In die konteks van Orania word gereeld van kultuur gepraat en die noodsaak om Afrikaner-kultuur te beskerm en die waarde van kultuur oor die algemeen beklemtoon. Wat is kultuur en spesifiek Afrikaner-kultuur?
‘n Switserse joernalis het in sy onlangse artikel in die Neue Zuericher Zeitung effens neerhalend verwys daarna dat op die vraag wat Afrikaner-kultuur uitmaak die persoon wat hom geantwoord het gou uit voorbeelde uit geraak het en dit by ‘n paar begrippe soos liedjies, taal, protestantisme, koeksisters en braaivleis gebly het. Dit is natuurlik onbillik, want as hy as Switser 30 sekondes het om die Switserse kultuur te beskryf, dan sal waarskynlik ook begrippe soos “kaas, alphorn, dialek, tradisionele kleredrag, groot houthuise” by hom opkom.
Kultuur is nie iets wat beskryf en in vorms gegiet kan word nie, dit is eerder iets soos ‘n aanvoeling van behoort of nie-behoort. As byvoorbeeld ‘n Fransman in Franschhoek daardie gevoel van “tuisgekom” kry oor name soos La Motte en ‘n Hugenotemuseum, en nie dieselfde voel in byvoorbeeld die Transvaalse Hoëveld, waar niks aan Frankryk herinner nie, of as ‘n Duitser in Swakopmund aangegryp word oor die Duitse name en argitektuur vêr van die huis af, beteken dit dat daar ‘n aanvoeling van die eie kultuur is. Jy kan ‘n voorstedelike veiligheidskompleks in Johannesburg fleur de lis noem en sal nog steeds nie ‘n gevoel van eie kultuur by ‘n Fransman waker maak nie, as dit nie saamgaan met die hele pakket wat kultuur uitmaak nie.
Wat die kultuur van ‘n volk is, kan in duisende bestanddele opgebreek word, soos hoe jy groet, hoe jy aantrek, wat en wanneer jy eet, sekere sêgoed, voorkeure, musieksmaak, tydverdryf ensovoorts.
“Jy het nie ‘n staat of eie instansies nodig vir al die duisende klein dinge wat kultuur uitmaak nie”, word dikwels gesê. Wel, dit is ’n drogredenasie, want ‘n kultuur ontstaan altyd binne ‘n kollektiewe verband en word daarbinne uitgeleef. Enigiets anders is individuele voorkeure, smake of grille en omdat meeste Westerlinge deesdae totaal ontstam is, verstaan hulle ook nie die konsep van kultuur nie. Enige individuele Afrikaner kan in Londen of Johannesburg braaivleis hou, koeksisters en melktert eet, rugby kyk, na Afrikaanse musiek luister ensovoorts, maar dit is eerder simptome na ‘n hunkering om ‘n Afrikaner tussen jou eie mense te wees, as uitlewing van kultuur. Jy kan ook nie kultuur oordra net individueel nie. Menige Afrikaners wat geëmigreer het of wat in geglobaliseerde stede in Suid-Afrika woon kan daarvan getuig. Hulle behou hulle identiteit en leef dit selfs in die buiteland meer bewustelik uit as by die huis, maar hulle kinders wat in ‘n nie-Afrikaanse leefwêreld opgroei neem nie die kutuur van hulle ouers, wat in isolasie uitgeleef word, aan nie.
Kultuur is deel van ‘n mens se “ryk en vol bestaan” (met erkenning aan Carel Boshoff) en is veel meer as al die honderde uitdrukkings van kultuur. Kultuur is soos ‘n mosaik. As jy al die duisende deeltjies van ‘n mosaik uitmekaarhaal, dan het jy net onbenullige gebreekte stukkies glas of teel. Voeg hulle sinvol saam en jy kry ‘n mooi geheelprentjie. Hoe meer elemente tot jou kultuur bydrae, hoe kleurryker en mooier word jou mosaik. Globalisering maak kultuur eenvormig en vaal, soos ‘n mosaik wat uit stukkies van net een kleur bestaan. Daarom is dit so belangrik dat ons onsself moet onderskei in ons kultuur en nie na-apers van ander volke en ‘n “wêreldkultuur” raak nie.
