nie.
Pieter,die vrese wat jy hier opper kom so algemeen voor en dan wonder ek hoekom? Daar was tog nog geen teken van aggressie vanaf die huidige regering se kant af nie! Inteendeel,eerder so ‘n paar welwillendheidsbesoeke pleks van dreigemente! Selfs Thabo Mbeki,by wie die anti-wit gevoel nie ver onder oppervlak le nie,het gese “kom met iets vorendag wat nie misken kan word nie en praat dan” Orania is so ‘n onmiskenbare werklikheid hoewel dit nog so bietjie lyf kortkom!Ook dit,glo ek,is net ‘n kwessie van tyd! Wat die kritici uit die oog verloor is dat die dinge waarin Orania nog te kort skiet besig is om in plek te kom! Mevr.Betsie Verwoerd het destyds,seker maar spottend, gese dat sy nie Orania toe sal kom as daar nie ‘n haarkapster vir vroue is nie,vandag is daar soveel meer om dit vir die bedorwe stedeling aantreklik te maak.Jou vrees is ook te verstane by ‘n volk wat die eendag nog in beheer van so baie was en die volgende dag is die matjie onder hulle uitgeruk danksy die onbeholpe onderhandelings van onbeholpe politici.Die besef daarna deur ons dat daar klein en van vooraf begin sal moet word aan die bou van ‘n nuwe toekoms het was nie maklik nie! Tekens dat die idee wel begin posvat en momentum kry is gelukkig daar. Die groter belanstelling in en erkenning van Orania is bewys daarvan. ‘n Goeie maatstaf is die waarde van eiendom,in Orania het eiendomspryse die hoogte ingeskiet. Die nadeel hierin is dat dit vir baie beperkend is maar die Orania Beweging,verstaan ek,gaan eersdaags nog sowat viehonderd woonerwe vrystel.As dit so aangaan het Orania eersdaags ‘n sustersdorp!
Was nog nooit in Orania nie. “maar” ek beskou dit lank reeds as die kern van my eie nuwe Tuiste.
Hoe gaan mens tewerke om daar te gaan bly????
Nog nooit n advertensie gesien, gelees of wat ookal om my daarheen te lok nie. Dit is amper n plek soos die hemel, maar jy moet eers wag om dood te gaan voordat jy toegelaat sal word om daar te gaan woon.
Maak oop die plek!! (SLEGS WIT) (DIT IS MY VOORWAARDE) Anders bly ek waar ek is.
Met genoeg Wittes wat daarheen trek sal die grense van Orania vanself al hoe groter gevorseer word.
Ek wil sien hoe en deur wie ons hierdie keer gestuit gaan word.
Die Oranje rivier se naam sal ook Bloed rivier word.
Ek dwaal baie rond op die internet, en merk dat die Swart regering nie meer die steun geniet wat hulle gehad het nie. Die stille swye bewys dit. Die wit Afrikaner het meer mense wat hulle doelwit steun in die wereld as wat daar Afrikaners is.
Nou demmit mense kom ons annekseer dood eenvoudig n stuk aarde en bou vir ons nageslag n plek waar hulle veilig kan woon en werk.
Ons sal nooit met mooipraatjies so n stuk aarde kan bekom nie. Jy kan slegs onderhandel vanuit n magsposisie.Hulle sal ons eenvoudig DOOD IGNOREER!!!!.
Groot groete aan almal.
Arnie.
Arnold Stem 100% saam, ons kyk al jare na Orania, maar partykeer wonder of mense besef hoe groot steun ons ervaar uit Europa en self Amerika. Die idee dat Orania wat kan uitbrie tot groot staat nooit sal kan aanvaar word deur die Buite wereld nie is soos kaf in die wind! En ja die ANC het so baie probleme dat hul begin bekommert raak oor al die sub skollie organisasies wat wegbreek van die ANC…Maar die Idee dat Oranie wil onderhandel en ander kleurige inwoners sal aanvaar, laat my en duisende wonder hoekom ons Orania moet beskou as Afrikaner tuiste….Ons kan more oggend duisende daar gaan vestig, maar ek kry meer die idee dat Orania nie wil ontplof nie, maar eerder wil klein bly! Dus die meeste se gevoel, asb se vir my ons is so bitter verkeerd, wat ek sal so bly wees is as ek verkeerd is. Ons is uisende wat glo Oranie die nuwe tuis land hoekpaal kan wees maar ons moet eers masiewe Afrikaner tuiste bou en uit sentrale punt beweeg voor ons uit spry!
Die geheim is om genoeg skenkings in te kry om so sylangs nader aan die see te kan kom, deur erwe en klein dorpies selfs op te koop.
Daar is genoeg plekke wat aan die sterf is. Afrikaners moet nou hand in eie boesem steek en vorentoe begin loer. Nog 10 jaar tenminste….dus is die kardinale punt dat daar meer geld moet inkom vir die aankoop van dorpies wat see se kant to staan- die see is die pad na die wereld en die pad na ons toe. Invoer en uitvoer – sal die persepsie van” verkrampte mense-” uit die weg ruim.
Vat die mense wat in wit plakkerkampe is en laat hulle ook selfsorg in die opgekoopte dorpies begin. Al is dit net ‘n kleinhoewe in elke dorpie tot by die see, waar selfsorg mense uit pakkerskampe kan begin. ‘n Dorp, ‘n stad, ‘n staats area.
Die Volkstaat moet geld kry en ‘n debiet order op elke Afrikaner se rekening vir slegs 20 rand- kan al ver gaan. Maar kyk vorentoe en koop die grond in die klein dorpies op tot by die grens van ‘n buurland of tot by die oseaan. Orania mense kan dan uitvoer en invoer.
See the bigger picture and make a bigger donation. Ons Afrikaner sterre kan ook fondse insamle vir Projek Gousblom vir vroue en kinders- as hulle optree. Komaan mense. Ons moet vooruit dink.
Ester, man jy is vrou so na ons hart….Hoe kan ons deel word van die projek, ek het toegang tot duisend mense wat R100 per maand sal skenk wat kan gebruik word vir die aankoop van grond, en ja al vat dit 10 jaar sal die droom lewe en ons eie Volks Staat sal tot stand kom…Die Volkstaat het kuslyn nodig en ja dit is die pad na die wereld! Daar is honderde duisende wat nou eers die uit einde van Suid Afrika besef al het ons die al jare geweet!
Jy is n ster Esther! Waar is al die ander mense met “guts”?
Ons het meer plan makers nodig. Daar is baie mense met uitstekende idees, maar dit lyk my hulle is nog so n bietjie skaam of is dit dalk suinig met hulle planne.
Ek vind dat omtrent almal wat regtig n eie staat wil he, n soort van wag en sien houding het. Wie wag nou eintlik vir wie? Niks keer niemand om n begin te maak nie. Geleenthede en infrastruktuur is reeds geskep. Dit is ook volkome veilig. (Daar)
Koop solank n flentertjie grond. Betaal dit af soos jy n motor of wat ookal afbetaal. Haas jouself tydsaam.Grond of vaste eiendom was nog altyd een van die beste bellegings wat mens kan maak.