Jordan Peterson, professor in kliniese sielkunde van die Universiteit van Toronto verduidelik waarom jongmense moet organiseer en opstaan teen die nihilistiese postmodernisme:
Ek wil graag eerstens ‘n boek aanbeveel wat almal moet lees: Dit word “Explaining Postmodernism” genoem en is geskryf deur Stephen Hicks. Jy moet postmodernisme verstaan sodat jy weet waarteen jy te stane gekom het. Jy loop meer daarteen vas as wat jy mag besef en dit is ‘n baie beter ontwikkelde, deurdringende, skadelike, nihilistiese en intellektueel-aantreklike ideologie as wat jan alleman besef. Dit domineer absoluut die geesteswetenskappe en toenemend die sosiale wetenskappe in die universiteite.
Iemand het eenkeer gesê, ek kan nie onthou wie nie maar dit kon Friedrich Nietzsche gewees het. Hy het gesê dat almal die “onbewuste voorstaander van ‘n dooie filosoof is,” en gelukkig is die meeste postmoderne filosowe dood, maar dit beteken nie dat hulle woorde nie voortdurend deur mense wat in hul nasleep volg, herhaal word nie.
Dit is nie asof enige gegewe persoon absoluut besete is deur die gees van postmodernisme nie, omdat hulle dikwils nie genoeg opgevoed is om al die besonderhede van dit wat hulle in sy greep het te leer ken nie, maar as jy 20 bymekaar kry en hulle word elk 5% beïnvloed deur die postmodernistiese etos, het jy basies die gees van die skare en word die groep ‘n mondstuk van daardie spesifieke filosofiese leerstelling.
En as jy die postmoderne leerstelling verstaan, dan verstaan jy waarom dinge in die rigting beweeg waarin dit beweeg.
Daarom gaan ek julle ‘n klein bietjie vertel oor hierdie leerstelling, want dit is nie opsioneel om dit te verstaan nie. Dit is krities om dit te verstaan. Jy kan nie die krag van idees en ook van woorde onderskat nie, want idees word in woorde uitgedruk.
Sien dat die postmoderniste geheel en al die struktuur van die Westerse beskawing verwerp. En ek bedoel heeltemal, laat ek ‘n voorbeeld gee, in een naam: Jacques Derrida. Hy is die hoof bedrieër van die postmoderne beweging en hy het die Westerse kultuur (wat hy die Patriargie noem) as fallogosentries beskryf. Fallo kom van fallus en daardeur dring hy daarop aan dat die Westerse kultuur die gevolg is van ‘n manlik-gedomineerde, onderdrukkende en selfdienende samelewing.
Jy mag dalk sê dat samelewings neig om selfdienend te wees, en dat persone in mag neig om in hul eie beste belange op te tree, maar ‘n neiging is nie absoluut nie. Dit is een van die dinge wat hierdie mense deurlopend in gedagte moet hou. Daar is geen tekort aan foute in die wyse waarop ons ons sameleweing gestruktureer het wanneer ons dit met enige hipotetiese utopie vergelyk nie; dan is ons samelewing ‘n absolute wrak. Maar wanneer ons samelewing met die res van die wêreld vergelyk word, en met die lot van ander samelewings deur die geskiedenis, dan doen dit nogal baie goed, en behoort ons gelukkig te wees om in die Westerse samelewing te leef.
So die eerste ding wat jy sal wil weet oor die postmodernisme is dat dit nie oor ‘n greintjie dankbaarheid beskik nie. En daar is iets patologies verkeerd met persone wat geen dankbaarheid het nie, veral wanneer hulle in die beste van alle moontlike wêrelde leef. So as jy nie dankbaar is nie, dan word jy deur wrewel aangedryf en wrewel is die slegste emosie wat jy moontlik kan ervaar, behalwe vir arrogansie. Arrogansie, wrewel en bedrog. Daar is nou ‘n bose driehoek vir jou.
