Dit is verblydend dat dr Scholtz, anders as talle Naspers-joernaliste, kalm en ordentlik bly as dit kom by die onderwerp volkstaat. Te veel joernaliste braak gal en val terug in retoriek van die warm politieke tydperk van die laat 80er jare, waar NP en KP mekaar sleg gesê het. Ons lewe in ‘n ander tyd en kan sonder daardie bagasie redeneer en dus waardeer ek dr Scholtz se “gentleman”-manier van redeneer, al verskil ek deels met sy redenasie.

Daar is natuurlik groot verskille tussen Sudan en Suid-Afrika, maar wel ook parallelle wat gerus genoem kan word en wat ‘n Afrikaner-volkstaat nie so vergesogd maak soos die Naspers-koerante dit graag voorstel nie.

Betfalme Kenya provides a seamless online betting experience for users looking to engage with their favorite sports and games. To access the betting platform, users can easily log in by visiting the official website. The Betfalme Kenya login process is straightforward and user-friendly, ensuring that even newcomers can navigate it with ease. By clicking on the link below, you can access the login page directly and begin your betting adventure: https://betfalmeapp.co.ke/. Once logged in, players have access to a wide range of betting options, including live sports betting, casino games, and special promotions that enhance the overall gaming experience. With secure payment methods and a responsive customer support team, Betfalme Kenya aims to provide a safe and enjoyable platform for all its users. Whether you’re a seasoned bettor or just starting out, there’s something for everyone at Betfalme Kenya.

Sowel Sudan asook Suid-Afrika is kunsmatige koloniale skeppings van Britse imperialisme en die grense is getrek op grond van strategiese belange, nie op grond van etnisiteit, geskiedenis of geografie nie. Altwee lande was deel van die Britse droom van die “Kaap tot Kairo” koloniale ryk, en etniese en historiese grense is daarby buite rekening gelaat.
In albei gevalle heers ‘n meerderheid oor ‘n etnies totaal verskillende minderheid, of minderhede. Dat die meerderheid in die geval van Sudan Arabiere is en die minderheid swartmense, terwyl in Suid-Afrika die meerderheid swartmense is en die minderhede wit- en bruinmense speel eintlik geen rol nie. ‘n Minderheid is ‘n minderheid en dus aan die ontvangkant en polities magteloos, ongeag sy kleur of ekonomiese welvarendheid.

The Playabet App is revolutionizing the online betting landscape in Kenya, offering users a seamless and engaging platform for sports betting and casino games. With its user-friendly interface, players can easily navigate through various betting options, whether they’re interested in football, basketball, or live casino games. The app is available for both Android and iOS devices, making it accessible to a wide audience. For those looking to explore additional entertainment avenues, check out the exciting events and festivities at the https://laketurkanaculturalfestival.com/. Playabet also ensures secure transactions and a variety of payment methods, allowing users to deposit and withdraw funds with ease. With regular promotions and bonuses, this platform keeps its users engaged and rewarded. Overall, Playabet is shaping the future of betting in Kenya, combining convenience, entertainment, and security.

Natuurlik is die onderdrukking wat die Suid-Sudanese ervaar het erger en meer wreedagtig as wat die Afrikaner en ander minderhede in Suid-Afrika tans ervaar, maar ons moet ook maar nie te gerus wees nie, met die stadige volksmoord op veral ons boere in gedagte. In die geval van Sudan is die regering van Omar al-Basjir direk by die volksmoord betrokke, in die geval van Suid-Afrika doen hulle niks om dit te keer nie.

Dr Scholtz is reg dat Suid-Sudan reeds ‘n etnies omlynde gebied is wat relatief maklik in ‘n staat omskep kan word, terwyl vir die Afrikaner-volkstaat nog geen gebied bestaan met ‘n meerderheidsbesetting nie. Maar ons moet ook onthou dat Suid-Sudan se afskeidingspogings ook al ‘n lang pad kom en 10, selfs 5 jaar gelede min mense geld sou wed dat Sudan ooit gaan skeur.

Orania gaan van krag tot krag en dinge mag oor 10 of 20 jaar heel anders lyk. Niemand kan voorspel wat dan sal wees, maar die tyd werk sonder twyfel vir die idee van ‘n volkstaat: meer mense vestig in Orania en omgewing, meer Afrikaners buite Orania ondersteun die gedagte en raak betrokke, mense wat dit vroeër afgelag het, kyk nou met ander oeë en belangstelling daarna, die idee van”een Suid-Afrika vir almal” word dagliks as ‘n drogbeeld bewys.

Vir minderhede binne die volkstaat sal vanselfsprekend minderheidsregte geld. Ek twyfel of die volkstaat, wat ekonomies suksesvol gaan wees, groot getalle swartmense sal trek. Groot stede trek die armes, en die volkstaat sal weens sy landelike aard en sy relatiewe klein en wyd verspreide bevolking geen groot stede hê nie. Immigrasiewetgewing gaan streng wees en geen staatsgeld sal vir leegleërs beskikbaar wees nie, en wet en orde sal streng gehandhaaf word. Armes sal eerder na Johannesburg, Kaapstad en ander groot stede bly stroom waar die staat gratis behuising en toelaes vir buite-egtelike kinders gee, as om na die Afriaknerstaat toe te kom waar jy jou brood in die sweet van jou aangesig moet verdien.

0
    0
    Jou Mandjie
    Jou mandjie is leegKeer terug na Winkel