fbpx

Toe ek verlede Dinsdagoggend saam met mede-Oraniërs die bitterkoue trotseer om Bittereinderdag by die nabygeleë Doornbult Konsentrasiekampterrein te herdenk, het ek weer oor die Afrikaner se verhouding met die Britte begin dink. Dit is net asof daar te veel uitstaande sake is wat ten spyte van die Afrikaner se opkoms in die middel van die twintigste eeu nooit behoorlik hanteer is nie.

Ek moet onmiddellik kwalifiseer dat die uitstaande sake vir my nie oor die verhouding tussen Afrikaners en Engelssprekende Suid-Afrikaners is nie, maar wel tussen Afrikaners en Brittanje as moondheid. Daar is baie Engelssprekende Suid-Afrikaners wat sterk met die Afrikaner assosieer of ons ten minste goedgesind is.

Wat Brittanje aanbetref het ek egter ‘n hele paar dinge wat my verhoed om gemaklik oor hulle te voel. Om die waarheid te sê ek is verstom oor hoe gemaklik die meeste Afrikaners met die Britte geraak het – ‘n tendens wat ons al kort na die Tweede Vryheidsoorlog begin sien.

Indien ons die pad wat die Afrikaner gedurende die twintigste eeu gestap het gaan analiseer sien ons watter wesenlike effek die oorlog, maar veral die Britte se verskroeide aarde beleid op die psige van ons volk gehad het.

Wanneer jy kyk na die persentasie van Afrikaners wat direk by die oorlog betrokke was of daardeur geaffekteer is, begin jy te meer besef dat die oorlog Afrikaners in hul wese moes verander.

Die na-oorlog lewe van die Afrikaner was in baie opsigte iets anders as die voor-oorlog lewe. Gesinne is uit mekaar geskeur en soms heeltemal of byna heeltemal uitgewis. Plase is verwoes en van ‘n eie regering en ‘n eie land het niks oorgebly nie. Ek dink wat egter amper nog erger is, veral wanneer ons vandag terugskouend kyk, is die verlies aan selfvertroue wat daar onder groot dele van die volk bestaan het en selfs ‘n mate van skuldgevoel onder baie Afrikaners omdat hulle gevoel het dat die lyding in konsentrasiekampe deur hul besluit om oorlog te voer veroorsaak is.

Daardie verlies aan selfvertroue en gevoelens van skuld het vir lank na die oorlog die wyse waarop Afrikaners opgetree het bepaal. Ek is oortuig daarvan dat dit deel van die rede is waarom soveel gesinne na die stede verhuis het en skielik bereid was om in haglike omstandighede in die myne en ander industrieë onder die Britse base te gaan werk.

Die opkoms van die Afrikaner en veral Afrikanernasionalisme vanaf die 1940’s tot ten minste diep in die 1960’s is keer op keer inherent deur die psigologiese gevolge van die oorlog beïnvloed.

Ek wil die heeltyd daardie byna sinnelose vraag vir myself afvra: Waar sou ons vandag gewees het sonder die oorlog?

Soms wens ek ook die Boere het anders na die oorlog gereageer. Meer sinvolle woede en minder van ‘n gevoel om verslane te wees. Meer strategiese denke as uitsigloosheid. Meer van ‘n poging om na die voor-oorlogse waardes terug te keer eerder as ‘n byna aggressiewe poging (veral na ’48) om tog net nie so minderwaardig soos wat Milner ons wou uitbeeld voor te kom nie.

Vandag nog beleef ons ‘n vreemde verwydering tussen Afrikaners en kultuurbeoefening uit vrees om agterlik oor te kom. Meng dit met die psigologiese effek van skuld weens apartheid en jy kry ‘n volk wat eintlik net wil vlug van wie hy werklik is.

Dit bring my terug by die verhouding tussen Afrikaners en Brittanje. Waar die aggressor in baie oorloë later om verskoning vir sy dade gevra het en aktief meegewerk het om dit reg te stel het die Engelse ons nog net altyd met dieselfde argwaan bejeën. Voor die oorlog was ons barbare wat nie die grond waarop ons geleef het verdien het nie. Na die oorlog was ons net goed vir slawe-arbeid en gedurende apartheid is hulle weereens reg bewys oor hoe ‘n afskuwelike volk ons is weens ons vreeslike onderdrukking van swart mense – iets wat in ‘n groot mate natuurlik deur hulself begin is.

