Vandag 50 jaar gelede, om 14:14, het dramatiese gebeure in die Volksraad (die destydse parlement) plaasgevind, toe net aan die begin van die sitting, toe parlementslede nog die saal binnekom, ʼn parlementsbode, Dimitrio Tsafendas, die eerste minister dr. Hendrik Verwoerd met ʼn dolk vier keer gesteek het. Dr. Verwoerd was feitlik oombliklik dood.
Toe die nuusberig die land tref kon mense dit nie glo nie. Dit is geen oordrywing om te sê dat die hele land in skok was, nie net die Afrikaners of die aanhangers van Verwoerd nie. So iets het nog nooit in Suid-Afrika gebeur nie, en dr. Verwoerd se posisie was op daardie stadium so sterk dat meeste gereken het hy sal nog lank die land regeer en sy groot projek van territoriale skeiding en langtermyn beveiliging van die Afrikaners en ander blankes in Afrika voltooi. Almal wat in daardie tyd gelewe het, kan die oomblik onthou toe die noodberig oor die radio gekom het of mense die verskriklike nuus vir mekaar oorgedra het. Talle het gehuil en die land het stilgestaan. Suid-Afrika sou nooit meer dieselfde wees nie. Die Afrikanervolk was in sy hart getref. Niemand kon die volk se strewe beter verwoord en verteenwoordig as dr. Verwoerd, en die mense het hom blindelings vertrou. Behalwe vir enkele radikales en kommuniste was daar ook onder meeste swartmense ontsteltenis. Verwoerd was nie hulle held nie, maar hy was gerespekteer as leier van die land en ʼn regverdige bedeling vir swartmense (uit sy oogpunt, en ook gemeet aan die omstandighede van die tyd) was een van sy hoofdoelwitte. Net ʼn paar dae voor die moord het Verwoerd juis samesprekings met die leier van Lesotho, Leabua Jonathan gevoer en daar is verwag dat ʼn rigtinggewende aankondiging oor die beleid teenoor Afrika binnekort sou volg.
Die groot vraag hoekom Tsafendas, wat eintlik ʼn niemand was, die moord gepleeg het, wie agter hom gesit het (indien wel) en hoe hy met sy twyfelagtige rekord en boonop nog as buitelander as bode aangestel kon word, is tot vandag toe onopgelos. Daar is allerhande teorieë en verduidelikkings, maar dit sal egter ʼn raaisel bly en soos die tyd aanstap, sal die spore net verder verwaai. Wat vir ons as Afrikaners egter belangrik is, is dat ons Verwoerd se nalatenskap en hom as leier, en as mens, moet onthou. Hy was nie volmaak nie en sy beleid kan om verskeie redes gekritiseer word, maar ten minste het Verwoerd ʼn plan gehad hoe om ʼn uiters komplekse samelewing soos Suid-Afrika te orden en om langtermyn vrede en stabiliteit vir al sy inwoners te skep. Dit is nie toevallig dat mense wat in sy tyd geleef het dit as goue era onthou waar Suid-Afrika in elke opsig sterk en voorspoedig was en die Afrikaners in beheer was.
Daar is ʼn spesifieke band tussen Orania en Verwoerd. Dr. Verwoerd het Orania nooit gesien nie, maar die geweldige Oranjerivier – waterskema wat dr. Verwoerd van stapel gestuur het, het die konstruksiedorp Orania veroorsaak, en, nog belangriker, het dit moontlik gemaak dat die droë Karoo tot ʼn vestigingsgebied vir Afrikaners kan ontwikkel, iets wat min mense in sy leeftyd raakgesien het. Daar is aanduidings dat Verwoerd so iets beoog het met die Oranjerivierskema. Sy vrou Betsie het in Orania die laaste jare van haar lewe deurgebring en sy dogter Anna en skoonseun Carel Boshoff word met reg as die stigters van Orania, die eerste volkstaatgroeipunt, beskou. Die leierseienskappe en versiendheid van Verwoerd het beslis vir Carel en Anna Boshoff beїnvloed en geinspireer. Daarom is dit ook net reg dat dr. Verwoerd in Orania deur die Verwoerdmuseum en verskeie borsbeelde geëer word. Nie omdat hy, soos tot vervelens toe deur mense wat min van hom weet herhaal word, die “vader van apartheid” sou gewees het nie, maar omdat hy aan die langtermyn voortbestaan en groei van die Afrikanervolk in Afrika en in vrede met ander volke geglo het en daarvoor planne gemaak het, net soos die mense wat Orania en die volkstaat vandag bou.
n Goeie artikel.
