Waarheen is jy op pad? Is dit nie een van die groot vrae nie. Waarheen is ons op pad? Ek sien ’n foto van ’n advertensie bord op ’n besige snelweg, dit vra: “Why do you keep doing this to yourself?” Wreed. Wanneer ons so ’n oomblik tot stilstand geroep word, tydjie vat om te dink, wat is jou antwoord op bogenoemde vrae?
So tussen die “jou kombers en my matras” deur marsjeer die volk agter wolkkolomme aan, soos Lucas Maree dit gesing het. As die rookwolk bo die stad immers ’n wolkkolom genoem kan word. Een van my stadsvriende vertel vermakerig hoe hy die oggende 5:30 opstaan tot die lieflike gehoes van die voëltjies.
Die Dave Matthews Band wy ’n hele lied aan die miere wat marsjeer. Soos “Ants Marching” beskryf hy die mensdom en die Prediker beskryf dit alles as ’n gejaag na wind. Ons jaag nie na wind nie, ek jaag, of kruip die N1 langs, in my opmars om my deel te doen, my brood te verdien, om terug te jaag na my veilige kompleks in die ooste. Kompleks, inderdaad die regte woord, want ons beleef juis ’n kompleks, ’n intense en verwarrende identiteitskompleks. Kyk in die spieël terwyl jy skeer of grimering doen. Beleef die kompleks. Werk toe, terug, werk toe terug, werk toe terug. Vasgevang in die mars van die lewe. Waarheen is jy op pad?
Ek bewonder en verwonder my aan diegene wat daagliks heen en weer marsjeer. Ek haal my hoed af, ek salueer. Om jou lewe op te offer vir iets so klein soos net jou eie bestaan verg werklike oortuiging. Ek vra om verskoning vir die sarkasme, dit kom van ’n goeie plek af. Miskien is die mensdom se gevoel van sinneloosheid en nutteloosheid juis dit, juis die feit dat wat jy doen, waarvoor jy studeer en alles opoffer, sinneloos is. Ek wil jou nie negatief maak nie, dit is ons as mensdom sommer vanself, ek wil ’n alternatief aanbied.
Wat is jou eindplan? Is dit die volgende groot reis, die aanbouing aan jou huis, die aankoop van die nuwe Hilux? Is dit jou kinders deur universiteit kry, jou skuld afbetaal, verhoging of bevordering? Daar moet tog iets groters wees; meer wees waarvoor ons marsjeer; meer as dit as die rede vir ons bestaan.
Bob Dylan sing: “How many roads must a man walk down, before you call him a man?” Koos du Plessis sing “en eindelik was almal maar net kinders van die wind…” Ek gaan met Koos verskil en vir Bob antwoord. Ons is meer as kinders van die wind, ons is knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry. “How many roads?” miskien net een, die pad na vryheid. Die FAK sing “we are marching to Pretoria,” ons sing “We are marching to Orania”
Ek bied dit aan as sin, as alternatief, as iets groters as jy: “Eendag in Orania”
Kruip môreoggend N1 langs, maar kruip met ’n doel, met ’n visie, met ’n plan, kondig sommer jou plan luidkeels aan: “We are marching to Orania, Orania, Orania. We are marching to Orania, Orania all te way…” Eendag in Orania.
Ek se jou wat. Bied my ‘n lewe aan, m.a.w ‘n salaris waarmee ek kan leef en werksure wat my lewe nie absoluut oorheers nie en ek kom bou saam met julle aan ‘n toekoms. Die hemel alleen weet julle bied reeds iets anders aan waarna ek smag. Rustigheid en veiligheid.
Die wonder van Orania is juis die feit dat als wat ons hier doen, bou aan die Stad vir ons mense. Hein ons werk hard hier, maar ons slaap die rustige slaap van iemand wat werk aan iets groters. Soos meer mense betrokke raak by die Orania Beweging, versnel die groei en soos die groei versnel skep ons meer geleenthede. My punt is dat al kan jy nie op hierdie stadium die skuif maak nie, jy kan help bou omdat meer mense, soos jy ook, inkoop op die idee, die droom maar ook die realiteit. Jou skrywe maak my opgewonde, want meer mense marsjeer saam, bou saam, staan in die oggend op met ‘n “Eendag in Orania” kreet in hul hart. Van reg oor die wêreld bou mense saam aan die stad en elkeen van ons is Die Klein Reus. Miskien kan ons verder gesels oor moontlikhede oor hoe ons van oral oor meer betrokke kan raak. Die eerste en eenvoudigste stap is lidmaatskap by OB maar die belangrikste is om die idee met ons mense te deel. Hein, “Eendag in Orania”
Pieter het jy vir my ‘n kontak r sodat ons kan gesels?
0532070062 of 0829583571
Die moelike kopskuif om te maak – en dis my definisie van geloof – is om op te pak en te gaan. Dit wat ons nou doen kan ons netsowel daar gaan doen. n Groot positief is natuurlik dat as jy daar is sien jy gewoonlike geleentheid raak om jou daaglikse brood te verdien. Kan dalk net ten goede wees
Bennie ons is deel van iets veel groters as onsself. Ek glo ons het geleentheid om hier iets te skep waaroor die volgende geslagte liedere sal sing en legendes sal vertel. Ek kyk vanoggend na my Orania vlag, ek kyk na die Klein Reus en raak skoon nostalgies. Ons leef in tye waar legendes gebore word. Van Riebeeck,Kruger, De Wet, De la Rey, en wie weet Burger en Boshoff en Kleynhans. Opwindende tye. Eendag sal ons agter kleinkinders in die parke van die Stad vir die Afrikaner kan speel en vertel van Oupagrootjie se lewe in dieselfde trant wat hulle oor die Retief en Potgieter praat. Opwindend.
Ja, ek worstel ook baie oor wat sinvolle lewe is.
So besig om te sorg vir my gesin, kinders se opleiding.
Probeer iets bymekaarmaak sodat die volgende geslag beter af sal wees.
Dis ongelukkig noodsaaklik.
Droom ook nou al nader van ” Eendag Orania”
Wil graag n bydrae maak om in ander mense se lewens n verskil te maak.
Dink net aan vroee kinderontwikkeling in kinders van eenvoudige werkers op Orania–ontsluiting van verborge talente
Dis my droom !!
Dankie vir n lekker besinning