Tog sien ons vandag dat Afrikaners min kwade gevoelens teenoor die Britte openbaar. Honderde duisende Afrikaners woon in Brittanje of het die afgelope paar jaar vir lang tye daar gewoon.

Ek sê glad nie dat dit verkeerd is nie, maar wonder tog of dit reg is dat ons alles maar net vergeet. Moes die koningin nie minstens kom om verskoning vra het nie? Moes hulle nie meer gedoen het om konsentrasiekampkerkhowe te bewaar nie? Moes hulle nie meer gedoen het om die Afrikaner te help om sy trots te herwin nie?

Wat voorts vir my vreemd is, is die internasionale onkunde wat daar oor die Tweede Vryheidsoorlog bestaan. Daar word nie in Hollywood films hieroor gemaak nie, ten spyte daarvan dat dit die bloedigste en duurste oorlog vir Brittanje in meer as 100 jaar was. Wanneer oorloë by universiteite, konferensies en selfs binne ‘n meer populistiese doemein soos televisie bespreek word, hoor ons weinig iets van hierdie oorlog. Dit is asof die vuilheid van die Afrikaner se internasionale beeld ook ‘n publieke verhoog vir die oorlog verhoed.

Indien Afrikaners hul eerbare plek as ‘n sterk identifiseerbare volk in die wêreld wil opneem moet ons meer doen as om net onsself as aanvaarbaar binne liberale Westerse norme te probeer posisioneer. Ons sal ook ons geskiedenis met trots weer ons eie moet maak. ‘n Natuurlike spanning met Brittanje mag dalk net die vlak wees wat ons nodig het om weer nader aan mekaar en ware Afrikanerkultuur en –waardes te kom. Daar is baie voorbeelde in die wêreld waar so ‘n natuurlike spanning juis tot die heropkoms van ‘n volk gelei het.

21 Comments

  1. Gawie Snyman

    Baie interessante perspektief Jaco.

    Ek is egter van die opinie dat die liberale Weste tans mee werk aan die ondergang van eens trotse Europese volke asook die WASP Amerikaner.

    Strominge binne Europa blyk alreeds na alternatiewe antwoorde tot die na-sestigs Westerse liberalisme te soek.

    Enige poging van die Afrikaner om haarself binne die paradigma van die liberale Weste (meer en meer sosialisties) te posisioneer sal katastrofies wees, want dit sal nooit die oorlewing van die Afrikaner as volk waarborg nie.

    Die idioom vir liberale Westerse denke in SA is die DA en kyk net na hulle beleid mbt “land reform”, “AA” en “BEE” …

    Wanneer daar na posisionering gekyk word, moet die Libertaristiese stelsel soos verkondig deur die Oostenrykse Skool dalk oorweeg word.

    Nie net bied dit antwoorde op oorlewing van Afrikanertradisies en Christelike waardes nie, maar is dit maklik om die beginsels daarvan in liberale Westerse terme te verduidelik en so ondersteuning en goedkeuring te werf.

    Om dan terug te kom na die Britte, dink ek dit sal baie hartseer wees as ons volksidentiteit en politiekie denke steeds deur Brittanje dikteer word, hetsy of dit weens sommiges se liefde vir Brittanje of anderes se haat vir haar is. Dis juis hierdie haat jeens Brittanje wat sommige behoudende Afrikaners in die 1940’s Nazi-simpatiseerders en ondersteuners(eerder as bloot neutraal) gemaak het.

    Iewers tussen dit alles sal ons moet kan sê, “Dis wie ons is”, ongeag wat Brittanje se opinie daaromtrent is.

    George Bernard Shaw het geskryf:

    “The reasonable man adapts himself to the world. The unreasonable one persists in trying to adapt the world to himself. Therefore all progress depends on the unreasonable man.”

    Dalk moet die Afrikaner meer “unreasonable” raak.

    Beste

    Reply
    • Egon Sternagel

      Afgesien van die Christelike waardes kan ek amper alles beaam wat jy sê.
      In plaas van Christelike waardes sou ek eerder van Europese waardes praat.
      Ek woon nou al amper 40 jare hier in Europa en hat die ergste van Komunisme beleef.
      In die na-Komunistiese era kan ‘n mens baie duidelik sien dat die mense hier in Europa oral baie dieselfde waardes het.
      Ons gene bepaal ons gedrag en nie ideologie of geloof nie.
      Die Afrikaner is ‘n noord Europese volk. Op die einde van die dag as dit gaan erg word, en dit gaan erg word, gaan ons sien wie met wie gaan saam staan, en ons gaan sien dat bloed dikker is as water.
      Intessante opvatting van George Bernard Shaw.
      As jy met jou rug teen ‘n muur staan gaan jy baie dom wees as jy nie alle kaanse gaan vat wat jy het nie, net omdat jy polities korrek wil wees nie. Die geskiedenis is vol van sulke voorbeelde. Byvoorbeeld Israel.

