Die regering van die deelstaat Bremen in die Noordweste van Duitsland het verlede week ‘n ongewone stap geneem om homself hard teen die inhoud van ‘n plaaslike predikant se preek uit te spreek.
Ds Olaf Latzel het op 18 Januarie uit Rigters 6 gepreek. Sy preek het gefokus op hoe Christene hul van die leringe van vreemde Gode moet reinig. Die predikant het spesifiek verwys na die toenemende gebruik van gemeenskaplike gebede oor geloofsgrense heen. Hy het dit Bybels verkeerd bewys. Nog ‘n voorbeeld uit sy preek is kritiek wat hy teen die plasing van Buddha-beelde in Christene se huise, uitgespreek het. Volgens die teks van sy preek is dit afgodediens. Die boodskap van Ds Latzel se preek was duidelik: Christene moet na die suiwer leer terugkeer en daarteen waak dat ander gelowe ‘n negatiewe invloed op hul geloofslewe kan hê. Daardeur het hy duidelike kritiek teen ander gelowe en selfs teen die Rooms Katolieke Kerk uitgespreek. Ds Latzel is predikant van die Bremen Evangeliese Kerk, ‘n konserwatiewe Protestantse Kerk.
Die parlement van Bremen het op voorstel van ‘n linkse party ‘n resolusie aanvaar waarvolgens die preek as ontoelaatbaar beskryf word. Verder bepaal die resolusie dat daar teen die predikant opgetree moet word. Linkse politici in Bremen het die preek as ‘haatprediking’ beskryf. Volgens hulle word haat teen mense van ander gelowe onder die dekmantel van prediking en skrifuitleg, verkondig. Die departement van Justisie van Bremen het ‘n ondersoek oor aanhitsing tot haat teen die predikant geopen. Sou dit slaag sal dele van die Bybel tegnies gekriminaliseer word.
Hierdie voorval in Duitsland kan nie as ‘n klein, geïsoleerder voorval afgemaak word nie. Die voorval ontbloot twee belangrike uitdagings. Eerstens raak dit vir Christene in Westerse lande toenemend moeilik om hul roeping volkome uit te leef. Weens immigrasie en sekularisering het die meeste Westerse lande vandag groot bevolkings nie-Christene. In Bremen is 10% van inwoners Moslems. Wanneer ‘n predikant dus volgens die Bybel teen die invloed van ander gelowe preek, word hy in die bek geruk. Verdraagsaamheid beteken dus dat Christene in ‘n tradisioneel Christelike land nie meer volkome Christelik kan optree nie.
Die tweede uitdaging is dat regerings toenemend terreine waar hulle nie hoort nie, betree. Verlede jaar het die ekstreem-linkse burgemeester van Houston in die VSA ‘n regsproses begin om alle kerke in die stad te dwing om hul preke aan haar kantoor te verskaf. Die doel hiervan was om seker te maak dat geen sogenaamde haatspraak of diskriminerende boodskappe deur kerke en hul predikante uitgestuur word nie.
Vir Christene om hulself volkome as gelowiges uit te leef is dit nodig dat Christelike gemeenskappe as sulks erken moet word. Soos wat sommige lande Moslemlande is waar mense van ander gelowe die Moslemtradisie moet respekteer, moet daar ook lande, of minstens gemeenskappe wees wat volwaardig as Christelik erken moet word. Duitsland en ander Westerse lande was eens op ‘n tyd sulke lande. Tweedens moet Christene beter saamwerk om regeringsinmenging op die terrein van die kerk af te weer. Wat in kerke gebeur het absoluut niks met die staat te make nie.
Probeer om ‘n vertaling in die Duitse taal:
Wenn der Staat sich in Glaubensangelegenheiten einmischt
Die Bürgerschaft des Landes Bremen im Nordwesten von Deutschland hat in der vergangenen Woche einen ungewöhnlichen Schritt getätigt, um sich hart gegen den Inhalt der Predigt eines lokalen Pfarrers auszusprechen.