En as jy bittter is oor alles wat rondom jou gebeur, ten spyte van die feit dat jy in rykdom gebaai word, dan is daar iets heeltemal verkeerd met jou.
Die swart gemeenskap in die Verenigde State is die 18de rykste gemeenskap – die 18de rykste nasie op die planeet.
Dit beteken nie dat daar nie iets soos relatiewe armoedie is nie en relatiewe armoede maak saak. Dit is ‘n belangrike politieke-ekonomiese kwessie en dit is baie moeilik om te hanteer. Maar absolute rykdom maak ook saak.
Westerse samelewings was absoluut merkwaardig in hul vermoë om rykdom te genereer en te versprei. Soos u kan sien deur bloot net rond te kyk, neem ‘n kort oorweging vir die absolute wonderwerk wat selfs ‘n gebou soos hierdie verteenwoordig.
So moet jy jouself leer oor postmodernisme.
So hier is wat die postmoderniste glo: Hulle glo nie in die individu nie. Dis die logos. Onthou, hulle glo die Westerse kultuur is Fallogosentries. Logo is logos. Dit is deels die Christelike woord, maar dit is ook die stamwoord vir logika.
So die postmoderniste glo nie in logika nie.
Hulle glo dat logika deel is van die proses waarmee die partriagale instellings van die Weste voortgaan om te domineer en om hul dominansie te regverdig. Hulle glo nie in dialoog (gesprekvoering) nie. Die stamwoord van dialoog is logos. Weereens, hulle glo nie dat mense in goedhartigheid bymekaar kan kom en konsensus kan bereik deur die uitruil van idees nie. Hulle glo dat dialoog deel is van die filosofiese onderbou en gebruike van die dominante kultuur.
So die rede waarom hulle nie toelaat dat mense van wie hul verskil toesprake op kampusse mag hou nie, is omdat hulle nie dink dat mense moet praat nie.
Jy sien, dit is alles deel van hul etos.
Goed, so wat anders glo hulle of glo hulle nie?
Hulle glo dat aangesien jy nie ‘n individuele identiteit het nie, jou fundamentele identiteit deur jou groep gevorm word, wat basies beteken dat jy slegs ‘n toonbeeld van jou ras is.
Vandaar kom wit voorreg. Alternatiewelik kan jy ‘n toonbeeld van jou geslag wees, of ‘n toonbeeld van jou seksualiteit, of jou etnisiteit, of jy is ‘n toonbeeld van hoe-ookal jy geklassifiseer kan word sodat jy in ‘n possisie van onderdrukte geplaas kan word teenoor die onderdrukker. Want dit is die spel, en dit is ‘n post-Marxistiese oëverblindery. Voorheen was die Marxistiese uitgangspunt dat die wêreld ‘n stryd tussen die bourgeoisie en die proletariaat was, maar dit het misluk om enige filosofiese of etiese geloofwaardigheid te behou, veral nadat die werkersklas se lewensstandaard met rasseskrede toegeneem het as gevolg van Westerse vryhandel-demokrasie, maar ook omdat almal die verskriklike onderdrukking en armoede kon sien wat in elke bloedige land posgevat het wat dit durf waag het om gelykheid en die Marxistiese Kommunistiese dogma deel van hul fundamentele strukture te maak – niks behalwe moorddadigheid en onderdrukking, en so teen die einde van die 1970’s was dit duidelik dat die kat uit die sak was.
En so het die postmodernistiese Marxiste basies deur oëverblindery gesê: “Goed, as dit nie die armes teen die rykes is nie, dan is dit die onderdrukte teen die onderdrukker.” Ons sal eenvoudig ‘n herverdeling van al die sub-bevolkings op so ‘n wyse doen wat ons sal toelaat om ons bloedige filosofie te laat voortgaan in sy voorwaartse beweging, en dit is waar ons tans is.