      Reply
  2. Jaco Kleynhans

    Gawie,

    Dankie vir ‘n goeie bydrae. Ek kan eintlik maar net alles beaam wat jy sê. Dus: Ons moet ons eie identiteit weer herontdek en koester – en ek hou van die idioom waarbinne jy dit voorstel.

    Groete!

    Reply
  3. Tertius Theron

    Ek stem saam met wat jy skryf. Ek persoonlik glo dat die verwoesting wat die Afrikanervolk of Boerevolk beleef het tydens die vryheidsoorloe en tans in die sosialisties/kommunistiese ANC bedeling, nou gekoppel kan word aan sy stilswye van +- 100 jaar waartydens die gelofte nie erken is nie en vandag ook misken word. Die brit en die afrikaan is myns insiens slegs instrumente wat God gebruik het en steeds doen, om hierdie unieke volk tot inkeer te dryf en te stroop van sy eie prestasies en pogings om in die nuwe wereld orde in te pas. Die brit en afrikaan is verseker nie gevrywaar ten opsigte van die lafhartige en bloeddorstige aanslag op hierdie hoogs beskaafde, eens godvresende boerevolk nie. Maar hierdie volk vergelyk ook soos seker ander volkere in God se onbeskryflike blik/beskouing as ‘n wingerdland wat Hy uitgele en bewerk het ten einde die verwagte volmaakte druiwe/vrug uiteindelik te kan pluk vir SY genot en verheerliking, maar helaas het die oes suur en onsmaaklik uitgedraai. En daar is ooglopende redes daarvoor, die volk se lus en aptyt(spelling?) vir selfverwesenliking op sy eie manier (sonder God), sy materialsme en sy hoogmoed het die volk ‘suur drywe’ gemaak, aldus die smeltkroes van die britse imperialistiese vergryping tot vandag en tesame met dit die veragterlike vertrapping en plundering van die dieselfde boerevolk deur die afrikaan en ander identiteitlose groepe. Vandag oorstroom Indiers, Pakistanies, Afrikane and Afrikaners Brittanje – dit is die einste volkere wat deur die imperialiste vertrap, vergryp en geplunder is. Die brit se afrekeningsdag is op hande terwyl hy van binne uitgekalwe word.

    Vergeet maar die brit en die afrikaan, hulle het hul lot klaar gekies, hulle is allemal die argitekte van hul eie ondergang !!!, alle vergryping, plundering, moord, diefstal et al is tot hul rekening toegevoeg, net soos ons volk met bloed, vernedering, bankrotskap, verontregting en verwerping tot nou toe betaal, ons LIG sal weer opkom, dit is ‘n Skriftuurlike beginsel, wraak kom ons volk nie toe nie, self sal ons nooit hierdie situasie kan omdraai nie. Ons moet maar net weer erkenning aan Jesus Christus gee en afwyk van die ou vrot sondes (drank, onkuisheid, ooreet, sportmal, dobbel/lotery, haat ens ens). Ek glo God het miljoen jaar gelede al hierdie gebeure gesien en het klaar die oplossing bepaal…Hy wag vir ons………..