Pastor Olaf Latzel predigte am 18. Januar aus Richter 6. Seine Predigt konzentrierte sich darauf, wie Christen ihre Lehre von fremden Göttern reinigen. Der Pfarrer bezog sich speziell auf die Zunahme von gemeinsamen Gebeten über die Grenzen des Glaubens hinweg. Dies ist laut Bibel verkehrt. Ein weiteres Beispiel kritisierte er in seiner Predigt, nämlich das Aufstellen von Buddha-Statuen in Häusern von Christen. Gemäß der Predigt ist das Götzendienst. Die Botschaft von Pastor Latzels Predigt war klar: Christen müssen auf der Hut und wachsam sein gegenüber anderen Religionen, da diese eine negative Auswirkung auf ihr Glaubensleben haben. Zugleich äußerte er deutliche Kritik an anderen Religionen und sogar an der römisch-katholischen Kirche. Pastor Latzel ist Pfarrer der Evangelischen Kirche in Bremen, einer konservativen protestantischen Kirche.
Die Bremische Bürgerschaft nahm auf Vorschlag einer linken Partei eine Resolution an, gemäß der die Predigt als unerträglich beschrieben wird. Ferner beinhaltet die Resolution, dass gegen den Pfarrer gehandelt werden müsse. Linke Politiker in Bremen haben die Predigt als Hasspropaganda beschreiben. Laut ihnen sei Hass gegen Menschen andere Religionen unter dem Deckmantel der Verkündigung und Schriftauslegung verbreitet worden. Das Justizministerium Bremen hat ein Untersuchungsverfahren gegen den Pfarrer wegen Aufstachelung zum Hass eröffnet. Sollte es ihn treffen, würden praktisch Teile der Bibel kriminalisiert.
Dieser Vorfall aus Deutschland kann nicht als ein kleines, isoliertes Vorkommnis abgetan werden. Das Ereignis stellt vor zwei wichtige Herausforderungen. Zunächst wird es für die Christen in den westlichen Ländern immer schwieriger, ganz ihre Berufung zu leben. Wegen Einwanderung und Säkularisierung sind in den meisten westlichen Ländern heute große Bevölkerungsteile keine Christen mehr. In Bremen sind zehn Prozent der Einwohner Moslems. Wenn ein Pfarrer gemäß der Bibel gegen die Flutung durch andere Religionen predigt, wird er geschnitten. Toleranz bedeutet somit, dass Christen in einem traditionell christlichen Land nicht mehr vollkommen christlich handeln können.
Die zweite Herausforderung ist, dass die Regierungen sich in immer mehr Bereiche einmischen, wo es nicht angebracht ist. Im vergangenen Jahr hat die extrem linke Bürgermeisterin von Houston in den USA einen Rechtsprozess angestoßen, alle Kirchen in der Stadt zu zwingen, die Predigten in ihrem Büro vorzulegen. Das Ziel dahinter war, sicherzustellen, dass keine sogenannte Hasssprache oder diskriminierenden Botschaften durch Kirchen und ihre Pfarrer verbreitet werden.
Damit Christen voll und ganz als Gläubige leben können, ist es notwendig, dass die christlichen Gemeinden als solche anerkannt werden müssen. Da einige Länder islamisch sind, wo Menschen anderen Glaubens diese Tradition respektieren müssen, muss es auch Länder oder zumindest Gemeinschaften geben, die als gänzlich christlich anerkannt werden müssen. Deutschland und andere westliche Länder waren einst solche Länder. Darüber hinaus müssen Christen besser zusammenarbeiten, um staatliche Einmischung im Bereich der Kirche abzuwehren. Was in Kirchen passiert, hat rein gar nichts mit dem Staat zu tun.
In die era van “verdraagsaamheid” word alles behalwe die waarheid verdra
@ Koos Le Roux
In die relativisme net valse leerstellings het ‘n maklike spel.
Wanneer die staat in enige-iets inmeng sal daar konflik wees, want daar is altyd verskuilde agendas, eie belange en vuil wins. Ds Olaf Latzel is na my mening reg en hy rig sy boodskap/vermaning tot ware toegewyde christenne. Diegene wat nie christenne is nie,sal dit nie begryp nie en dit offensief vind.
Die waarskuwing vir Christene is dat ons geen kompromis met die hier en nou kan aangaan t.o.v. ons geloofsgronde nie.