Wat is dan kenmerkend van Afrikaner-kultuur? Alles wat uniek is en wat ons onderskei van ander volke, soos ons eie taal, musiek, literatuur en flieks in ons taal; skeppende kuns met sy Afrikaner-stempel; ons Protestantse godsdiensbeoefening; volkspele, Voortrekkerdrag, gemmerbier en koeksisters; alledaagse goed soos om iemand “oom” en “tannie” te noem, almal met die hand te groet, te kuier met ‘n koppie koffie in die kombuis; museums en monumente; Geloftedag en ander volksdae, maar ook Saterdag rugby kyk en braaivleis. Ek kan so aangaan, maar dit kan alles saamgevat word in die een sin: kultuur is dit wat van jou mens maak in jou volksverband, en wat jou daardie warm gevoel van om te behoort gee.
‘n Definisie van musiek wat ek eenkeer raakgelees het se daar is net twee soorte musiek: dit wat veredel en dit wat nie. Kultuur is stellig iets wat ‘n veredelende uitwerking op die mens het oftewel behoort te he. Dit wat die mens uitlig bo die banaliteit van die alledaagse bestaan. Dikwels dink ek ‘n probleem is dat kultuurskeppers dikwels geisoleer word (by die Duitsers het dit ook gebeur, dink maar aan Wagner wat in Switserland moes gaan werk) en die meeste mense is genieters sonder om die nodige respek vir prosesse te he. As jou “kultuur” verband hou met sosiale manipulasie (betaal arbeiders te min, wees te begaan oor jou mooi huis, konformeer te maklik met die rugby- en braaivleistendense, wees nie krities-denkend selfs oor wat die man op die preekstoel se nie, raak gaande oor die sanger wat mense opsweep maar nie eintlik ‘n sangstem het nie ens.) dan is jy dalk meer kultuur-loos as wat jy besef.
Ek wil die diskoers net een stappie verder om te vra: Hoe weet jy jy is ‘n Afrikaner? Jy kan onomwonde binne sekondes reageer deur te se ek hoef nie daaroor te dink nie, ek is een. Dan sal jy ook outomaties weet wat is jou kultuur en met wie jy assosieer.
Ek wil die diskoers net een stappie verder neem deur te vra: Hoe weet jy jy is ‘n Afrikaner? Jy kan onomwonde binne sekondes reageer deur te se ek hoef nie daaroor te dink nie, ek is een. Dan sal jy ook outomaties weet wat is jou kultuur en met wie jy assosieer.
Word wynbou op Orania beoefen? Ek bedoel op groot (uitvoer) maat?
“Emile Joubert: Moedertaal, o soetste wyn. Jou het ek lief!” Die artikel is te vinde onder hierdie link.
http://www.netwerk24.com/sake/landbou/2015-09-11-emile-joubert-moedertaal-o-soetste-wyn-jou-het-ek-lief?google_track_login=1&google_track_paid=1
Morne,
Nie regtig nie. Hier het al enkele persone op kleinskaal dit gedoen, maar as jy groter wil gaan is dit arbeidsintensief of het jy geweldige duur toerusting nodig. Die boere hier voel dat hul ‘n beter opbrengs uit koring, mielies, lusern en pekanneute kan kry en daarom nie druiwe aanplant nie. Dat daar egter ruimte is vir ‘n klein, boetiekwynmaker is sekerlik so, maar dan sal ‘n entrepreneur of iemand die inisiatief moet neem.
Wat is die 11 kulture wat ons het. Want ek kry nie wat ek nodig het nie.
Watter kulture kry ‘n mens??