Ek self het groot respek vir Dr. Verwoerd as mens en as akademikus.
Ja, sy groot projek van territoriale skeiding was dalk realisties, dalk nie. Soos jy tereg opmerk, die leiers wat na hom gekom het was nie van sy kaliber nie. Ons sal dus nooit weet nie.
Ek stem saam met jou dat Dr. Verwoerd se doelwit ‘n regverdige bedeling vir swartmense was.
Vraag: Het Dr. Verwoerd y nie dalk die bal lelik aangeslaan deur die nie-blankes, nie-swartes (d.w.s. Kleurlinge, Indiërs, Chinese en so meer) uit te sluit van ‘n regverdige bedeling nie? Ek verwys hier na uitsluiting van sportdeelname op die hoogste vlak (bv. 1960 Olimpiese spele). Uitsluiting van bepaalde beroepe (bv. regters, ambassadeurs). Uitsluiting van bepaalde gebiede (bv. Nico Malan teater).
Ek sal jou kommentaar en sieninge waardeer.
Groete
Pieter, ek stem saam dat die planne van dr. Verwoerd vir “Groot apartheid”, maw territoriale opdeling volgens etniese groep nie voorsiening gemaak het vir die tussenin-groepe soos Kleurlinge en Indiërs nie, omdat hulle eerstens geen sterk ontwikkelde etniese bewussyn en tweedens geen plekke van uitsluitlike bewoning en konsentrasie gehad het nie. Indiërs en Sjinese is as groep beskou wat eintlik nie in Suid-Afrika hoort nie en liefs na hulle stamlande moet terugkeer, maar nie eers die NP het die Kleurlinge se inheemsheid bevraagteken nie, maar het ook nie geweet wat om met hulle te maak nie. SABRA het af en toe ook aandag gegee aan die Kleurlingkwessie en die moontlikheid van ‘n tuisland vir hulle, maar omdat hulle ‘n klein groep was, was die fokus op die verskillende swart volke. Om billik te wees was Verwoerd die eerste een wat werklik dringend aandag aan die akkommodasie van swartmense gegee het. Onder sy voorgangers is hulle grootliks geïgnoreer en is baie meer aandag aan die Afrikaans/Engelse vraagstuk gegee, wat in Verwoerd se tyd grootliks opgelos was. Verwoerd kon wel vooruit dink en het met verloop van tyd ook meer buigbaar geword, maar ek twyfel of hy sou wegbeweeg het van die “blanke volk van Suid-Afrika” idee na ‘n “Suid-Afrika vir almal behalwe swartmense”, wat PW Botha gedoen het en wat net almal kwaad gemaak het. Ek het nie ‘n antwoord nie, maar wat ek vermoed is die volgende wat Verwoerd sou kon gedoen het: As die tuislande vir die swart volke ‘n sukses was en die swartmense soontoe getrek het en die vraagstuk besig was om homself op te los, dan kon hy as volgende projek die Kleurlinge en Indiërs ook territoriaal probeer akkommodeer het, wat wel ook grootskaalse verskuiwing en grondaankope sou behels het. Dit was die NP se vergesig maar in die 1960’s was daar dringender vraagstukke.
Kan maar net se ons het weer so ‘n leier nodig wat die Afrikanervolk kan saam laat bind en doen en beweeg….
Sal so leier opstaan? Dis in die Here se hande…maar mens kan hoop en bid.
Ons moet onthou dat dr. Verwoerd, voor hy die groot volksleier was as eerste minister, eers omtrent 25 jaar in die politieke woestyn was as redakteur van die Transvaler, organiseerder van die volkskongres oor Afrikaner-armoede, deel van die opposisie ensovoorts. Leierskap is nie altyd net in die vorm van die groot staatsman nie, ook in die vorm van die ou wat woel en werskaf onder die radar.