Dat ons hier moet leef en funksioneer is altyd ondergeskik aan daardie beginsels en mense gaan toenemend op elke terrain voor keuses gestel word.
Wie toegee in die kleine, loop uiteindelik risiko op toe te gee op die beginsel, soos die padda in die water vir ons illustreer.
Elke generasie beplan sy toekoms in reaksie op die huidige omstandighede wat hom nie aanstaan nie.
Wat tans in die wêreld gebeur plaas die christelike geloof onder geweldige druk. Sekulêre regerings is in hul verdraagsaamheid teenoor almal onverdraagsaam teenoor die Christendom en christen waardes. (inkonsekwent)
Ons moet vandag daarteen waak dat ons nie eendag sekulêre regerings se verwronge metodiek (byna onvoorwaardelike verdraagsaamheid) net anders (meer konsekwent) wil toepas nie. Soos ek dit sien is ons in Orania onvoorwaardelik Christelik & behoudend. Ek hoop dat ons vrye staat eendag onbeskaamd daardie waardes sal beskerm. Die wat nie daarvan hou nie hoef nie hier te bly nie. Die wat nie daarby inval kan, wat my betref, gedeporteer word.
Ek het egter in die lig van die onderwerp drie vrae:
1) Hoe lyk ‘n christenstaat teenoor ‘n sekulêre staat?
2) Waar trek mens die streep tussen die kerk se terrein en die staat se terrein? … Struktureel? …Moraliteit? …Dogma?
3) Wat is die verantwoordelikheid van ‘n Christen staatsman in sy amptelike hoedanigheid as regeerder en wetgewer?
Sarel,
Enkele stukkies kommentaar:
Ek dink nie die agteruitgang van die Christendom in Westerse lande kan aan regerings se ‘onvoorwaardelike verdraagsaamheid’ toegeskryf word nie. Die probleem met so ‘n argument is dat ons die skuld op ‘n eksterne party probeer pak. Besef jy dat die Koptiese Christene in Egipte baie sterk kerkgetrou is en dan reeds vir baie eeue ten spyte van enorme onverdraagsaamheid van hul regerings. In lande soos Irak en Sirië oorleef Christene reeds vir baie eeue (ISIS moor hulle egter nou uit) ten spyte van regeringsonverdraagsaamheid.
Die Christendom sal op plekke bly voortbestaan waar die Christene self hul geloof in dade handhaaf. Die idee dat ‘n regering ‘n geloof se toekoms kan verseker is verkeerd en besonder riskant.
Ons moet duidelik onderskei tussen ‘n sekulêre staat waar die regering moeite doen om geloof uit alle openbare domeine te dwing en ‘n Christelike staat waar daar wel skeiding tussen kerk en staat is. Verder is daar ook ‘n teokrasie waar een geloof deur die regering op sy burgers afgereguleer word en waar daar teen mense opgetree word wat nie volgens spesifieke riglyne leef nie. Ek dink die Afrikaner sal homself in die voet skiet indien hy ‘n soort Christelike teokrasie wil probeer bewerkstellig. ‘n Teokrasie het nog nêrens in die wêreld gewerk nie. Menslike natuur kom altyd in opstand teen dinge wat op hom afgedwing word.
Wat wel werk is gemeenskappe soos die Koptiese Christene in Epigte, die gereformeerdes in die Bybelgordel in Nederland (‘n erg sekulêre land!) en geloofsgemeenskappe regoor die wêreld waar die voortbestaan van hul geloof vanuit ‘n interne lokus van kontrole verseker word en daar nie vir ‘n regering gewag word om dit vir hulle te verseker nie.
Ek is diep bekommerd oor jou gebruik van die term ‘behoudend’ en selfs te meer die suggestie dat mense wat nie daarby sou hou nie ‘gedeporteer’ moet word. Die eerste vraag wat opskiet is: Waarheen? Waarheen moet Israel ‘n Jood wat nie volgens sekere riglyne leef nie deporteer? ‘n Kind wat in ‘n ekstremistiese teokrasie gebore word en nie volgens die teokrasie se dogma leef nie moet waarheen gestuur word?