    Reply
  4. Nardus van Dyk

    Ek stem saam met bogenoemde skrywer. Brittanje word weg gekalf van binne af. Ek het vir 2 jaar in Engeland gebly (2004 – 2006) en ek was baie verbaas gewees om te sien hoeveel Indiers en Pakistaniërs daar in Brittanje was. En dan nog ‘n hele klomp swartmense en Pole. In London is omtrent die helfte van die bevolking Indiërs en Pakistaniërs, en in Birmingham is hulle omtrent meer as die helfte. Die afgelope paar jaar het talle oos Europese lande se bevolkings ook in hulle massas na Brittanje toe geimmigreer. Terselfdertyd is daar baie (blanke) Engelse mense wat na ander lande soos Australië, Niee Zeeland en Amerika toe immigreer. Die gevolg is dat die inheemse bevolking (blanke Engelse wat ‘n hele paar generasies in Engeland woon) gelydelik al hoe minder word, en die immigrante en hulle nasate persentasiegewys al hoe meer.
    Wat my aanbetref kan hulle net sowel Engeland ‘n provinsie van Pakistanië maak, so baie van hulle is daar.
    Verder is die Engelse almal so bang vir die moslems. Die moslems maak ‘n klein persentasie van die bevolking uit (as ek moet skat so 5%), maar hulle “dictate” die hele tyd vir die Britse regering wat om te doen en hoe om dit te doen. Net om ‘n voorbeeld te noem, dis vir dekades al die gebruik gewees in Engelse hospitale om ‘n Bybel op die bedkassie te sit langs elke bed, deur die hospitaal. Maar nou het die moslems gekla dat dit “offensive” is teenoor hulle geloof, en daarom mag hospitale dit nie meer doen nie.
    ‘n Laaste punt wat ek wil maak is dat Brittanje, het net soos die res van Europa ‘n “aging population”, maw die gemiddelde ouderdom van die Britse bevolking word stelselmatig al hoe ouer. Hulle gaan binnekort nie meer genoeg jongmense hê wat werk, om al die ou mense se pensioene te betaal nie. Dan sit hulle met ‘n probleem. Nou huidiglik is hulle immigrasie wetgewing baie streng, maar oor 10 of 15 jaar van nou af gaan hulle behoorlik jongmense van ander lande smeek om daar te kom bly, net om te werk en belasting te kan betaal, want hulle “generous welfare system” sal dit nie meer kan hou nie.

    Reply
  5. ARNOLD DE BEER

    Ons het hulle seker maar vergewe vir al hulle wandade. So in die onderbewussyn.Is die Engelse nie maar so vêrlangs Famillie nie? So ‘n mengsel van Franse en Hollanders ens. nie?
    Die spreekwoord sê mos dat bloed dikker as water is.
    Wat ookal die rede, waarom ons dit maar so stilswyend aanvaar het,weet nugter. Seker omdat die reels van die Bybel so diep in ons wese ‘n rol speel.
    Ons moet nou net sorg dat ons nie met die nuwe Afrikaner Volkstaat ook in ‘n Babelse land soos Britanje ontaard nie.
    Ek glo dat daar weer Britse Setlaars na ons toe sal oorloop. Die vraag gaan wees; Gaan ons hulle verwelkom?

    Reply
    • Egon Sternagel

      Ek is altyd weer verbaas om te sien hoe min mense verstaan hoe dinge werk. Miskien moet jy liewer geskiedenis boeke lees in plaas van die Bybel.

      Reply
  6. Corne Koekemoer

    Ons is wie ons is deur ons geskiedenis. Ek dink nie mans kan iets teen die engelse in geheel he nie dit was die regering en koningin
    van die tyd wat se gierigheid die beter van hulle gekry het. Om na’n 100 jaar nogsteeds negatiewe gevoelens te he oor wat gebeur het is pateties, regtag. Maar dit is my uitsig ek kan verstaan hoe mense anders daarteen kan voel.

    Reply
    • Ben le Roux

      Corne, dit is soos jy se, die huidige situasie is die resultaat van gebeure vooraf.Nie net het die oorlog ons ons seggenskap oor ons eie sake ontneem nie maar getalsgewys verminder. Na die oorlog moes ons in vernedering leef en om dit te ontkom het baie verengels.Skaars veertig jaar later is daar van ons verwag om ‘n bondgenoot van die vyand in die tweede wereldoorlog te wees.Die britse regering was wel die aanstigter van die Tweede Vryheidsoorlog maar kollektief het meeste engelse dit goedgekeur en daaraan deel gehad.Hul anti-Afrikaner houding was deurgaans sterk. Die nadraai van die TVO voel ons nog daagliks en hoewel baie plaaslike engelse hulle nou ook deel van Afrika begin voel is hulle beslis nog nie voorstanders van ons vryheidsdenke nie.Ironies genoeg, die britte laat nie kans verbygaan om die Duitsers te kasty oor die volksmoord op die Jode nie maar hulle, die uitvinders van konsentrasie kampe,het hulself nog nooit verwerdig om verskoning vir die volksmoord op ons te vra nie!

