Die afgelope naweek is Taaldag herdenk. Op 14 Augustus dink ons terug aan die Genootskap van Regte Afrikaners wat op daardie dag in 1875 byeengekom het om die onderdrukking van die Afrikaanse taal te beveg. `n Afrikaanse Bybel, Afrikaanse kunstefeeste en Afrikaans as algemene gebruiksstaal kan direk toegeskryf word aan die stryd wat deur ons voorgeslagte gevoer is. Die GRA was ook verantwoordelik vir die eerste Afrikaanse koerant wat as Die Patriot bekendgestaan het. Vandag word die nuus in koerante, op televisie en natuurlik op radio in Afrikaans aan die publiek gebring.
Die feit dat Afrikaans op soveel platforms beskikbaar is kan direk toegeskryf word aan die werk wat vroeër gedoen is en die fondasie wat daar gelê is. Ons moet onthou dat daar `n fel stryd teen Afrikaans was na die Anglo Boereoorlog. Afrikanerkinders wat nie die Engelse uitsprake kon baasraak nie moes in klaskamers op stoele staan met die word ‘donkie’ om hulle nekke. Selfs lank voor dit, in die 1800’s was Nederlands die taal wat bo Afrikaans verkies is. Die gewildheid en internasionale bekendheid van Afrikaans was dus ‘n opdraende pad.
Vandag is die woorde ‘Afrikaans must fall’ oral op kampusse te sien. Dit is nie `n veldtog om moedertaalonderrig uit te brei en ander Afrikatale te laat insluit by tersiêre onderrig nie maar `n terughunkering na `n eentalig Engelse onderrigmedium. Baie soortgelyk aan die stryd wat teen Afrikaans gevoer is kort na 1902. Ook in die staatsdepartemente kom Afrikaans toenemend onder druk.
Daar is talle persone en instansies wat hulle kant bring om Afrikaans se regmatige plek te beskerm. Organisasies soos AfriForum het al verskeie hofaksies daarvoor aangepak. Die taalaktivis, Kerneels Lourens, doen ook sy deel om Afrikaans se regmatige plek in die howe en op ander plekke te beskerm. In Orania word daar `n stad gebou waar Afrikaans beskerm en bevorder sal word. Hierdie inisiatiewe speel almal `n groot rol in die uitbou van Afrikaans.
Die vraag is egter nie wat ander doen of reeds gedoen het vir Afrikaans nie. Elke spreker van die taal, elke individu, het `n rol wat hulle moet speel. Die rol kan so eenvoudig wees soos die ondersteuning van Afrikaanse skrywers of die inskakel op `n Afrikaanse radiostasie. Hollywood neem die voortou as dit by die vervaardiging van rolprente kom maar ondersteun gerus ook die Afrikaanse produksies – mits dit van `n bepaalde gehalte is. Moedig jou kinders aan om Afrikaanse werke te lees – nuwe werke asook die digkuns van Eugene Marais, Totius en DJ Opperman.
Oor `n honderd jaar gaan ons nageslagte terugkyk en vra wat ons nagelaat het vir hulle. Watter fondasie het ons gelê waar op die taal verder uitgebou kon word? Ons mag hulle nie teleurstel nie.
Hi Ouens,
Ek het verlede week op ‘n boodskap in Maroela Media reageer en gesien dit is nie geplaas nie. Maak nie saak nie. Dit was van die NP van Wyk Louw Sentrum. Die onderwerp was Universiteitswese Trasnsformasie en de-kolonisasie: Wat kan ons vewag?
My kommentaar oor die onderwerp was oor die “Bevolkingsaanwas en Opleiding in SA”.
Ek het lank terug ‘n berig in Rapport gesien oor die bevoklingsaanwas in SA. Die syfers ontgaan my, maar in 1911 was die Blankebevolking ongeveer 25%. 100 Jaar later in 2011 was die Blankebevolking minder as 5%.
ANC het gese hulle maak die soldaate. Hulle het ook gese hulle sal ons by die nommer wen… En hulle het!
“Liberation before education….!!!” was die ander slagspreuk van die ANC.
Wat meer verstommend is, is om die bevoklingsaanwas te sien van 1994 tot 2016. Wow!! Nou gee ANC grantsvir elke baba wat hulle uit pop. Weet nie wat die slagspreuk nou is nie. Seker net “Dom Nasiebou” of “Dom Stemveebou” wat ookal.
Ek herdinder myself ook aan ‘n Sunday “Liar” Times berig ‘n klomp jare terug wat gese het JZ het meer as 36 kinders by al sy vrouens en by-wywe. ‘n Swart ou het op die TV program “Maak ‘n Las” gese hy is die trose pa van 26 kinders en almal het gelag, behalwe ekke. Skande!
JZ se swartes is te “slim” en TV-baas Hlaudie se “mense lees te veel”.
Ja, hou die volk dom!!! Dis die swart mentaliteit.
Die blankes in SA het ophou kinders kry na WO2. Ek dink aan my oupas en oumas. Hulle het in die blankearmoede in die 1920’s tot 1950’s geleef. Die Afrikaaner het gebou. Skoole, Universiteite, damme, paaie, kragstasies… Noem dit. Ons het gebou! Slim en opgeleide mense kry minder kinders. Kyk na Europa en hulle arbeid krisis. Dis hoekom hulle goedkoop ingevoerde arbeiders soek. En nou… Dis alles volksvreemd en die arbeiders het skielik regte.