Die tweede en belangriker vraag is egter wat die woord ‘behoudend’ beteken? Onder Afrikaners alleen is daar groot verskille hieroor. Die verskil tussen regse en konserwatiewe idees is hier belangrik.
Volgens die regse dogma moet streng reëls bestaan en moet ‘n sterk, kwaai regering hierdie reëls hard en duidelik toepas en strawwe uitdeel. Daar is geen ruimte vir verdraagsaamheid, meningsverskil of opinies nie. Alle burgers moet by ‘n sekere manier van doen inval en basta met die wat daarvan verskil (hulle word gedeporteer – die hel weet waarheen!)
Ek assosieer graag eerder met die konserwatiewe dogma. Hiervolgens moet die goeie in beskerming geneem word en moet nuwe dinge geskep word sonder dat op waardes, standaarde en Westerse beskawingspraktyke kompromieë aangegaan word.
Die gemeenskap moet vanuit homself hiervoor verantwoordelikheid neem en ‘n diepe skeptisisme oor die rol van die staat en regerings in mense se privaat lewens inneem. Die gemeenskap moet instellings (kerke, skole, universiteite, kultuurverenigings, ens) skep waardeur die goeie (geloof, kultuur, tradisies, ens) oorgedra kan word.
Binne hierdie konserwatiewe tradisie is daar respek vir meningsverskille, heers verdraagsaamheid vir mense wat anders as jy is, dink en doen en kan geloofsgemeenskappe sonder die inmenging van ‘n regering hul roeping uitleef.
Kom ek noem een voorbeeld wat ek toevallig verlede week teenoor ‘n klaer gebruik het: Stokkiesdraai bied op Paasnaweek ‘n braaifees in Orania aan. ‘n Rockgroep tree die Saterdagaand op. Party mense is die hel in daaroor en voel dat die ‘regeringsinstellings’ van Orania hierteen moet optree. My antwoord: Hoewel ek self in my persoon verskil met die organiseerders oor hoe vanpas so ‘n fees op Paasnaweek is(‘n diep geloofstyd waar ons oor Jesus se lyding dink en oor ons eie lewens moet besin), is dit nie die plek van regeringsinstellings om deur regulasies hierby in te meng nie. Kerke kan die organiseerders eerder probeer oortuig om van hul planne af te wyk. Gebed, gesprek en uitreiking is ‘n baie beter antwoord as regulasie en straf.
Nou kom ek eers by jou drie vrae:
1. In ‘n Christenstaat sou ek wou sien dat die vertrekpunt van die staat en sy instellings die Christelike waardestelsel is. Christelike dogma en praktyke moet dus die ruimte gegun word om deel van die openbare sfeer te wees (gebed by vergaderings, teenwoordigheid van ‘n Bybel in ‘n kantoor, ens). Wat ‘n Christenstaat nie moet wees nie is ‘n teokrasie waar ‘n sekere interpretasie van Christenskap op burgers afgedwing word.
2. Die staat het geen rol te speel in moraliteit, dogma of enige persoonlike sake van individue nie. Die staat se rol is om infrastruktuur, veiligheid en ‘n klimaat wat sy burgers toelaat om hulself te wees, daarstel. In ‘n Christelike staat moet Christene met gemak hul geloof kan uitleef en moet ‘n klimaat heers waar kerke en gemeenskapsinstellings kan floreer terwyl mense wat in hul private daarvan afwyk die reg daartoe moet hê.
3. My kommer oor hierdie vraag is die groot bykanse obsessie wat baie Afrikaners nog met die staatlikheid het. Die behoefte na ‘n groot, magtige staat en groot staatsfigure wat oor die mense kan regeer staan my glad nie aan nie. Ek ondersteun eerder die gedesentraliseerde staat waar ‘n ‘staatsman’ iemand is wat die nodige administrasie daarstel sodat infrastruktuur, veiligheid, internasionale betrekkinge, ens in stand gehou word. Die woord ‘regeerder’ is vir my nog meer afskuwelik omdat dit onmiddellik iemand wat oor ander regeer veronderstel. Orania en die selfstandige Afrikanergemeenskap van die toekoms moet hierteen waak. Christelike leiers in regerings moet vanuit hul roeping soos Christene optree. Dit begin by die voorbeeld wat gestel word. Hoe is jou lewe? Wat is die voorbeeld wat jy stel? – Dit is twee vrae wat Christenleiers hulself daagliks moet afvra.
