Irak en Sirië verkeer beide tans in chaos. In Sirië heers ‘n burgeroorlog reeds vir vyf jaar en in Irak het die veiligheidsituasie nog het agteruit gegaan sedert die Amerikaners daar gaan oorlog maak het en uiteindelik stert tussen die bene die lands moes verlaat.
Irak en Sirië het beide as territoriale state na die val van die Ottomaanse Ryk tydens die Eerste Wêreldoorlog, tot stand gekom. Irak is onder Britse en Sirië onder Franse beheer geplaas en die lande se grense is so getrek dat dit hul Europese heersers sou pas. Sedert Irak in 1931 en Sirië in 1945 onafhanklik geword het, verkeer die lande egter konstant in konflik en oorlog. Die rede hiervoor is eenvoudig dat beide lande nie nasiestate is nie, maar eerder terrotoriale skeppings van Europese heersers. Verskeie volkere is dus in beide lande saamgevoeg en vrede was nog net moontlik wanneer ‘n diktator soos Saddam Hoessein of Bashar Al Assad aan bewind was.
Na eeue van onderdrukking sien verskeie volkere in lande soos Sirië en Irak ‘n geleentheid om weens die huidige konflik hul onafhanklikheidstrewe op te skerp. Die beste voorbeeld van so ‘n volk is die Koerde. Die Koerde is ‘n volk van tussen 30 en 40 miljoen mense, maar sonder ‘n eie land. Hulle woon hoofsaaklik in die noorde van Sirië, noorde van Irak, suid-ooste van Turkye en die westelike deel van Iran. In al hierdie lande maak die Koerde tussen 5 en 25% van die bevolkings uit. Daar bestaan ook ‘n wesenlike diaspora van Koerde regoor die wêreld met byvoorbeeld 800 000 Koerde wat in Duitsland woon. In die meeste Westerse lande het die Koerde ‘n positiewe beeld in vergelyking met ander volkere uit die Midde-Ooste.
Vir talle Westerse lande, veral Amerika, was die Koerde tot nou ‘n belangrike bondgenoot. Tog het die meeste Westerse lande weens hul verhouding met Turkye en weens ‘n skeptisisme jeens die vorming van nuwe nasiestate nog nooit positief teenoor ‘n onafhanklike Koerdistan gestaan nie. In die toekoms mag dit nog as ‘n verspeelde kans vir Westerse lande beskou word.
Die verswakkende verhouding tussen Turkye en Rusland en Rusland se toenemende betrokkenheid in die Midde-Ooste bring mee dat die vraag gevra moet word oor wat sal gebeur as Rusland en die Koerde bondgenote raak. Rusland sal graag sy invloed in die streek wil verhoog. Sou Irak verder in chaos verval kan ‘n onafhanklike staat, Koerdistan in die noorde van Irak tot stand kom. In ruil vir vriendskap in die streek kan die Koerde in Sirië met Rusland ooreenkom en kan die uitbreiding van Koerdistan om ook die noorde van Sirië in te sluit ‘n moontlikheid word. Daarna sal die druk op Turkye, veral vanaf aardsvyand Rusland, toeneem om Koerdiese grondgebied aan Koerdistan af te staan. Verskeie kaarte is besig om in plek te val vir die vorming van Koerdistan. Die ondersteuning van die vorming van hierdie nuwe nasiestaat en die afbreek van sinnelose terrotoriale state soos Irak en Sirië behoort verwelkom te word.
“Nasiestate” – bedoel jy nie “volkstate” nie? Daar is immers ‘n wesenlike verskil tussen nasies en volke, hoewel Engels blykbaar “nations” vir albei gebruik, soos “family” vir beide familie en gesin.
Rusland sal volgens die Bybel binnekort deur Christus geoordeel word. Lees gerus 4. Die Russiese Inval in Israel – http://www.bibleguidance.co.za/Afrboeke/Profetiese%20lig%20oor%20eindtyd%20PDF/ProfetieseLig.pdf
Hoop vir die Koerde hul strewe na ‘n eie volk staat word verwesenlik. Die gisting proses daarvoor is reeds baie lank aan die gang.
Na de val van het Ottomaanse rijk werd bij het Verdrag van Sêvres in 1920 al bepaald dat de koerden een autonoom gebied zouden krijgen. Helaas won Atatürk de oorlog en werd Koerdistan bij volgende verdragen verdeeld. Syrie, Irak en Iran kregen ook een stuk van het woongebied der koerden.
Probleem nu is Erdogan, die uit is op macht over de oude Ottomaanse sunnitische koloniën, te weten het Arabisch schiereiland. Letterlijk dwarsligger is Iran en de Syrische staat van Assad, die willen een alawitisch/shiítische band trekken.
Het is nu een wereldbedreigende gordiaanse knoop geworden. De vraag is wie deze op de juiste wijze weet door te hakken.