So vir die postmoderniste is die wêreld ‘n Hobbesiaanse stryd van identiteitsgroepe. Hulle kommunikeer nie met mekaar nie, want hulle kan nie. Al wat daar is, is ‘n stryd vir mag, en as jy in die roofdiergroep is, wat beteken dat jy ‘n onderdrukker is, dan beter jy op jou hoede wees, want jy is nie juis welkom nie. Nie juis welkom nie en ook nie jou idees nie. So dit is waarteen julle te staan gekom het.
My raad sou wees dat dit tyd is vir konserwatiewes om op te hou om verskoning te vra dat hul konserwatief is.
Jy vra nie vir hierdie mense om verskoning nie. Dit is ‘n groot fout. Hulle sien ‘n verskoning as ‘n bekentenis van skuld. Jy vra nie om verskoning nie en jy tree nie terug nie.
Julle jongmense daarbuite wat studente by universiteite is, julle moet die studente-unies oorneem, julle moet hul terugneem, want hulle het absolute slangputte geword, en was dit sedert die 1990s.
Met betrekking tot die universiteite, het ek op ‘n stadium gedink dat die beste ding sou wees om hul befondsing met 25% te sny sodat hulle ondermekaar kan baklei vir wat oor is, want dit sal universiteite dwing om te besluit wat presies belangrik is en wat nie is nie.
Ek sou sê dat die geesteswetenskappe, en groot dele van die sosiale wetenskappe, verander is in ‘n postmodernistiese, neo-Marxistiese speelgrond vir radikale. Hul skolastiese prestasie is verskriklik. 80% van geesteswetenskaplike navorsingstukke word nie een keer aangehaal nie. Nie eens een keer nie!
En wat dit beteken is dat hulle navorsingstukke vir mekaar skryf, en dit aan biblioteke verkoop en dit is hoe hierdie uitgewers geld verdien. Niemand lees hul nie, maar die uitgewers kan hul druk en die biblioteke moet hulle koop, en hulle koop dit met julle belastinggeld. En so sit julle almal hier en julle befonds ‘n radikale postmodernistiese neo-Marxisitese agenda wat sy wortels in die universiteite het, en julle belastinggeld vloei daarheen.
As julle bewyse daarvoor soek, gaan aanlyn en kyk na die webwerwe, veral vir dissiplines soos ‘vrouestudies’ wat patologies tot die kern is. Maar dit is nie slegs vrouestudies nie, dit is al die etniese studiegroepe, dit is antropologie, dit is sosiologie, maatskaplike werk, en boweal onderwys. En OISE, as voorbeeld, in Ontario is moontlik, naas die Ontario Menseregtekommissie, die mees gevaarlike instelling in Kanada.
Dit moet sy befondsing verloor, so eenvoudig soos dit. Hulle doen nie die navorsing wat hul voorgee om te doen nie. Hulle stel glad nie in opvoeding belang nie. Hulle stel in indoktrinasie van mense so jonk as wat hulle hul hande op kan lê belang, by wyse van spreke.
Ons samelewing moet vasstel hoe om op te hou om belastinggeld aan radikale verlinkse aktiviste te stuur. Indien ons dit vir radikale verregse aktiviste gedoen het, dan sou daar ‘n absolute storm losgebars het, maar die linkses het inkrementeel sedert die 1960s al meer geld gekry en dit moet stop.
So dit is waarteen konserwatiewes en ook klassieke liberales (ware liberales in die Engelse sin) te staan gekom het. Wat ook gebeur het as gevolg van hierdie postmoderne, neo-Marxistiese intellektuele inval, is dat die sentrum besig is om na regs te skuif, so as jy ‘n klassieke liberale is, dan het jy nou ‘n konserwatiewe geword.
En so vir almal van julle wat daarin belangstel om die konserwatiewe agenda te bevorder: daar is baie klassieke liberales met wie julle kan praat.