      Reply
    • Jaco Kleynhans

      Corne,

      Dankie vir jou bydrae. Om die woord pateties te gebruik is egter ongefundeerd. Indien iemand ‘n misdaad plaas en nooit daarvoor vervolg word nie is die misdaad 100jaar later nie minder ernstig nie. Vandag word militere en ander leiers van regoor die wêreld in die Internasionale Strafhof vir misdade wat veel ligter is vervolg. Ek vra glad nie dat die Britte vervolg moet word nie, maar dat ons behoorlik moet onthou hoe ernstig hul wandade die Afrikaner se toekoms verander (en natuurlik versleg) het en dat ons nooit moet vergeet nie. Daar is sonder twyfel niks pateties daaraan nie.

      Reply
  7. kacho

    Duisende ek wil dit selfs waag om te sê miljoene Afrikaners lei aan Stockholm sindroom, ‘n werklike en angswekkende sielkundige kondisie wat slegs met volgehoue mediese behandeling en maande of jare se duur terapie genees kan word.

    Ons word al so lank geterroriseer, dat ons onself met die vyand begin assosieër het en selfs aktief deelneem aan hul oorlog op ons eie mense.

    Ons verraai ons eie families, ons is oortuig dat ons verkeerd is en dat vernedering, moord en roof en verkragting maar ons lot is, as straf vir al die slegte dinge wat ons en ons voorouers kwansuis sou aangerig het.

    As God ons net genadig sal wees en optree is daar vir ons ‘n kans, maar solank as wat ons saam met die ongelowige in dieselfde juk trek verslaan ons onself daagliks en verwyder ons onself van God.

    Hierdie finale boodskap wil ek graag aan u almal rig. Draai weg van die sonde, nader tot God en Hy sal tot u hulp kom, so seker as wat die son rys in die ooste.

    Groete
    Kacho

    Reply
    • Egon Sternagel

      Julle sal self moet dinge doen my vriend. God gaan julle nie help nie.
      100 Jare gelede het God ook nie gehelp nie, warom hierdie keer?
      Ek moet sê as ek moes veg om te oorleef sal ek nie jou as ‘n bondgenoot langs my wil hê nie.

      Reply
      • Benjamin

        Ai my vriend; God was nog altyd daar vir ons. Meskien weet ons dit nie altyd nie, ek praat uit ondervinding en sal meer uitbrei later. Benjamin

