Dit het weer tyd geword om Erfenisdag in Suid-Afrika te vier. Dit bied die ideale geleentheid om die suksesse in ons verlede te ondersoek sodat ons daarop kan voortbou na groter hoogtes.
Met die oog hierop het ek ‘n gevoel onwerklikheid ervaar toe ek twee meningstukke op Netwerk 24 lees. Die eerste van Willemien Brümmer, agterkleinkind van CJ Langenhoven en die tweede van Ewan-Nize Gerber wat ‘n matriekleerling in Wellington is.
Hierdie meningstukke het mettertyd die gevoel van onwerklikheid vervang met gevoelens van hartseer en teleurstelling.
Hartseer omdat daar soveel mooi raakgeskryf word; in ‘n taal wat se hoër funksies op sterwe na dood is.
En teleurstelling omdat dit my laat wonder of daar enigsins ‘n verksil is tussen die afbrand van ‘n ouditorium by ‘n universiteit en die afbrand van ‘n ryke kulturele tradisie?
In die tyd van kitskos, Wikipedia en flieks-op-aanvraag kan daar klaarblyklik nou net op een van twee maniere met die verlede omgegaan word: verheerlik of verag. Meestal in die vorm van verheerlik die erfenis van ander en verag jou eie.
Wat is dit wat Willemien en Ewan-Nize aanvuur om juis Erfenisdag te gebruik om hul eie erfenis te skend? Word hulle soos die studente wat betoog meegevoer deur die ideologie van die verhewe self wat tans onversteurd oor die landskap waai?
Die Jakobyne en die Bolsjewiste het aan ons die illusie geskenk dat ‘n idee wat vir ons goed klik vewerklik kan word deur bloot die erfenis wat in die pad daarvan staan te vernietig. Hierdie idee laat soos die beiteltjie van NP van Wyk Louw geen rots of selfs die aarde in sy pad staan nie. En tog laat hierdie verleiding van vernietig-om-te-vorder meer bloed in sy spore as enige van die ancien regimes wat dit veronderstel was om te verbeter.
Daar is ‘n meer volwasse manier om met die verlede om te gaan. Dit is om die goeie daaruit te neem en daarop voort te bou. Soos Isaac Newton wat gesê het dat as hy enigsins verder kon sien, dit was omdat hy op die skouers van reuse gestaan het.
Die “Suid-Afrikaner” se sukses sal daarvan afhang of hy erkenning kan gee en kan voortbou op die suksesse van die Khoi, San, Xhosa, Zoeloe, Pedi, Sotho, Venda, Tswana, Swazi, Ndebele, Engelse en ja, ook die Afrikaners.
Persoonlik het ek nie tyd of energie om by te dra tot ‘n Suid-Afrika waar my Afrikanerskap nie welkom is nie. Ek is ook nie die enigste een nie.
Nee, Ebert, jy is nie die enigste een nie. Ek is ook klaar om te bou aan die sg reenboognasie, dis nou tyd om te bou aan die Afrikaner se toekoms.
Wat my wel hartseer maak is die Afrikaners wat hulleself verag en nog dink die reenboognasie is ‘n vatbare konsep. Ek kan net spekuleer dat die oneindige propaganda in die koerante, op televisie, op sosiale media en in die skole het sy merk gelaat.
Ek kan net hoop die mense se oe sal oopgaan, maar ek is bevrees dat ‘n groot gedeelte van die ‘Afrikaners’ is klaar verlore in die mengelmoes van multikulturalisme.
Dis amper soos ‘n terminale siekte…
Vir die reenboognasie om te leef sal alles wat ruik en lyk na n vorm van volksnasionalisme eers moet sterf, n voorwaarde wat die argitekte van die reenboogmaaksel nooit mooi aan al hul volgelinge verduidelik het nie en nou die bittere ontnugtering. Hoe verder en vinniger ons onsself weg kan kry van die nuutskepping, hoe groter ons kanse op oorlewing en voorspoed. Skree dit van dakke af dat die wereld dit kan hoor.