Jy’s heeltemal reg Sebastiaan…daar is heelwat Afrikaners wat so woel en werskaf onder die radar (beide daar in Orania en elders) soos jy se en eendag sal die vrugte van daardie woel en werskaf , dink ek, die fondasie le vir die vergestalte van ‘n leier wat op daardie fondasie sal staan en die volk sal kan saamsnoer om saam te beweeg en dinge te doen. Daardie fondasie moet natuurlik deur God gebou word (anders bou mens verniet soos ons weet).
Wie weet, miskien kom die leier nog uit Orania?
Daar is dinge wat my tref.
Wittes van 27% van die bevolking in 1911 na minder as 5% in 2040 en swartes van 67% in 1911 na meer as 85% in 2040.
Kyk net na die bevolkingsaanwas van Swartes van 1992 tot 2011 – 43% en Blankes 6.8%.
JZ ons “geliefde” prez het meer as 36 kinders volgens Sunday Times. En ‘n swart ou het op “Maak ‘n Las” TV Program gese hy is die trotse pa van 26 kinders.
Swartes her voor 1994 gese hulle maak die “soldaate”. Hulle sal ons by die “nommer” wen… Hulle het en het hulle nie. Shjoe…
Ek herinder myself ook aan hulle ander slagspreuk. “Liberation before Education”
Well, in 2016 stel swartes steeds nie belang in “Education” nie. Brand skole en universieteite af.
Selfs die swartregeering druk hulle eie mense af met uiters swak skoolopleiding en “vervalste” matriek-uitslae deur die punte op te druk.
Kry vir jou SA. Daar is koues in die yskas.
Werloosheid in SA sal net vermeerder.
SA is die eenigste land ter wereld waar BEE ingestel is om die meerderheid 80% teen die minderheid 5% te beskerm.
Wat ‘n grap.
Ál minder wittes in Suid-Afrika deur Lizel Steenkamp
Suid-Afrika se wit mense word al hoe minder. Nie net het talle wit mense die land die afgelope dekade vir groener weivelde verlaat nie, dié wat oor is, het minder kinders as hul voorouers.
Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRR) raam die wit bevolking sal binne die volgende 15 jaar met 8% of 355 000 mense afneem. Die SAIRR skat die land sal teen 2025 sowat 4 087 350 wit mense hê; 1 219 112 Indiërs; 5 109 549 bruin mense en 45 839 896 swart mense.
Hoewel die SAIRR nie syfers het vir die getal wit mense wat geëmigreer het nie, is daar ’n aansienlike gaping in die ouderdomsgroep van 20 tot 40 jaar op die grafiek oor die samestelling van die wit bevolking. Die enigste verklaring is dat dié mense die land verlaat het.
Verstedeliking, geletterdheid en ambisie verklaar ook hoekom wit vroue al hoe minder kinders het.
Volgens mnr. Thuthukani Ndebele, navorser verbonde aan die SAIRR, beklee al hoe meer wit vroue topposte by die werk en geniet hulle persentasiegewys groter verteenwoordiging op dié vlak as vroue van ander rasse.
“’n Loopbaan is vir hulle (wit vroue) belangriker as om ’n gesin te hê. Hulle is beter geletterd en het groter vryheid om te kies wanneer hulle kinders wil hê en hoeveel.”
Voorts woon die meeste wit mense in stedelike gebiede – Kaapstad, Johannesburg, die Oos-Rand en Pretoria – waar dit moeilik is om ’n groot gesin te hê.
“Wit mense en Indiërs het ’n ¬hoër lewenstandaard en dit word gewoonlik vereenselwig met laer geboortesyfers,” het Ndebele gesê.
Die omvattende statistieke oor die stand van die land wat demografie, ekonomie, werkskepping, arbeid, onderwys, gesondheid, lewenspeil, misdaad en regering betref, is in die SAIRR se South Africa Survey vir die 2010-’11-boekjaar vervat.
Dié opname word jaarliks uitgereik en het opnuut bevestig dat wit mense die minste deur werkloosheid geraak word en beter betaal word as mense van ander rasse.