In 1994 was daar omtrent 473,000 studente op unieversieteitein SA en in 2013 was daar 983,689 studente wat tot 1,200,000 kan verhoog. In 1994 was daar tegnikons, onderwyskolleges, verpleegkolleges, tegniese opleiding sentrums, hulle praat van in 1994 was daar 21 Openbare Universiteite, 120 Kolleges, 24 verpleegkolleges, 11 landboukolleges en 15 Polytechnics. Die universiteite en kolleges het saamgesmelt of sommige is selfs gesluit. Van 191 hoeronderwysinstellings wat die staat bedryf het is daar tans slegs 26 universiteite met drie nuwe universiteite van tegnologie wat sederdien bygevoeg is. Lekker man lekker…!!!
Dink net waar SA kon wees as daar nie betaaling (grants) was vir bevolkingsaanwas. “Dom stemvee”
Kyk hoe lyk die universiteite nou… “Fees Must Fall” en Free Education”
In 1994 is die ANC aangese om kragstasies te bou en damme te bou en skole en universiteite ens,ens,ens,…
Kyk hoe lyk ons nou… Niks gebou en ons brand dit wat ons het. ‘n Advertensie op TV lui as jy ‘n huis bou, bou jy vir jou self maar as jy ‘n skool boue dan bou jy vir die gemeenskap. Ek voeg by… As jy ‘n skool bou, dan bou jy vir die gemeenskap om af te brand en braaivleis te hou.
Sterkte SA. Sterkte DA. Sterkte EFF. Sterktr ANC.
Bou. Dis die antwoord. Bou. Hou op kinders kry wat jy nie kan bekostig nie.
Groete Ivor.
Siener Van Rensburg het gesien ons kry ‘n nuwe (hernieude) taal. Wat beteken dit nie alles nie? Niemand het al gewaag om hierop kommentaar te lewer nie. Miskien weet ons nie waaroor dit gaan nie?
Miskien gaan dit oor iets heeltemal anders as wat ons tans dink. Miskien is daar ‘n kommunikasie-gaping tussen ons en ons Skepper. Ons is nou al so lank vasgevang in ‘n oorlewingstryd dat ons nie meer nugter oor alles kan dink nie. Miskien is ons so vasgevang dat ons nie die tyd het om rustig oor hierdie dinge te kan besin nie!
En tog, dan kan ons met ‘n groot omhaal van allerhande ho-e woorde en argumente mekaar intrek in die bou van ‘n stad. Wat het dan geword van: Soek eers die heerskappy van die Ewig-Lewende Opperwese . . . . en alles sal vir julle bygevoeg word?
Maar, voorwaar, ons taal gaan gesuiwer word van alle heidense bagasie. Bagasie wat ons nie eers van bewus is dat dit ons kragte tap en ons verhouding na Bo belemmer nie. Maar, voorwaar, Hy wag geduldig totdat ons ontnugter na Hom terugkeer. Dan sal ons verstaan dat ons maar net vreemdelinge anderkant die riviere van Kus is wat dringend deur Hom besoek moet word.
Dan sal ons ook miskien verstaan dat, soos Siener verder gese^ het: Ek sien julle kry ‘n nuwe (hernieude) geloof! Vry van die negatiewe vertalings-invloed van die huidige verwarrende denkrigtings van die leiers wat verleiers geword het. Onthou, het Siener nie al in sy tyd gese^: Daar is baie dinge in die kerke verkeerd, ook sy eie kerk!
Hoelank voordat ons met erns na Bo gaan begin roep: ‘Wees ons asb. barmhartig en toon ons wat als verkeerd is sodat ons heelhartig en eendragtig na U kan terugkeer.’ Ons mag miskien verras staan om die aanklagte teen ons te verneem.
En wanneer Hy na ons geroep begin luister, dan sal ons tot ons skaamte ontdek hoe ver ons weggeval het. Daarom, hoe gouer, hoe beter, asb., sodat U belofte vervul kan word: Van anderkant die riviere van Kus (wat hierdie kontinent deurkruis) vandaan sal My verstrooide gemeente vir My ‘n offer (van gehoorsaamheid) bring.
revamus (ons kom!)
Ek stem heeltemaal in met die artikel.Maar nie alleen steun en skoolopvoeding in die eie taal sal help nie.Ook moet ieder mens waar jy ook gaan,jou eie taal praat.In die supermarkt,mall,poskantoor,restaurante,..en als hulle in engels terug praat moet julle se”ek versta nie,se aub in afrikaans”En dit ook aan julle kinders leer so te maak.Dit is die baie klein begin maar groot basis vir die behou van en,die bewus maak aan ander mense van die waarde van ander mense.Ek maak so hier in antwerpen en heel vlaanderen,om die invloed van frans en engels teetegaan.En ek is dan o so vol van regmatige trots wanneer hulle op die einde wel moet in my taal praat.Verdwyn die taal,dan verdwyn die hele kultuur en menselyke waardigheid.Afrikaners,hou vol!