        Reply
  8. Johan Conradie

    Indien daar een nasie op aarde is wat die Afrikaner ‘n hupstoot kan gee met die oprigting van ‘n eie land – ook om ander nasies te oortuig dat dit die enigste oplossing is vir vrede – dan is dit die Engelse. Hierdie weg sal tot die nodige kompetisie tussen nasies lei – wie se lewenswyses voorspoed en stabiliteit genereer en een van die pilare vir ekonomiese groei.
    Die twee en meer British Airways vliegtuie wat elke dag te sien is op die “Jan Smuts” Lughawe beaam Engelse se betrokkenheid en hul invloed op hierdie deel van Afrika.
    Die Engelse en Afrikaners word gesien as medepligtiges teen dit waarteen Malema se revolusie gemik is. Engelse weet goed dat hul belange en veiligheid slegs deur Afrikaners op die hart gedra sal kan word – ons sal saam moet staan vir uiteindelike oorlewing.
    Liberaliste se deursigtige agendas met hul kruip-houdings om simpatie te soek in ruil vir die vergunning om tog verdra te word en hier aan te bly, is tekens van mense met skuldgevoelens of swakkelinge wat nie kans sien vir die harde werklikheid nie.
    In Zimbabwe was jou bedrewenheid om vlot Engels te praat, geen waarborg dat jy sal kon aanbly nie, inteendeel hierdie mense moes die vinnigste padgee. Ek dink die negatiewe gevoelens tussen Engelse en Afrikaners sal versag word met ‘n gemeenskaplike dilemma om te oorleef in Afrika, maar tog nog om ‘n onmisbare rol te speel in hierdie deel van Afrika.
    Die Engelse het ‘n land, hulle kan tog nie ‘n land maak namens Afrikaners nie. Afrikaners moet self met die inisiatief begin en die Engelse sal by hulle kom nesskop. Malema het reeds by verskeie kere laat deurskemer aangaande langtermyn planne – die land met al sy geleenthede sal uitsluitlik tot voordeel van Swartmense wees. Ander nasies kan hulle vaardighede oordra maar sodra Swartmense dit snap en bemeester, sal hierdie mense ‘n ander heenkome moet soek.
    Die kort en lank van alles – Wittes kan periodiek en op aanvraag ‘n bydrae lewer maar hulle gaan net nie die grond besit nie.
    Die Britte het van die mooiste en indrukwekkendste strukture op aarde, sal dit darem nie gepas wees dat hulle ‘n replika van so gebou hier kom oprig ten einde die Afrikaner te onderskraag met hul vryheidstrewe – die Engelse sal hiermee hul afstammelinge en Afrikaners iets tasbaar bied om met aanhoudende durf en vasberadenheid voort te gaan soos wat ons voorgeslagte Europa gebou en ontwikkel het.
    Die DA sal nooit noemenswaardige steun onder Swartmense trek nie – hul aanloop laat Swartmense te veel dink aan Cecil John Rhodes. Die DA sal verdwyn wanneer Wittes se greep op die ekonomie finaal gebreek gaan word. Die huidige ANC-pad sal saam met Mandela graf toe gaan. Ek glo die ANC het goed bedoel om so samesyn nasie te probeer vestig maar uiteenlopende denke en lewenswyses maak ‘n eenheidstaat onmoontlik. Slegs ‘n enkele realiteit soos die inisiasieskole, sal vir ewig ‘n wig in plek hou. Die uiteindelike skikking sal wees tussen opregte patriotte en nasionaliste, afkomstig van Swartmense, Bruinmense en die Afrikaners. Opposisie vir die ANC moet kom van Swartmense, landgenote wat met ‘n ander benadering vooruitgang wil bewerstellig.
    ‘n Land se wette en invloed is beperk tot sy grense – Afrikaners moet die gebied tussen Saldanha en die Namibiese grens beset – dit is hier waar hulle sal moet oorleef, dit sal hier wees waar die Afrikaanse-Taal gered gaan word sonder vreemde aanslae en invloed, suiwer en dinamies.
    Swartmense moet nie bevrees word wanneer gepraat word van ‘n buurland waarin net Afrikaners en ander assimileerbare wittes gaan woon nie – rassisme moet nie met nasionalisme en patriotisme verwar word nie. Die oprigting van ‘n Volkstaat vir Afrikaners gaan nie Swartmense se vryheid inkort nie, inteendeel dit gaan hul vryheid waarborg.
    Swartmense moet ‘n geweldige vraagstuk oorkom, te wete die negatiewe gevolge van ‘n lewenswyse waar kinders onbeplan die wêreld ingebring word. Die gevolge hiervan sal oorspoel in ons gebied en die hele Suidpunt van Afrika onder druk plaas met alles wat gedurig te kort skiet en meer agter raak. Die vertrek van die meeste Wittes sal moontlik die Swartmense laat afsien om met hierdie vernietigende strategie voort te gaan.
    Die voortduur van hierdie lewenswyse sal op die ou end tot onbeskryflike ellende lei wat met geen intellek, geld of mag oorkom sal kan word nie.
    Ek glo die probleem moet by die oorsprong gestuit word – hierdie visie is sommer ‘n klip in die bos – alle meisies ontvang vanaf die ouderdom twaalf, ‘n toelae van R500 per maand, die enigste voorbehoud om negatief te toets vir swangerskap met die afhaal van die toelae, na skool gratis studiegeld en indien op 21 jarige ouderdom steeds gedissiplineerd met slegs twee kinders in gedagte, ‘n volkshuis en –motor. Hopelik sal hier die lewenswyse die meisies noop om na kêrels te kyk wat sal inpas by so verantwoordelike lewenswyse.

    Reply
  9. Zelda

    Vergun my ook `n stuiwer in die armbeurs. Jaco se skrywe omtrent Bittereinderdag wil ek beaam. Jy is so reg:
    1. Die koningshuis het nog nooit om verskoning gevra vir die onreg gepleeg teenoor die Afrikaner tydens A-B oorlog nie.
    2. Dit was die duurste oorlog in Brittanje se geskiedenis, sowat 400 000 Britse soldate teenoor sowat 40 000 Boere.
    Hulle het van ver gekom om te plunder ten koste van die ondergang van `n volk en nasie. Wat `n skande! Hoe kan mens dit vergeet.