En dan laastens om met jong mense te praat. Julle het nou uiteindelik iets wat julle aan hulle kan verkoop. Dit is nie maklik om konserwatisme aan jong mense te verkoop nie, want hulle wil graag dinge verander. Dit is nie wat konserwatiewes wil doen nie, hulle wil dinge bewaar. Wel nou het julle iets wat juille aan hulle kan verkoop – jullle kan aan hulle spraakvryheid verkoop, en julle kan aan hulle verantwoordelikheid verkoop.
Die linkerkant verkoop regte, jullle kan verantwoordelikheid verkoop.
Neem maar my woord, want ek kry baie briewe van hierdie soort…. jong mense smag na iemand wat aan hulle ‘n sin vir verantwoordelikheid kan gee, om aan hulle te sê kyk hier, hier is iets wat die moeite werd is om voor te leef.
Jy kan sin vir die lewe in lewe met vryheid vind. Vryheid het ‘n soort van chaotiese betekenis, reg, en vryheid is nie die tipe ding wat mense gelukkig maak nie. Dit is die soort ding wat mense onrustig stem. Want vryheid brei jou reeks keuses uit, wat jou senuweeagtig en onseker maak… nie dat dit ‘n slegte ding is nie. Dit is ‘n goeie ding wat van jou verwag dat jy die verantwoordelikheid van vryheid moet dra, en verantwoordelikheid per se gee vir jou lewe sin, ware sin in die aangesig van swaarkry.
En jongmense is regtig besig om daarna te smag. Ek onderrig jongmense al vir 30 jaar, en die ding wat ek hulle meestal leer is verantwoordelikheid.
Julle is die erfgename en opvolgers van ‘n groot tradisie. Dit is nie perfek nie, dis voor-die-hand-liggend. Maar vergelykenderwys is daar niks soortgelyk wat al ooit geskep is nie, en dit verteenwoordig ‘n piepklein minderheid van al die menslike polisse, die meeste waarvan deur moorddadige, antisosiale, psigopatiese boewe beheer word, en watse soort alternatief is dit werklik?
Ons het hierdie baken van vryheid en rykdom in die Weste, wat werk, al werk dit nie perfek nie. En een van die verantwoordelikhede van jongmense is om uit te vind wat aan die kern daarvan staan: die belangrikheid van die individu en die heiligheid van spraak. Dit is iets wat verkoop kan word en dit is die fondament van ons ganse kultuur.
* Hierdie artikel is ‘n vertaling van ‘n transkripsie van ‘n video wat op youtube verskyn het en op die webwerf www.realclearpolitics.com geplaas is.
** Die mate waartoe postmodernisme ook die politieke diskoers in Suid-Afrika beïnvloed kan gesien word deur die skorsing van Helen Zille omdat sy ‘n mening gelig het wat strydig is met die postmodernisme. Die postmodernisme se invloed op voormalige Afrikaanse universiteite is ook sigbaar in hul diskriminasie teen Afrikaans en in die skrywes van hul meningvormers soos Christi van der Westhuizen (sosiologie) wat graag in haar rubrieke op Netwerk24 afwysend na die Patriargie verwys.
Dankie Ebert,dis ‘n waardige siening met positiewe praktiese wenke!
Wel, die moderne tydperk het twee massiewe Wêreldoorloë gesien, asook die uitwissing van sestig miljoen Christene in die USSR en die uitwissing van ‘n hele stad deur die val van een bom. Hier in Suider-Afrika ‘n oorlog wat oor dekades gestrek het. Moet ‘n mens nie dalk soek na ander alternatiewe in ‘n era waar jy met die druk van een knoppie honderde antwoorde op een vraag kan kry nie? Die Volkstaat het ook slegs ‘n mite gebly en daar word nou gepraat van ‘n Volkstad.
Uitstekend, dankie.