Dit is egter nie die taak van Christenleiers om Christendiktators te word wat dink dat ware geloof afgedwing en gereguleer kan word nie. ‘n Christenleier moet ‘n omgewing skep waar gemeenskapsinstellings kan floreer en waar mense na die kerk aangetrek word eerder as om dit te vrees.
Jaco, moet n staatsman dus sy geloofsoortuigings opsy skuif en terwille van die staatsbestel homoseksuele huwelike, bordele, aborsieklinieke en dwelmhamdel wettig maak?
Miskien moet die gewone burgers ook besluit waaroor die staat mag besluit.
Sarel,
Ek vind jou opvolgkommentaar en vrae effens vreemd en sukkel om die verband tussen my kommentaar hierbo en jou reaksie te trek. Het jy my kommentaar behoorlik gelees, want ek sien geen korrelasie tussen dit en jou opvolgkommentaar nie?
In kort: Natuurlik nie! (‘n Staatsman moet definitief nie sy geloofsoortuigings opsyskuif nie.) Ek sou hoop dat ons nooit in Orania enige van hierdie goed wat jy lys hoef te hê nie en ek sal myself daarvoor beywer om te verhoed dat enige daarvan ooit ‘n voet hier in die deur kry.
‘n Christelike land werk presies soos wat ek genoem het met Christelike waardes as vertrekpunt. Kyk gerus ‘n bietjie verby die VSA en Europa na lande in Oos-Europa, Afrika en selfs Sentraal- en Suid-Amerika. Daar is interessante voorbeelde van lande waar Christenskap die vertrekpunt is en waar goed soos aborsies en dwelmhandel definitief nie wettig is nie.
Kyk egter ook na Christelike gemeenskappe in sekulêre lande. Weer eens wil ek jou vra om minder op die staatlike en meer op die gemeenskap te fokus. Jy maak regtig ‘n fout indien jy dink dat die verstaatliking van ons strewe ‘n soort geloofsekerheid gaan meebring.
Ek het verlede jaar ‘n deel van die Bijbelgordel in die suide van Nederland besoek en was verstom oor die besonderse geloofskonserwatisme wat in party van die gemeenskappe daar heers. Ek het onmiddellik tuis gevoel en kon sterk met die gemeenskap (ons het in Wijk en Aalburg oorgebly) assosieer. Die gemeenskappe in die Bijbelgordel staan in sterk kontras met die sekulêre stede van Nederland. Kinders word in Christenskole onderrig, daar is groot gesinne en kerkbywoning is geweldig hoog en styg eerder as om te daal! Christenskap leef in hierdie gemeenskappe sonder ‘n Christenstaat! Homoseksualiteit, drankgebruik, tatoëring, ens. word nie deur ‘n ‘staat’ in die Bijbelgordel verbied nie, maar kom slegs op uitsondering voor omdat dit goed is wat deur die oorgrote meerderheid van die gemeenskap verwerp word. Ja daar woon sekerlik gays en mense wat te veel dronk word in hierdie gemeenskappe, maar daar bestaan geen bedryging dat hulle op een of ander manier die gemeenskap kan oorneem of in die toekoms die gemeenskap se Christelike karakter skade kan aandoen nie.
Ons moet duidelike onderskeid tref tussen die staatlike en die private. Wat mense in hul persoonlike lewens doen behoort geskei te word van dit wat die staat reël, reguleer, ens.
Ek kry die gevoel jy sal graag die private wil reguleer. Die wêreldgeskiedenis en ook die Apartheidsera het bewys dat dit onmoontlik is om te doen. As mense wil saamslaap sal hulle dit doen. As twee vrouens êrens in die donker waar niemand hulle sien nie mekaar wil soen sal hulle dit doen. ‘n Regering kan nie en moet nie hierdie soort van dinge (wat moontlik in botsing met sy waardes is) probeer reguleer nie.