    Die invloed van die Britse oorloe op ons mense met verwoestende/vernietigende gevolge het jy weer baie mooi verduidelik en in perspektief gestel. Jammer dat so baie mense die minderwaardige invloed aangeneem het, maar gelukkig nie almal nie. Na vele jare van woon en reis in die buiteland, het ek besef wat `n fantastiese volk in wese die Afrikaner is, met boonop die mees moderne Europese taal. Die Afrikaner is `n mengsel van goed opgeleide, goeie Europese stamme en daarom geen inteling nie, met diverse goeie kwaliteite en was boonop `n Godvresende nasie. Hulle het die beste idees van ander lande oorgeneem ( bv Europa en Amerika) en `n beter stelsel bedink mbt skole, medies, banke, selfs oorlogvoering ens. Hulle het uit almal se foute geleer en van die beste in die wereld geskep glo ek na wat ek gesien en beleef het in die buiteland.

    Ongelukkig na vele vakansies terug in Suid-Afrika het ek wel besef `n baie groot deel van die Afrikaners het verval, verkommen en is hopeloos te materialisties, het ander waardes, vrees God nie en dan raak ek skaam om hulle my landsgenote te noem. Tragies, maar waar is die verval(psigies/fisies/albei) ook deel van die totale aanslag teen die Afrikaners, veral die jeug. Gelukkig bestaan daar wel `n groepie ware Afrikaners met die regte prioriteite, maar kan nie in die Babelse verwarring in Suid-Afrika tot sy reg kom nie en dan is `n deel wereldwyd verstrooid.
    **********************************************************************Menslikgewys wat kan help , is om `n geslag weer kultuurbewus te maak en die Afrikanertrots en -herkoms te vestig, is om die WARE GESKIEDENIS en KULTUUR by die JEUG (veral vanaf `n baie jong ouderdom) in te prent deur hul skoolloopbaan. daarom is herdenkingsdienste soos Bittereinderdag, Geloftedag ens nodig en kultuurvieringe met danse en feeste ens soos Europese stamlande nou nog doen. Selfs nuwe liedjies/danse kan bygeskep/bygevoeg word.

    Ons moet self ons trots terugkry (met goeie redes, want daar is genoeg!)en vergeet van die Britse regering om dit vir ons te doen, want hulle het niks verloor in Suid-Afrika nie. Die onreg wat hulle gepleeg het teenoor die Afrikaner gaan beslis na hul terugkom, hetsy dalk deur die Moslem wat hul in hul boesem troetel of dalk natuurrampe bv oorstromings ens. Ons kan net onsself verdedig en kom nie die wraak toe nie.

    Ek stem saam daar is wereldwyd baie onkunde en min insae oor ons ware geskiedenis en die invloed van Brittanje. Ek glo dit word so beheer en beplan dat dit weerhou word van die buitwereld weens ook hul invloed op die media.
    Ek het wel nie `n probleem met die man op straat in Brittanje nie. Hulle is vriendelik, hulpvaardig en akkommoderend en gaan gebuk onder dieselfde laste en probleme soos elkeen. Die probleem is Brittanje as Westerse moondheid (agter die skerms) wat steeds die wereld plunder en beheer in verkeie lande (soos ook SA).

    Die stryd van die Afrikaner as Godvresende volk is teen groot wereldgeldmagte (wat alles beheer) soos o.a. Brittanje en daarom is ons enigste behoud as Afrikaner God se genade, beskerming en redding op die einde van die dag.

    Reply
  10. ARNOLD DE BEER

    Ons Afrikaans sprekende Afrikaners moet versigtig met die “Engelsman” woord wees.
    Baie opregte Afrikaner Boere is engelse praters.Ons moet hulle nie verdryf nie.
    Waar ‘n mens die streep trek is nie altyd duidelik nie.
    Wat ek wel weet is dat daar meer Afrikaanse mense is wat Engels kan praat as andersom.
    Wonder hoekom?

    Reply
  11. Egon Sternagel

    My Engelse voorvaarders se kinders het almal Afrikaners geword.
    Jou vraag warom hulle Engels kan praat… tsk…
    Amper almal op hierdie aarde leer/praat Engels. Dit is die wêreld taal en het niks meer met England te doen nie.

    Reply
  12. Quintin Diederichs

    Interessante skrywe, Jaco. Moet ook nie ‘n verskoning van die Engelse verwag nie! Wat mens saai sal jy maai en hulle het ‘n reuse lat vir hul eie agterente gepluk met hul immigrasiebeleid sedert die 1960’s. Dis klaar te laat om iets daaromtrent te doen. Hul dag is besig om te kom…

    Die les: NOOIT OOIT WEER kan ons toelaat dat ons moet aanpas by die Engelse (of wie ook al) nie en dat ons hulle moet akkommodeer ten koste van ons beste belange nie.