Bykans 1 uit elke 3 swart mense (29%) is werkloos, terwyl minder as 1 uit elke 10 wit mense (6%) in dieselfde bootjie is. Daar is 4,3 miljoen werklose mense in die land van wie 3,7 miljoen of 86% swart is; 440 000 bruin, 64 000 Indiërs en 124 000 wit. Voorts is 72% van die werkloses tussen die ouderdom van 15 en 34 jaar.
Volgens die SAIRR beloop Suid-Afrikaners se gemiddelde jaarlikse inkomste R36 253 per persoon. As dit egter volgens ras bereken word, verdien wit mense jaarliks gemiddeld R149 000 per persoon en is swart mense die laags besoldigde groep met ’n jaarlikse inkomste van R21 075 per persoon.
Die meeste bestuursposte word steeds deur wit mans beklee (34%), gevolg deur swart mans (22%), wit vroue (14%), swart vroue (11,4%), bruin mans (6,3%) en bruin vroue (3,9%).
Só gaan die samestelling van Suid-Afrika se bevolking verander:
• Die aantal wit mense sal van 2010 tot 2025 met 8% of sowat 355 000 afneem.
• Al die ander bevolkingsgroepe se getalle sal in dieselfde tydperk styg: swart mense met 14%; bruin mense met 13% en Indiërs met 0,8%.
• Wit mense het van 1911 tot 2011 met 260% toegeneem (van 1,27 miljoen in 1911 tot 4,56 miljoen teen 2011). Dit is die laagste groeisyfer van alle rasse in ’n eeu. Swart mense het in dieselfde tydperk met 900% toegeneem tot 40,2 miljoen; bruin mense met 770% tot 4,5 miljoen en Indiërs met 740% tot 1,2 miljoen.
• Die bevolkingsgroei het van 1992 tot 2011 egter verlangsaam: wit mense het in dié tyd met 6,8% toegeneem; swart mense met 43%; bruin mense met 37% en Indiërs met 30%.
• In 1911 het wit mense 21% van die bevolking uitgemaak; vandag is dit 9% en teen 2040 sal dit 7,3% wees.
• In 1911 het swart mense 67% van die bevolking uitgemaak, vandag is dit 79,5% en teen 2040 sal dit 81% wees.
• In 1911 het bruin mense 9% van die bevolking uitgemaak, vandag is dit steeds 9% en teen 2040 sal dit 9,3% wees.
• In 1911 het Indiërs 3% van die bevolking uitgemaak, vandag is dit 2,5% en teen 2040 sal dit 2,3% wees.
Groete.
Ivor.
Uitstekend Ivor !!
Sedert ons die land regeer het, was die swart bevolking se aanwas die hoogste in die wêreld, selfs hoër as óf die res van die sub-Sahara gebied óf Indië.
Die benadering van afsonderlike ontwikkeling was die mees humanitêrse oplossing vir almal betrokke.
Interessant dat naturellengrondwet van 1913 die bevolkingsgetalle van destyd weerspieël het, en ‘n regverdige verdeling van werkbare landbougrond was.
Hoop julle week verloop goed
Geagte leser,
Dis g’n raaisel nie, dit was ‘n staatsgreep dmv ‘n voorafbeplande sluipmoord (3rde poging).
Tsafendas het min met die saak te doen gehad; was dit nie hy nie, sou ‘n ander gevind gewees het.
Wie het hom (met sy misdaadrekord) aangestel, wie het hom toegerus, hoe het hy ‘n wapen in die Volksraad ingesmokkel, wie was vir veiligheid verantwoordelik, ens.??
Dalk meer belangrik, wie was die verantwoordelike minister, en wie het Dr. Verwoerd opgevolg?
Vir wie het die “nuwe” Nasionale Party gewerk? (Alhoewel die Hoekverslag nie die hele storie was nie, skyn dit dalk ‘n straaltjie lig op die onderwerp.)
Die ander groot oorname van ons regering (en ons vryheid) was natuurlik die privatisering van die reserwebank in 1973.