Hier volg nog redes waarom Bybelgelowige Christene die postmodernisme moet beveg, deur prof Johan Malan van die webwerf Bible Guidance – 1. Die Postmoderne Dekonstruksie van Bybelse Waarhede – http://www.bibleguidance.co.za/Afrartikels/Waarhede.htm
2. Postmoderne Dekonstruksie op ’n Wêreldwye Skaal – http://www.bibleguidance.co.za/Afrartikels/Dekonstruksie.htm
3. Die Gevare van Postmodernisme – http://www.bibleguidance.co.za/Afrartikels/Postmodernisme.htm
Soos met alles word daar te veel in ons dag GEPRAAT en TE MIN GEDOEN!
Dit laat my aan die 2 monumente vir oorlewing dink:
–
1. Die Gewyde Skrifte spreek in Sprueke telkemale van – EIEWYSHEID! Ook ‘n ding wat amper ongesiens van mens besit neem – maar die ironie is dat “daar vir ‘n dwaas meer hoop is as vir iemand wat in (vervloekte) eiewysheid sy/haar lewe inrig” sonder om die ewige riglyne na te vors en dit in jou lewe in te bou om Die Skepper van hierdie riglyne vir ewig welbehaaglik te wees; en
2. Vlug onder haar (BABILON = VERWARRING) uit My volk, SODAT JY NIE DIE PLAE WAT OOR HAAR GAAN KOM, ONTVANG NIE! Na ‘n studie wat ek oor die afgelope 52 jaar gedoen het, is dit nou vir my duidelike dat Die Ewig-Lewende, die Twee-Vouidge Magtige van onvervalsde Waarheid en ontoeganklike Lig, Hom noodgedwonge vir die afgelope +/- 400 jaar van Sy ‘gemeente’ moes onttrek vanwe-e hulle roekelose navolging van Satani-El (= El, die afkorting van ‘Elohim’ = Twee-Vouidge Magtige van onvervalsde Waarheid en ontoeganklike Lig; en ‘satan’ = ‘teenstander’, saamgevoeg = Elohim se teenstander) se verleiding wat hy d.m.v. geslepenheid, magiese kragte en geweld d.m.v. veral die roomse opset ingevoer het om BABILON uiteindelik in ons tyd tot stand te bring.
Wanneer Die Elohim se waarskuwings in die verband nagevors word en daar op die vloeke (vervloekinge) wat sal volg indien daar nie na Hom met ons hele hart siel en verstand teruggekeer word nie, dan is dit verstommend hoe dit in ons dag, ons hier anderkant die riviere van Kus, in die dae van die eindtyd ingehaal het en besig is om ons te verdelg. Ook dat ons regverdig oorgegee is aan ‘n moedswillige nasie om die stert en nie die kop te wees nie!
Wat meer kan mens se^: WAT IS, IS BAIE DIEP EN VER, EN SLEGS DIE OORMOEDIGES SAL INSTAAT WEES OM DIT TE BEPAAL.
STERKTE EN INNIGE GROETE, REVOH
Hi Ebert en Revo, Baie dankie vir julle skrywes. Wow. Ek stem volhartig saam. My ma het my geleer dat ‘n mens geen regte het nie. Daar is slegs vooregte. Dis ‘n vooreg om iets te he of om iets the kry. Sy het ook gese – Die wereld skuld jou niks nie. Jy skuld die wereld liedfe. Jy moet God die Vader lief he met jou hele hart en met jou hele siel en jou naaste soos jouself. Die wereld, mense, smag na liefde en aanvaarding. Groete. Ivor.
Dankie Ivor, indien jy daarin belangstel om hierdie onderwerp saam met my dieper te ondersoek, is jy welkom om my by revopienaar@gmail.com te kontak.
Innige groete, REVO !
Jammer vir die gruwelike spelfout in my laaste paragraaf: Dit is nie ‘OORMOEDIG’ nie, maar ‘OOTMOEDIG’. Die ‘r’ en ‘t’ sit te na aan mekaar vir my ou ‘duk’ vingers.
Revo.
Ek het `n probleem met die lees van geskrifte,dus het ek nog nie hierdie gelees nie maar sal wel.