    Wat Afrikaners moet verstaan is dat taal en kultuur gebonde is aan grond. Wanneer ek in Orania is weier ek eenvoudig om met iemand Engels te praat, tensy hy/sy ‘n kliënt of ‘n toeris is en regtig nie Afrikaans kan praat nie. Ter wille van handeldryf sal ek dan ‘n toegewing maak.

    Ek het al selfs so vêr gegaan om Engelssprekendes (wat gekies het om in Orania te bly) ordentlik les op te sê as hulle Engels praat in die publiek – en ek sal dit met ‘n glimlag weer doen! Aan die anderkant kan ek nie dieselfde houding in Washington of in Sydney hê nie want Engels is gebonde aan daardie mense se grond.

    Ek het dit gereeld by die Franse gesien – ongeag wat mense dink, die meeste Franse kan minstens ‘n bietjie Engels praat maar hulle weier eenvoudig om met jou enigiets behalwe Frans te praat in hulle land. Of jy praat Frans of jy soek iemand anders om mee Engels te praat… dis hul houding. Dit is glad nie verbasend hoe vinnig mens Frans leer praat wanneer jy in Frankryk bly nie. Nou toe, dis dieselfde houding wat ons as moet he.

    Soos pres. M.T. Steyn gesê het: ‘Leer soveel tale as wat jy kan maar bemin jou moedertaal bowe al’.

    Reply
  13. Juan Olivier

    Dit gaan my verstand te bowe hoe party Afrikaners en Boere kon dink wat gebeur het is hulle of gedeeltelik hulle skild. Die volksmoord en verwoesting is 100% die Britte se skild. Die meeste Afrikaners werk so gemaklik saam die Britte omdat meeste Afrikaners die selfde gemors was as die Britte, meeste Afrikaners het saam hulle Britse broeders baklei teen die Boerevolk.

    Reply
  14. Ben

    Waarom sou iets soos Bloedrivier gebeur het? In Deut 33 praat Moses in sy seening van die 12 stamme, en spesifiek oor Sebulon en Issaskar, van skatte van die aarde en see: die vis- en mynboubedryf in Suider-Afrika? Sefanja 3 weer praat van die gebied anderkant die riviere van Kus, naamlik Suider-Afrika.

    Engelse: net lafhartige mense wen ‘n oorlog deur teen vroue en kinders te veg en Siener van Rensburg was daarvan oortuig dat dit ‘n hoofrede was waarom hy sy visioene wat op die verre toekoms gewys het gesien het. Die herstel van waardigheid. Het hy nie ook gepraat van die groot parasiet nie?

    ‘n Mens kan natuurlik nie veralgemeen en se dat alle Engelssprekende mense “sleg” is nie.

    Afrikaans: dis vir my ‘n Nuwe Wereldverskynsel, dinamies en vaartbelyn. Ook word jy daartoe genoop om ‘n eie standpunt in te neem (soortgelyk aan die Amerikaners se “big dream” vir elkeen) en as gesonde selfvertroue ontstaan kan niemand dit wegneem nie. In Orania is die pekanneutbedryf ‘n sukses. Goed beplan en goed uitgevoer.

    Miskien was die Anglo-Boereoorlog nodig om taal te standardiseer en fragmentasie tee te werk. Hoeveel Boererepublieke was daar? Swellendam, Graaff-Reinet, Oranje-Vrystaat, Stellaland en Goosen, Natal, Transvaal, Dorslandtrekkers in Angola, Suidwes-Afrika en wat van diegene in Kenia, die ou Rhodesie ens.?

    Reply
  15. paula acton

    Hi
    Ek is jammer Egon is my broer maar gelukkig is ons net familie in naam, sy keuse, ek en my kinders en my oorlede broer se kinder glo in God Hy het wonderwerke gedoen wat net Hy kan doen kyk waar is ons vandag as Afrikaans sprekend e Suidafrikaners deur ons volgehoue gebede na God. Ons is met n rede hiergeplant nie uit vrye will nie
    ons is n reenboog nasie wat met die bietjie Afrikaners hier in SA weer bo sal uitkom, soos al die virige kere van 1900 af

    Reply

Submit a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

1 × 3 =