Dit is my bydrae tot erfenisdag
As dit ten opsigte van die vernietiging van ons eie erfenis enigsins tot troos is: ons is gelukkig nie almal so nie!
Dankie Appie, dit is inderdaad tot troos.
Orania is ‘n lewendige voorbeeld van hoe ons die aspekte van die Afrikaner-erfenis wat vir ons problematies geword het (soos die afhanklikheid van en die negatiewe sosiale gevolge wat voorspruit uit die gebruik goedkoop swart arbeid) op ‘n opbouende wyse kan aanspreek sonder om ons hele erfenis onder die bus te gooi.
Goeie dag mede-Afrikaners
Ek sal graag my stuiwer in die armbeurs wil gooi maar eers ‘n bietjie agtergrond oor ons:
Ons is die afgelope 9 jaar in Nieu-Seeland. Ons oudste seuntjie was 2 jaar toe ons weggevlug het. Die jongste kabouter is hier gebore en is nou 6.
Beide is tweetalig. Die ouste lees Afrikaans en die jongste begin. Die lees het baie natuurlik gekom omrede ons in die aande hulle met Afrikaanse Bybelstories in die bed sit. Beide het die begeerte ontwikkel om ook in Afrikaans te lees.
Die oudste het die volgende patriotiese stellings al gemaak:
1. As ek uit die huis gaan, gaan ek terug SA toe.
2. Ek gaan met ‘n Afr. vrou trou — waar gaan jy haar kry, vra ek dan? In SA, reageer hy altyd.
3. SA is my vaderland en daarom wil ek teruggaan.
4. Ek het nou genoeg Engels geleer en wil nou my Afr. verbeter en in ‘n Afr. skool kom.
Bogenoemde laat natuurlik sy pa se hart van pure trotsheid klop.
Die vraag is nou egter waarom hy so dink op ouderdom 11 en dit binne ‘n omgewing waar meeste van sy maatjies Engels is, die maatjies van Afr. ouers verengels het en waar die meeste Afrikaners hier, toelaat dat hulle kinders verengels en dit verder aanhelp en propageer ook.
Ek dink dat ons maar net normale ouers is soos al die ander maar die groot verskil, dink ek, is bloot die volgende paar eenvoudige sienings:
1. Ons praat Afr. in die huis. Die kinders word reggehelp as hulle Engelse woorde gebruik. Ons handhaaf Afr. in direkte raad dat dit kinders deurmekaar maak. (Dis natuurlik onwaar en ons het ons bewapen met die feite)
2. Ek het ‘n sterk siening dat mens nie vergeet waar jy vandaan kom nie. Hulle word bietjie geleer van die Afrikaanse geskiedenis.
3. Ons kinders word geleer dat hulle anders is en hulle word geleer dat hulle trots moet wees op hulle tweetaligheid — iets wat min mense hier kan se.
Bogenoemde is alles in die lig van die meerderheid Afrikaners hier wat verengels, baie wat Engels in die Afrikaanse kerke hier inbring ens.
Die punt wat ek wil maak is dus dat opvoeding en die kweek van ‘n trotsheid vir jou eie kultuur, ontsettend belangrik is, en eerstens binne in die huis begin.
My filosofiese siening van die probleem wat ons huidiglik sien is dat dit in die verlede so goed gegaan het met ons kultuur en geskiedenis dat ons nie nodig gehad het om dit binne in die huis te leer nie. Die staat en die skole het dit vir ons gedoen met die gevolg dat die voorbeeld van die ouers nie daar was nie. Kinders val meestal terug op die voorbeeld wat in die huis was en op dinge wat hulle ouers gese het.
In die week, maak ek die deur vroegoggend oop, en se: “More voeltjies” toe ek hulle hoor sing. My vrou reageer: “Gelukkig is ons voeltjies darem Afrikaans”. Dit het my dag gemaak!
Wees dus bemoedig dat selfs die voeltjies in Nieu-Seeland Afrikaans praat…
Ek sluit af: Die kuns is dus om sterk te staan en mekaar te bly bemoedig en daarom doen Orania ‘n uitstekende werk.
Groete
Dankie vir ‘n baie bemoedigende brief Heldgard.