Wat ‘n regering (juis vanuit sy mense – dus die wil van die gewone burgers) kan besluit, is watter openbare aksies toelaatbaar is. In ‘n Christenstaat sou iets soos gayhuwelike mynsinsiens nooit wettig kan wees nie omdat die bevestiging van ‘n huwelike ‘n openbare aksie is waarvan die gemeenskap of hy wil of nie deel is.
Dit in kort my poging tot ‘n antwoord op jou opvolgkommentaar.
Jy sê dus:
1 – Die staat mag (moet) eendag homoseksuele huwelike, bordele ens onwettig verklaar.
2 – Alhoewel die staat nie eendag presies mag voorskryf wie en wat sy burgers in hul privaatheid doen nie, mag privaat instellings, tans en eendag, dit wel doen?
Nou my vraag:
Is Orania op hierdie stadium ‘n staat of privaat instelling?
Vraag 1: ‘n Christenstaat mag sekerlik sekere dinge soos homoseksuele huwelike verbied of eerder net nie wettig maak nie! Talle Christenstate regoor die wêreld doen presies dit. Mense wat nie daarvan hou nie kan sekerlik na ander plekke trek waar hulle dit wel kan doen. Talle Amerikaners het na Kanada verhuis toe Kanada lank voor die VSA gay-huwelike gewettig het.
Vraag 2: Ek verstaan nie lekker nie. Ja ek glo geen staat behoort in sy burgers se persoonlike sake in te meng nie. Mag privaatinstellings voorskryf (watter privaatinstellings aan wie onder watter omstandighede?) – ek is nie seker wat jy daarmee bedoel nie. Maar as ek jou reg verstaan dan is dit ook ‘n definitiewe NEE wanneer dit by die private kom. Wanneer dit egter by die openbare kom mag daar wel voorgeskryf word. Ek glo die Orania Dorpsraad het byvoorbeeld ‘n reg om mense wat op sy paaie ry te verplig om binne ‘n sekere spoedsgrens te ry en om by stoptekens te stop.
Wat jou laaste vraag aanbetref weet ons almal dat dit eintlik onmoontlik is om te antwoord. Orania is ‘n ingewikkelde samestelling van grond, mense en instellings met verskillende beginsels, reëls en selfs verwagtinge. Ons funksioneer aan die eenkant byna volledig binne die SA regering se staatlike, maar in ‘n ander sin ook toenemend binne ons eie privaatinstellings. Die teoretiese en die praktiese kan soms lyne kruis! Ek sou dink Orania beweeg toenemend in die rigting van groter selfstandigheid eerder as in die rigting van groter staatlikheid. Sommige mense, veral dié wat dink dat Apartheid ‘n wonderlike ding was, raak ongeduldig omdat Orania nie vinniger verstaatlik nie. Mynsinsiens is dit soveel beter dat ons eerder nou fokus op groeiende selfstandigheid deur eie grond, eie arbeid en eie instellings gebou op ‘n breë Afrikanerkulturele en Christelike grondslag.
“Daardeur het hy duidelike kritiek teen ander gelowe en selfs teen die Rooms Katolieke Kerk uitgespreek.”Ek kan dit so hartseer vind dat die Christendom teen homself verdeel word. Net hier – waar hy die Rooms Katolieke Kerk nader aan die “ander gelowe” wil kategoriseer, oorspeel die predikant sy hand en kan ek nie sy preek verdedig nie. Dalk was dit die skrywer van die artikel, maar dis ‘n uiters swak saak nou, ongelukkig, as die grootste deel van die Christendom verdag gemaak word as nader aan ‘n “ander geloof” as ander dele van die Christendom. Net my mening.
Ester,
Niemand sê Katolieke is nie Christene nie. Ek het self Katolieke vriende en ‘n Katolieke monnik uit Europa kuier tans in Orania! Die reg van ‘n Protestanse predikant om verskille met die Katolieke Kerk uit te spreek moet egter beskerm word. Geen regering moet hierby inmeng nie.
