deur dr Wynand Boshoff
Oorsig: Vorme van selfbeskikking
Prof. Deon Geldenhuys maak onderskeid tussen:
• Funksionele outonomie: ‘n gemeenskap wat planne maak om aan sy behoeftes te voldoen en selfbemagtigende besluite neem. Opleiding, maatskaplike hulp, beskerming ensovoorts word voorsien, sonder om enigeen se toestemming te vra.
• Regeerkundige outonomie is wanneer ooreenkomste met die regering aangegaan word, ter gedeeltelike vervulling van sekere regeringsfunksies. Dit is funksionele outonomie wat formeel erken word. Miskien is skole wat doeltreffend deur Sloolbeheerliggame bedryf word, die algemeenste voorbeeld.
• Territoriale outonomie is wanneer ‘n bepaalde gebied, ongeag die grootte, outonome funksies opneem. Hier is Orania die beste voorbeeld waar ‘n klein nedersetting die visie het om van dorp na stad te groei en stelselmatig in daardie rigting beweeg. Outonomie word gevestig deur funksies op te neem; nie slegs munisipale funksies nie, maar ook aspekte van regspraak, beveiliging en monetêre beleid.
• Kulturele outonomie word wêreldwyd redelik algemeen deur nasionale minderhede opgeëis. Dit bied aan ‘n minderheid deur middel van ‘n ooreengekome struktuur die reg om minstens oor taal, kultuur en onderwys beheer te neem, ongeag waar die minderheid oor die land verspreid is. Dit is die soort selfbeskikking waarvoor uitdruklik in artikel 235 voorsiening gemaak word, maar verrassend genoeg, benut Afrikaners dit tot op datum nog nie.
Selfbeskikking is dus nie “alles of niks” nie. Trouens, selfbeskikking groei van die meer elementêre vorme daarvan, na die meer omvattende.
Regeerkundige outonomie kan nie verwerf word sonder funksionele outonomie om te erken nie. Territoriale outonomie kan nie erken word as dit nie reeds die werklikheid is nie. Kulturele outonomie kan nie erken word sonder die instellings wat kulturele funksies beoefen nie.
Somtyds wil gemeenskappe dit wat hulle selfstandig doen, onopvallend hou. Daarom bied hulle dit as die teenoorgestelde van selfbeskikking (of outonomie) aan, naamlik suiwer private keuses. Die keuse van skool, byvoorbeeld, is ten diepste ’n politieke keuse. Tog word die taal van die markplein gebruik om dit te verduidelik.
Die strategie hou dalk onwelkome aandag weg, maar dit verlaag ook die plafon bo wat bereik kan word. Deurslaggewende keuses oor inhoud en eksaminering kan deel van die outonome reg op onderwys wees, maar slegs as iemand daarop aandring.
Terwyl mens op die hoogste moontlike vlak van selfbeskikking mik, moet die elementêre vlakke nie buite rekening gelaat word nie. Wie die oefenveld minag, verloor die wedstryd.
Die menings van skrywers weerspieël nie noodwendig die mening van die Orania Beweging nie.
I think this is a concept whose time has now come. The whole world is moving this way into smaller autonomous regions, and I for one gladly welcome it. Interestingly, we are now moving into a “Post Post-modern”, “Post-sectarian” or “Post-atheist” era, with peoples wanting their own culture, tradition, values, language and religion. Commentators spotted this trend in about 2004 and is gaining momentum and accelerating fast. I think Covid can be seen as an accelerator of this trend. This is the point where Orania is at the moment so it is right up there with current trends. Wynand, I look forward to more of your articles on this. With kindest regards. Nigel
Baie dankie vir u artikel. Ek waardeer dit.
Ek het sommer my eie studie gedoen ivm ‘n Afrikaner Volkstaat. Kan ek dit vir u aanstuur. Stuur asb u e-pos adres. Groete. Danie.