
Die Spaanse Ryk was tot en met die jaar 1700 deel van die Habsburg Monargie. Die Habsburg Monargie was daarop uit om die hele wêreld te regeer deur die Katolieke geloof op oorwonne volkere af te dwing. Die Nederlande is in 1543 deur die Spaanse Ryk verower. In 1568 breek die tagtigjarige oorlog uit. Hoewel Koning Philips aanvanklik sukses bepaal gee die noordelike Nederlande, wat intussen toenemend Protestants geraak het, nie moed op nie en hou aan veg. In 1581 behaal hulle sukses en word die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande geskep.
Die tagtigjarige oorlog kom eers in 1648 tot ‘n algehele einde. Drie jaar na die totstandkoming van die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande word Willem van Oranje op 10 Julie 1584 deur ‘n Fransman in sy woning in Delft doodgeskiet. Wat is die relevansie hiervan vir die Afrikaner? Willem van Oranje was en is vandag nog dié sentrale figuur in die Nederlanders se stryd om selfbeskikking. Die tagtigjarige oorlog het gegaan oor die vryheid van ‘n volk om oor homself te regeer.
Die oorlog het egter ook oor godsdiensvryheid gegaan. Die onderdrukking van Protestante in Wes-Europa gedurende die sestiende en sewentiende eeu is welbekend. Baie van hierdie Protestante het na die vestiging van ‘n handelspos en uiteindelik ‘n volwaardige kolonie deur die Nederlanders, in die Kaap kom vestig. Baie van die einste Protestante wat aan die Kaap kom vestig het en dus ons as Afrikaners se voorsate is, was op hul beurt nasate van die Nederlanders wat saam met Willem van Oranje om vryheid vir die Nederlande geveg het. Ons het dus ‘n direkte band met Willem van Oranje en die stryd om vryheid wat hy meer as 400 jaar gelede gelei het.
Willem van Oranje is nie net vir Nederlanders nie, maar ook vir Afrikaners ‘n groot historiese leier wat onthou en herdenk moet word. Willem van Oranje se leuse was altyd: “Ek sal handhaaf!” Hy het ons daaraan herinner dat selfs wanneer daar geen hoop om sukses is nie, ons steeds moet volhou en volhard. Afrikaners kan gerus Willem van Oranje as volksheld herontdek en leer uit sy voorbeeld, deursettingsvermoë, nederigheid en bowenal sy diep geloof en vertroue in God. Dan sal vryheid ‘n werklikheid kan word.
Leuk om te weten dat Willem van oranje geen woord Nederlands sprak.
Toch een van de grootste Nederlanders ooit.
Hoe weet u dit zo zeker, Jeroen?
O ja, in goed Nederlands word ‘oranje’ in ‘van Oranje’ met hoofdletter geschreven…
Jaco Kleynhans, baie dankie vir hierdie insiggewende bydrae.
Jij hoeft mij geen u te noemen.
Geschiedenis boeken lezen en je had het ook geweten.En er bestaat ook nog zoiets als internet
Tevreden ‘ropie’?
Uit wat ons volksplanting sou word, word die saad van ons Boere-Afrikaner volk geplant, uit die staanspoor Christelik-protestants van oortuiging, die vryheidsdrang in ons wese.
Ons neem ook die Prinsevlag as simbool en dit sou in bykans elke vlag van ons volk deel wees (hetsy as oranje of rooi) en ons moet hierdie erfenis en lang verbintenis met ons oorsponklike herkoms koester.
dankie vir die herinnering hieraan!
uit Wikipedia
“Aan het hof van keizer Karel werd de Duitstalige Willem ingewijd tot diplomaat. Hij leerde Latijn, Frans, Spaans, Italiaans en het plaatselijke Nederlands. ”
Willem van Nassau wordt geboren op 24 april 1533 op het “Hooge Huis” te Dillenburg” als zoon van Graaf Willem van Nassau en Juliana van Stoltenberg. Het huwelijk tussen zijn oom, René van Châlon (Prins van Oranje), en zijn tante, Anna van Lotharingen, blijft kinderloos en daarom erft hij na de dood van zijn oom, op 11-jarige leeftijd ‘al zijne goederen’. De jonge Willem wordt met het Lutherse geloof opgevoed. Na de afhandeling van de erfenis , waarbij hij onder andere de titel “Prins van Oranje” verwerft, moet Willem naar het hof in Brussel om opgevoed te worden als goed katholiek door de landvoogdes Maria van Hongarije. Volgens zijn voogden en gouverneurs verloopt zijn ontwikkeling gunstig. Hij krijgt les in de talen Latijn, Duits, Frans, Spaans en Italiaans. Ook krijg hij les in het Nederlands, hoewel hij Duitse woorden in de Nederlandse taal mengt. Bovendien gaat hij naar een goede Brusselse school om de Krijgskunde en de Diplomatie onder de knie te krijgen.Wat erg opvalt aan de jonge Willem is zijn levendigheid, zijn zelfbeheersing en het gemak waarmee hij zich door middel van woorden kan uiten.
Dat je wiki als bron gebruikt zegt al genoeg.Iedereen mag daar de grootste onzin als waarheid verkondigen.Maar iedereen mag van dat nl spreken geloven wat hij wil,daar stond Willem trouwens ook voor.Dubbelzinnig niet?
Is dit so moeilik om op die punt te fokus, en nie n ou spel foutjie oor te sien nie. Is dit nou hoe ons saam staan?
Deon, ek reken die uitwys van die spelfoutjie is goed bedoel en beklemtoon dat dié Oranje eintlik ‘n pleknaam is soos Orania eerder dan orania met ‘n kleinletter.
Dit is ongelukkig so dat die vlak van spelling deesdae skrikwekkend is en ons almal baat kan vind by goedbedoelde teregwysings – dit moet net nie hovaardig of neerhalend wees nie!!
Ek verstaan dit ja, maar n mens moet ook nie n fout met onvermoe verwar nie. Ek is seker as hy dit weer gelees het sou hy dit self gesien het, so wat ek bedoel het is dat dit onnodig is om uit te brei daarop. Ons is tog almal grootmense. Ek self het tien jaar laas in Afrikaans onderig gekry, al my werk en my wereld is in Engels, ek het ook nie tyd om naweeke spel oefeninge te doen nie, wat my laat kop krap is mense wat elke dag Afrikaans skryf het altyd n se oor hoe mense spel wat min Afrikaans skryf. Ek het nie die omstandighede in die land gekies nie. Ek maak maar die beste daarvan, in elkgeval als deesdae is Engels en meeste Afrikaaners kan die taal nie eers reg praat nie. Onthou die jong mense van vandag het nie als verengels nie die land het.
Marnix van Sint-Aldegonde – die skrywer van die Nederlandse volkslied Het Wilhelmus – het in die daaglikse lewe ewe-eens Frans gepraat. Die Franstaliges het mos in die Sestiende-eeuse vryheidstryd ‘n groot rol gespeel omdat hulle, eweas die Hugenote aan die Kaap, Protestante was wat gesoek het na godsdienstige vryheid:
http://www.roepstem.net/geuzen.html