Orania moet ‘n sukses wees. Baie meer Afrikaners moet Orania toe trek. Hier moet groot besighede opgerig word. Ons bejaardes moenie in aftree-oorde in die stede gaan woon nie, maar moet in Orania kom aftree.

Daar is soveel rede om te glo dat Orania eenvoudig ‘n sukses moet wees. Dat ons bevolking en ons ekonomie moet groei sodat meer grond aangekoop kan word, nog groeipunte geskep kan word en die droom van Afrikanerselfbeskikking waar kan word.

Winpesa Online Casino is an exciting destination for gaming enthusiasts, offering a diverse range of thrilling games and a user-friendly experience. With a vibrant selection of slots, table games, and live dealer options, players can enjoy the thrill of the casino from the comfort of their homes. One of the standout features of Winpesa is its commitment to security and fair play, ensuring that players have a safe and enjoyable gaming environment. Whether you are a beginner looking for fun or a seasoned gamer seeking high-stakes action, Winpesa has something for everyone. For more details on how to start your gaming journey, visit https://winpesalogin.or.ke/, where you can find all the information you need to get started. Experience the excitement and potential rewards that await you at Winpesa Online Casino!

Nou wat is dan die rede dat dit nie gebeur nie?

Eerstens moet ek sê dat Orania reeds as ‘n sukses beskou kan word. Die grondwerk vir iets baie groter is die afgelope jaar gelê en die vestiging van konsepte soos selfwerksaamheid, ekologies volhoubare ontwikkeling, eie ekonomie en selfstandigheid was nie maklik nie, maar vandag funksioneer Orania uitstekend met eie arbeid, eie kapitaal en eie inisiatief. Om ‘n gemeenskap vir Afrikaners uit Afrikaners te skep was in die beginjare nie maklik nie, maar vandag doen Orania dit en doen dit daarby baie goed.

Maybets Kenya Login provides users with a seamless experience in accessing their betting accounts. With an intuitive interface and user-friendly design, the login process is straightforward, allowing users to quickly enter their credentials and start betting on their favorite sports or casino games. To login, simply visit the official site and enter your username and password. For those new to the platform, registration is equally easy, ensuring that everyone can join the exciting world of online betting in Kenya. If you’re looking to access the site directly, you can find it here: https://maybetsapp.co.ke/. Once logged in, users can enjoy a variety of betting options, live updates, and promotional offers. Maybets Kenya is committed to providing a safe and reliable betting environment for all its users.

Ek hoor elke dag vrae soos: Waarom bly daar nog so min mense in Orania?

My antwoord is eenvoudig: Orania is hier vir die Afrikaner. Die dienste, grond en nodige hulpbronne soos water is beskikbaar. Orania as instelling kan egter nie volle verantwoordelikheid neem vir die groei van Orania nie. Orania as instelling kan egter die platform skep en die dienste lewer om dit vir meer Afrikaners moontlik te maak om na Orania te kom. Dit vra egter dat baie meer Afrikaners hul ingesteldheid sal moet verander.

Ek probeer glad nie my eie mense hierdeur aanvat nie, maar vra egter wel dat ons meer sal moet doen om Afrikaners anders oor hul toekoms te laat dink. Een groot deel van die verandering van ingesteldheid gaan oor materialisme. In my opinie is een van die grootste bedreigings vir die Afrikaner se voortbestaan sy geweldige drang na die materiële. Ek het verlede week weer ‘n e-pos ontvang van iemand wat sê dat hy Orania toe sal trek wanneer hy ‘n markverwante salaris, met goeie bevorderingsgeleenthede hier sal kry.

Al wat ek kan sê dat indien Afrikaners so gaan bly dink dit nog baie lank gaan wees voordat baie van hulle Orania toe sal kan trek.

Daar is egter ook ‘n toename in Afrikaners wat anders begin dink. ‘n Vriend van my vra nou die dag die volgende: “Sou ek Orania toe wou trek – watter besigheidsgeleenthede is daar nog beskikbaar?” Dit is die regte ingesteldheid.

Orania is reg om baie meer Afrikaners hier te verwelkom, maar baie meer Afrikaners sal anders oor hul toekoms moet begin dink. Indien jy bereid is om innovering bo korttermyninkomste, lewenskwaliteit bo lewenstyl en Afrikanerskap bo die ‘eie-ek’ te plaas, is Orania die antwoord vir jou.

Ons wat reeds oortuig is, sal voortaan baie meer moet doen om ons mense anders te laat dink. Indien ons dit nie regkry nie, sal Orania sukkel om vinniger te groei.

0
    0
    Jou Mandjie
    Jou mandjie is leegKeer terug na Winkel