Jaco, as ek van die punt af is verkies ek om van die punt af te bly – staat en kerk is geskei in Duitsland en die inmeng hier, is ‘n radikale stap. Die volgende loopgraaf van daardie predikant se uitsprake is ‘n Ierland-situasie waar Katoliek en Protestant mekaar aanvat, m.a.w. Christene. Na my mening is sy inmenging in christelike geloofsake meer radikaal as die staat se inmenging in kerksake. Alhoewel ek saamstem dat staat en kerk baie omsigtig op mekaar se terreine moet beweeg, voel ek in hierdie geval stilletjies goed – vir die groter Christendom se part – dat die staat hier elemente van haatspraak aanspreek. Hier sluip ‘n euwel ongesiens in, wat die Christendom, in hierdie stadium van vervolging op aarde, nie kan bekostig nie. Dankie dat ek my mening ook vryelik kan lug hier. As ek die baba saam met die badwater uitgooi, verskoon asb. – ek reken die kans is net so goed dat dit andersom die geval is.
Ester, die Rooms Katolieke geloof is onbybels, en as sulks kan ‘n ware christen dit nie erken as ‘n ware Christelike geloof nie. Na ‘n bietjie navorsing sal dit vir jou duidelik word dat menige bousteen van die Rooms Katolieke geloof in direkte teenstryd is met wat die Bybel ons leer, en die Bybel is uiteraard die onfeilbare woord van God. Hoe kan jy ‘n christen wees as jy aan menslike leeringe vasklou wat direk teen dit gaan wat die Bybel verkondig?
Ek moet erken dat dit ‘n moeilike onderwerp is, maar die waarheid is baie keer nie wat ‘n mens wil hoor nie.
Vrede
Ester,
Hiervan moet ek ongelukkig ernstig verskil. Die volgende loopgraaf? Ek twyfel of jy die preek gelees het. Dan verwys jy na die predikant se ‘inmenging in geloofsake’. Genugtig! Is dit nie presies waarmee predikante hulself moet besig hou nie? En om dan te beweer dat sy opmerkings (iets wat predikante volgens die Bybel moet doen!) meer radikaal as die regering se optrede is, is nog meer verregaande.
Om te beweer dat ‘n predikant se Bybelsgefundeerde preek aan sy gemeente om hulle by die gereformeerde leer te hou, haatspraak is, is ook verregaande. Dit beteken dat dele van die Bybel haatspraak is?
Ja ek moet sê: Die baba is met die badwater uitgegooi.
Jammer, Jaco – as Katoliek is ek seker bietjie liggeraak dat die predikant teen die Katolieke geloof waarsku,in een asem, saam met ander nie-Christen-gelowe – juis noudat die Katolieke Christene o.a. bittere vervolging onder ISIS-Moslems verduur. Ek stem 100% saam dat die staat nie in Kerksake moet inmeng nie.
Vrede vir jou.
As Afrikaner-Christen is ‘n Bybelse, Christelike basis vir wesenlike instellings vir my ononderhandelbaar. Daarom is die aandrang deur sommiges om daarmee weg te doen, vir my onaanvaarbaar in die volgende berig:- http://www.netwerk24.com/nuus/2015-03-11-akademia-vrae-oor-die-rol-wat-godsdiens-speel?vc=c3eba7aa4d26a0c7bb7bc775e294a144
Ek is heeltemal akkoord met jou, Hanno. As ons dit wat ons doen teen of sonder God doen, kan ons maar vergeet daarvan.
The earliest vestiges of human faith in God, as we know it today, are to be traced back to the valley of the river Nile and between the rivers Euphrates and Tigris. We’re surely to find the root of our belief in a supreme creator inscribed, in hieroglyphs and cuneiform, on the pyramids and papyri of ancient Egypt and on the clay tablets of Sumer … And not within the confines of the Hebrew Bible, as many still believe. And if we still cherish the Greek school of wisdom and science and continue to build on the teachings of Socrates, Plato, Aristotle and Pythagoras, I wonder why we stopped honoring the ancient gods of Egypt and Sumer and Babylon. What has become of the mighty gods of the ancient Near East? What happened to the omnipotent Amen of Thebes … Amen, whose name is still echoing in every Afrikaner house of prayers?