Mooi loop mense
Geagte leser,
Daar was natuurlik baie ordentlike, hardwerkende mense by die regering na Dr. Verwoerd betrokke. Ek wil glad nie onenigheid en twis veroorsaak nie, of beledigend wees nie.
Lekker werk
Vir my was hy die laaste ware Afrikanerleier en die laaste leier wat ‘n voorspoedige SA daargestel het. Vorster en die NP na hom het geleidelik Apartheid begin aftakel. Van 1960-66 het die ekonomie omtrent 6 tot 7% groeikoers getoon. Die ander statistieke t.o.v. swart opheffing ens. kan ek gaan ophaal en dit was alles positief. Met Verwoerd se dood het die liberale Nattes, kommuniste en later die ANC definitief gebaat, want hy was in hul weg van liberale regering en of Afro-Marxisme. Die grootste fout wat die NP na hom gemaak het was om die Driekamer parlement daar te stel en PW se NP o.a. Kaapse Liberaliste het gesorg dat dit gebeur. Na dit het MK en APLA begin agiteer in “townships” en die geweld wat daarna gevolg het mid-tagtiger jare was definitief as gevolg van toegewings deur die NP. Magte in die westerse wêreld m.a.w. geldmag, was ook nie tevrede daarmee dat SA so sterk ekonomie en ‘n sterk Rand gehad het onder Verwoerd nie. Die vorm van demokrasie wat na ’94 in SA ontstaan het, is beslis nie die regte oplossing nie, dit kan almal, selfs swartes vandag sien. Die ANC se integrasie veroorsaak net meer spanning tussen rasse en verdrukking deur wetgewing is omgekeerde Apartheid teenoor Afrikaners en minderhede.
Dr. Verwoerd se moord was voorwaar ‘n ramp vir Suid-Afrika en AL sy mense gewees. Die feit dat dr. Verwoerd jare vooruit kon sien en beplan, maak van sy aparte ontwikkelings plan, perfekte tydsberekening. Ons kan nie die hede se maatstawwe met die verlede vergelyk nie, maar sou SA net nog tien jaar met sy visie kon vorder, het ons vandag perfekte integrasie in SA gehad. Integrasie en deelname is uiteindelik onafwendbaar, maar dit sou oor tyd glad en sonder geweld en verwydte, outomaties plaasgevind het. Dit sou ook die versekering gegee het dat ons vandag ‘n land met mense gehad het, waar almal na hulle self kon omsien. Daar sou nie ‘n woord soos “Apartheid” gewees het nie. Ons ingesteldheid tov ons mede landsburger sou vandag heeltemal anders teenoor mekaar gewees het.
Nou hoekom is daar soveel ( mag nie sê sleg Wit Afrikaners ) op straat omdat hulle nie wil het om iets te word –jy is die kaptein van jou eie boot en slegs jy bepaal jou toekoms –en ek praat as n weeskind van George en trots daarop maar deur harde werk kry jy sukses
Soveel “askies my” oor apartheid oftewel afsonderlikheid selfs uit sogenaamde eie geledere maar my naar. Kan ek maar se “dammit” ? As jy God as opperheerser beskou en die natuur as sy skepping ; hoe del hel kan jy afsonderheid kritiseer? Watter mossie nes saam met ‘n vink ? Watter kraai nes saam met n vlermuis? Ag nee mense hou op askies my Afrikaners wees. Dr Verwoerd was die grootste MAN wie ooit hierdie land regeer het of wie ooit hierdie land sal “regeer”. Sy beleid as reg toegepas sou vir hierdie land onmeetbare voorspoed en vrede bring maar die duistere magte het ongelukkig daardie mooi beleid in die kiem vermoor.
Die hensoppers, joiners, hanskakies, Ja –stemmers en “democratic nuwe “Cool JEKKAranda” Afrikaners kan maar teen God en die natuur “nes”. Alles van die beste vir hulle.
Ek bid maar dat nasate van Jopie Fourie, Piet Retief, die Oosthuizens, Maritse, De la Reys en ander lewer uit suiwer bloed, iemand wie ons klein groepie AFSONDERLIKES met mag en krag kan lei tot ons eie land sonder basters of “ek is cooler as jy” afferes. Waar is ons suiwerheid heen ? God help ons . . .